Jump to content

Net nog een keer gesels

Blossom

Recommended Posts

Hallo Forum,

Ek wou nie eintlik skryf nie, wou eintlik so rukkie afvat om te recover, maar iets het gister gebeur wat ek net moet deel.

Vir die eerste keer Hallett Cove se shopping centre ontdek, dankie Jay. Eers het ek gedink dis links van die snelweg maar toe is dit regs, met die gevolg dat ek klaar verdwaal is, sommer so met inry slag is ek deurmekaar. Loop toe daar binne rond soos 'n verlore skaap en voel so eensaam soos nes ek kan. Ek doen toe my inkope by Foodland en omdat ek so depressed is koop ek sommer 'n pakkie Tim tams ook.

By die kas register val ek in die ry en wag maar geduldig, voor my is 'n klein ou tannetjie besig om vreeslik baie goed uit te pak en te betaal. Die outjie agter die till is baie vriendelik en die meisie wat in pak help die tannie te mooi. Toe die tannie klaar betaal het vat sy net een pakkie , lyk soos 'n koek en sy loop toe. Haai wil ek nog se, your trolley mam! Die laaitie keer my toe en se nee dis 'n home delivery. Hulle gaan die goed vir aflaai by haar huis.

Wat my opval is dat sy die trollie vol klaar betaalde kruideniersware net daar los by die till en loop. Sy vertrou die meisie volkome om na haar goed te kyk en dit te laat aflewer!

In Suid Afrika het 'n vrou met haar trollie vol gelaai na haar kar toe geloop, die kattebak oopgesluit en toe sy omdraai het swerkater klaar die trollie gegryp en daar hol hy. Sy het nie weer die trollie gesien nie en niemand wou help nie.

Gisteraand bel oudste seun van Suid Afrika af en se hy wil ook hierheen kom. Hy het nou genoeg gehad. Hy vertel ons toe die volgende episode.

In Jacqueline Mall, reg oorkant die supermark is daar 'n bottelstoor. (nie dat ons hom gereeld besoek het nie! :)

Ek het altyd in die somer ys daar gekoop en ook ons almal se rookgoed. :ilikeit: Daar het die vriendelikste man gewerk, as jy hom groet kan hy nie ophou om vir jou te se om 'n lekker dag te he nie. Jy se totsiens, lekker dag, dan se hy lekker dag, geniet die aand, mooi dag vir jou en so gaan hy aan.

Die arme ou het 'n onderontwikkelde onderste kakebeen gehad en hy was in konstante pyn. Hy het nie geld gehad nie en sou maar die res van sy lewe so loop. Tot iemand eendag in die plaaslike koerantjie van hom geskryf het. Die mense het hulle harte en beursies oop gemaak en begin geld skenk vir 'n operasie aan sy kakebeen. Paar maande later is hy toe 'n week af van die werk af en toe hy terugkom kon hy nie ophou glimlag nie. Die operasie was 'n sukses en hy het soveel mooier gelyk ook beter gepraat.

Een aand kry my seuns hom by die garage en hulle gesels toe met hom. Hy het 'n ou skedonk gery en iemand het in hom vas gery, sy ou karretjie was 'n wrak. Hy verduidelik toe dat sy ouers hom gaan help om 'n Atoz karretjie te koop. Hy kry toe die kar en parkeer hom elke dag voor die bottelstoor waar hy werk.

Eergisteraand ry hy huis toe en by sy oprit sit die duiwels vir hom en wag.

Hy is doodgeskiet, sy kar is gesteel en ook die geld wat hy die volgende oggend wou bank is weg!!!!!!!!!!

Ek het alweer gesit en tjank gister, dit voel of ek permanent sit en huil nou se dae. Ek wil so graag he my kinders (en almal se kinders) moet net hierheen kom en veilig wees.

Sorry as ek julle depressed het, maar die forum is hier om die lief en leed van Suid Afrika te deel met almal wat belangstel.

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Yes! Yes!! Yes!!! Dit is Betsy

Hallo maatjie

Toemaar moenie huil nie jou kinders sal een van die mooi dae ook hier by julle wees.

Dankie vir die storie. Die moord in SA maak nie sin nie doen dit!!!???

Gaan vandag saam die Brissie girls koffie drink en moes koek maak maar die flour is op. Sal maar ene mudcake koop.

Lovies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

.

Eergisteraand ry hy huis toe en by sy oprit sit die duiwels vir hom en wag.

Groete,

Betsy.

:ilikeit:

Dax

Link to comment
Share on other sites

HI BETSY!!

Bly jy is terug, al is dit so 'n sad storie. Ag ja, al die geweld en misdaad maak mens se hart so seer. Ek het juis vanoggend weer gesit en trane pik omdat ek gesit en dink het dat ek eintlik nie wil weggaan nie, maar dat ons sal moet. Ek weet dit klink erg melodramaties, maar ek kan nie dit regverdig om my kind hier te laat grootword nie. Ek is 30 jaar oud, en toe ek 'n kind was kon ons nog kattewaad in ons buurte aanvang (toktokkie ens) sonder om in lewensgavaar te wees (en sonder om die huiseienaar na sy geweer te laat gryp uit vrees). Ons het met ons fietse na sokkies toe gery in die aand. Ons ouers kon ons alleen by die huis los as hulle wou uitgaan (weet nie of dit altyd so slim was nie :thumbdown: ). Wat ek wil sê: Ek wil hê my kind moet sonder vrees kan grootword.

