Jump to content

In 4 weke is ons hele wereld omgekeer


pietman

Recommended Posts

Hallo almal,

4 weke terug kry ek 'n e-pos van 'n personeel agent uit Sydney wat wil weet of ek sal belang stel om in Syndey vir een van die beleggings banke te kom werk. Dog toe ek sal maar bietjie voelers uitsteek en se vir die agent ons sal dit oorweeg. Ek en vroulief dog toe maar ons sal maar sien wat hiervan kom.

Het 'n telefonies onderhoud en toe 'n video konferensie laasweek Maandag. Ons het nog altyd gese ons sal dit oorweeg om oorsee te gaan werk, mits dit goed is vir ons loopbane. En daar slaan die bank ons standvastige lewe hier so deurmekaar deur 'n aanbod te maak wat waarvoor ons nie nee kan se nie!

Dus van laasweek Vrydag af is dit chaos in ons huis en lewe - ons moet vir familie en vriende se, en al die oupas en oumas huil oor kleinkind (15 Maande). Elke keer as ons die oumas sien is dit 'n tranedal en vroulief is self nog nie opgewonde om alles en almal hier te los nie. Ons was van die gelukkiges wat nog maar min van die land en sy nonsens aan ons baste gevoel het - "touch wood" - weet net van mense waarmee hierdie goed gebeur en lees in die koerant daarvan. Is seker ook maar naief hier in ons "bang-gat" park met al sy wagte en alarms!!

Nou moet ons skielik huis in die mark sit, karre verkoop, het al die eerste maarskappy gesien om ons goed oor die waters te neem en so meer. Ons lewe van weeklikse lysies maak en opvolg het in aller erens begin. Saterdag: fotos, sien eiendomsagent, Maandag: e-pos alle dokumentasie en so begin ons laaste 12 weke van SA op lysie plaasvind - dag-vir-dag! Vlieg darem nog einde September so vir 'n week vakansie in die Kaap!

Die maatskappy reel ons 457 ens., en hulle se al ons dokumetasie sal reg wees sodat ek 1 November in Sydney kan begin werk!!

Kan die Sydney mense ons dalk help:

1: Ek het al gesien dat ek nuwe motors kan bestel deur 'n deposito via my krediet kaart te betaal - oorweeg nou tussen (Prado/Rav en 'n Corolla) of (Holden het een of ander 4X4 en 'n Astra) of (Hyundai se 4X4 en 'n Accent/Elantra) Ek reken as ek twee motors gelyk koop sal ek darem afslag kry. Hoe lyk herverkoop waardes daar - hier as jy toyota/bmw/mercedes en VW/Audi koop is jy redelik veilig - is dit dieselfde daar? Nog nie so seker oor Kia nie, is daar ander make wat ek kan oorweeg?

2: Ons verblyf voel soos 'n nagmerie:

- Ons gaan eers in 'n hotel/gaste huis bly vir 'n paar dae as ons daar aankom (Enige voorstelle van waar? veral met peuter?

- In daardie paar dae moet ons 'n gemeubileerde woonstel kry - ek gaan in Syney Sentrale Sakegebied werk. Enige voorstelle van waar dit die beste is of 'n betroubare plek? Ek het al op die internet gekrap maar dit is moeilik om te bepaal hoe lyk die plek.

- Daarna moet ons weer 'n ongemeubileerde plek soek as ons meubels aankom. Engie voorstelle? Huidiglike ry ek 30min in stad toe (JHB). Ek wil nie rerig langer ry nie - ek sal seker van stadsvervoer gebruik maak - was nog altyd gek oor London se tube's.... Baie mense praat van die Hills? Vir my lyk dit maar lekker ver van die stad af - soos om in Pta te bly en elke dag Jhb toe te gaan.

3: Ek en my vrou het eng-gereformeerd (doppers) groot geword - ek sien daar is 'n Sydney Afrikaanse Kerk en dan die reformed church of Sydney? Waar sal mens die beste in pas?