Bly jy is terug!

Frenchy

Link to comment
Share on other sites

Hallo Forum,

Ek wou nie eintlik skryf nie, wou eintlik so rukkie afvat om te recover, maar iets het gister gebeur wat ek net moet deel.

Vir die eerste keer Hallett Cove se shopping centre ontdek, dankie Jay. Eers het ek gedink dis links van die snelweg maar toe is dit regs, met die gevolg dat ek klaar verdwaal is, sommer so met inry slag is ek deurmekaar. Loop toe daar binne rond soos 'n verlore skaap en voel so eensaam soos nes ek kan. Ek doen toe my inkope by Foodland en omdat ek so depressed is koop ek sommer 'n pakkie Tim tams ook.

By die kas register val ek in die ry en wag maar geduldig, voor my is 'n klein ou tannetjie besig om vreeslik baie goed uit te pak en te betaal. Die outjie agter die till is baie vriendelik en die meisie wat in pak help die tannie te mooi. Toe die tannie klaar betaal het vat sy net een pakkie , lyk soos 'n koek en sy loop toe. Haai wil ek nog se, your trolley mam! Die laaitie keer my toe en se nee dis 'n home delivery. Hulle gaan die goed vir aflaai by haar huis.

Wat my opval is dat sy die trollie vol klaar betaalde kruideniersware net daar los by die till en loop. Sy vertrou die meisie volkome om na haar goed te kyk en dit te laat aflewer!

In Suid Afrika het 'n vrou met haar trollie vol gelaai na haar kar toe geloop, die kattebak oopgesluit en toe sy omdraai het swerkater klaar die trollie gegryp en daar hol hy. Sy het nie weer die trollie gesien nie en niemand wou help nie.

Gisteraand bel oudste seun van Suid Afrika af en se hy wil ook hierheen kom. Hy het nou genoeg gehad. Hy vertel ons toe die volgende episode.

In Jacqueline Mall, reg oorkant die supermark is daar 'n bottelstoor. (nie dat ons hom gereeld besoek het nie! B)

Ek het altyd in die somer ys daar gekoop en ook ons almal se rookgoed. :ilikeit: Daar het die vriendelikste man gewerk, as jy hom groet kan hy nie ophou om vir jou te se om 'n lekker dag te he nie. Jy se totsiens, lekker dag, dan se hy lekker dag, geniet die aand, mooi dag vir jou en so gaan hy aan.

Die arme ou het 'n onderontwikkelde onderste kakebeen gehad en hy was in konstante pyn. Hy het nie geld gehad nie en sou maar die res van sy lewe so loop. Tot iemand eendag in die plaaslike koerantjie van hom geskryf het. Die mense het hulle harte en beursies oop gemaak en begin geld skenk vir 'n operasie aan sy kakebeen. Paar maande later is hy toe 'n week af van die werk af en toe hy terugkom kon hy nie ophou glimlag nie. Die operasie was 'n sukses en hy het soveel mooier gelyk ook beter gepraat.

Een aand kry my seuns hom by die garage en hulle gesels toe met hom. Hy het 'n ou skedonk gery en iemand het in hom vas gery, sy ou karretjie was 'n wrak. Hy verduidelik toe dat sy ouers hom gaan help om 'n Atoz karretjie te koop. Hy kry toe die kar en parkeer hom elke dag voor die bottelstoor waar hy werk.

Eergisteraand ry hy huis toe en by sy oprit sit die duiwels vir hom en wag.

Hy is doodgeskiet, sy kar is gesteel en ook die geld wat hy die volgende oggend wou bank is weg!!!!!!!!!!

Ek het alweer gesit en tjank gister, dit voel of ek permanent sit en huil nou se dae. Ek wil so graag he my kinders (en almal se kinders) moet net hierheen kom en veilig wees.

Sorry as ek julle depressed het, maar die forum is hier om die lief en leed van Suid Afrika te deel met almal wat belangstel.

Groete,

Betsy.

Hi Betsy

Ek is nou terug op die lug en uiteindelik in wagga. Dankie vir die gesels en jammer om van die verlies te hoor.

Groete

Hi Betsy,

Eks baie bly om van jou te hoor! Stuur vir jou 'n groot D-R-U-K-K-I-E oor die internet!

Weet nie wat gebeur het nie, en gee nie om nie...gesels gerus weer met ons. Hoop jy voel gou beter. Ek weet, mens wil jou mense veilig hê en hierdie goed wat om jou gebeur raak net te veel om te hanteer.

Groete, gesels weer binnekort

A

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy

Ek voel dieselfde oor die geweld. Dit maak mens so moedeloos en hatseer. Die week was ek n trane oor 'n 12 jarige seuntjie wat twaalf keer gesteek is met 'n mes en toe probeer die rower hom wurg met sy sussie se popklere. Maar wat my so hartseer gemaak het is dat hy op die sypaadjie gaan le het sodat iemand hom kan sien en sy eerste woorde was "tannie hulle het my sussie gesteel (7jaar) en moenie my los nie ek gaan doodgaan. Hy het my in die hart gesteek" Sy sussie het gelukkig net weg gekruip. maar die arme kind moes dit alles deurgaan.

Ek wens so daar is 'n vinniger manier vir almal van ons om uit te kom. Asb. mense - die wat daar is - help.!!!

Sover ek weet is die seuntjie in die hospitaal

Groete

Aniena

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...