4: Die spinnekoppe - wat ek gehoor en gelees het klink dit vir my na afskuwelike goed. Ek het redelike alle spinnekoppe in en om ons huis of verjaag of uitgewis - ek sal dood neerslaan as ek een van die funnel web spinnekop sien - kan mens gereeld "fumigate" daar en waar moet ek nie bly nie? Die vrou voel weer so oor slange - ek neem aan Sydney is maar soos Jhb waar slange 'n rariteit in die woonbuurtes is?

Ek het vir my vrou vertel van die forum, en vir haar gese sy moet dit lees - baie interessante brokkies nuus wat hier meegedeel word. So nader ons aan die vertrek kom sal ek meer laar weet. Moet nou gaan slaap, moreoggend as julle daar nou al middag het moet ek eers gou vir die dag Kimberley toe vlieg. As ek die gat sien sal ek vir hom se julle stuur groete...

Link to comment
Share on other sites

Hi Pietman

Welkom by die forum. Ek vermoed dat baie van die mense op die forum verstaan presies hoe jy voel.

Sterkte met al die familie dinge. Persoonlik dink ek dit is die moeilikste om mee te deal.

Die Sydney Reformed Church van wat ek weet is omtrent die naaste wat jy aan die Dopper kerk hier gaan kom. Van die gemeentes het elke nou en dan Afrikaanse dienste ook.

Oor die karre hier is baie om van te kies, maar as mens weet wat jy soek dan kan jy dit seker van daar af bestel. Julle gaan `n RTA kliente nommer nodig he voordat hulle die kar registreer (ons moes een kry). As jy dit nie van daar af kan doen nie, dan mag dit dalk tydsgewys omtewe wees of jy nou van daar af koop en of jy hier koop.

Hier is baie mense wat julle sal kan help.

Sterkte met die al die organisering.

Groete

Johan

Link to comment
Share on other sites

Daar is 'n Afrikaanse kerk in Sydney (Dural, The Hills) wat elke Sondag Afrikaanse dienste hou met "katkisasie" die werke. Hulle het ook gereeld gesinskampe en sulke dinge saam as gemeente. Hierdie is hulle webblad: http://sydneyafrikaansekerk.com/

PM Swerwer oor karkoop uit RSA (hy het dit gedoen).

Het al een groot "huntsman" in ons huis gehad en 2 kleintjies. Nog nie 'n "funnel web" gesien nie. Het al in die Blue Mountains bo-oor 'n slang (brown snake - blykbaar lekker giftig!) getrap sonder om hom te sien (tot ek klaar bo-oor was!! :holy: ). Darem nog nooit deur iets gebyt, gesteek of gespoeg nie! :ilikeit:

Daar is 'n redelike groot bespreking op die forum oor die Hills spesifiek: http://www.saaustralia.org/index.php?showtopic=393&st=0

Sterkte met alles wat julle so inderhaas moet rëel - ken die gevoel! :cry: Enjoy the ride!! :huh:

Link to comment
Share on other sites

Ek het 'n baie goeie idee hoe dit by julle gaan. Ons kinders het ook na 3 maande van malhuis op 22 Junie Sydney toe vertrek. Hulle bly nog in 'n "apartment" wat sy werk vir hulle gekry het tot 21 Julie. Soek nou naarstigtelik na huurhuis. Huurhuise werk nie soos in SA nie en blykbaar is daar 'n groot aanvraag. Kinders moet nou met nuwe skool begin. Al drie is tieners. Oupa en Ouma probeer nog hulle huis verkoop in SA en moet na allerhande dingetjies omsien. Dit is ook maar moeilik vir hulle. Ons almal verlang baie maar ek lees reeds dat die tieners ongesteurd op hulle eie gaan bal skop. Daardie erge "pasop" gevoel wat hulle hier gehad het is besig om te verdwyn. Ook die stresvolle tye wat hy moes JHB toe en terug Pretoria toe ry elke dag kan nie vergelyk word met die nie-stresvolle werktoe ry nie. As die familie net almal saamwerk en julle bystaan sal dit al 100% help.

Sterkte vir Julle!

Sue Pretoria SA

Link to comment
Share on other sites

Haai Pietman,

Dis goed om te sien nog Albertoners skuif darem ook Australia toe! Ons is ook van daar en begin nou maar voelers uitsteek - sterkte en voorspoed!

Wimpie

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...
Haai Pietman,

Dis goed om te sien nog Albertoners skuif darem ook Australia toe! Ons is ook van daar en begin nou maar voelers uitsteek - sterkte en voorspoed!

Wimpie

Pietman en gesin,

Ek is heel nuut op die forum en moet se ek lag elke dag lekker vir die goed wat ons so roer as ons vinnig sulke groot besluite moet neem. Lekker vir jou humor gelag.

Moet se ek is skrrikkerig om my voelers uit te steek voordat ek my "skills assessment" terug kry. Netnou se die Ausies ook ek moet vinnig pak en kom.

Sterke en laat weet hoe dit gaan as julle daar is. Wat vat julle alles saam? Ek oorweeg om alles hier te los. Wat is die bester raad.

Link to comment
Share on other sites

Hi AndriesB

Jong, ek dink dit hang maar af wat elkeen pas.

Volgens die mense werk dit omtrent dieselfde uit om te neem, of alles te verkoop en daar te koop - hang ook maar seker af wat jy kry vir jou meubels hier... Dit hang ook af wat is julle smaak. As jy duursame houtmeubels het beveel hulle aan om dit saam te neem.

Ons het baie familie erfstukke, duursame skilderye en dies meer. Ons is besig om ons huis soos volg in te deel:

a - absolute moet - ons wil dit daar he - bv. ons skilderye, familie meubels en klavier! Of sekere ware wat nog relatief nuut is, en ons voel dit is nie die moeite werd om te verkoop en daar te koop nie, synde dat ons wel 'n trek moet reel.

b - miskien - afhangende van hoeveel plek oor is in die houer. Bv. ons studeerkamer tafel en liaseer kabinet.

c - glad nie - dit is eerstens al die goed wat almal oor waarsku - bv. rottang meubels en mandjies, tuingereeskap, en die blerrie wasjimasjien wat nie kan besluit of hy wil breek of nie - nou bid ons dat die ding hou totdat ons trek! Ook al die opgaargoed wat net jou huis volmaak - bv. 'n ornament wat iemand gedink het mooi in jou huis sal lyk - daai pienk bulldogs, kristal boompies ens. - maar wat ons weet is nie ons styl nie! Ons het ook besluit ons wil nie goed neem waaroor die owerhede gaan frons of bekommerd wees of waar te veel administrasie aan verbonde is bv. motors, sleepwaentjie ens.

Ander goed wat jy in gedagte moet hou, is die tyd wat 'n houer neem om daar te kom. As jy nie goed wil neem nie kan jy vinniger jou huis kry en daar goed koop - vir baie vrouens is dit blykbaar hemel - dit is vir my 'n nagmerrie om van winkel na winkel te loop en goed te soek!! As jou basiese middele in die houer is, dan moet jy 'n gemeubileerde plek soek totdat die houer arriveer - dit het sy prys.

Ons is nou in die proses wat ons die kritiese oorlewings lys saamstel. Bv. Ons basis en matras is al amper 10 jaar oud - werk nog 100% hier, maar dalk verkoop ons die ding vir R400 en koop 'n nuwe bed daar. Die kopstuk en dies meer kan maar later kom. Dus kan ons maar vroeer 'n huis huur en dan kampeer ons met die basies goed wat ons daar koop tot die houer arriveer - sal maar nie te veel mense nooi nie!!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...