Jump to content

Enige sous resepte


Dedrei

Recommended Posts

Smaak my die ozzies is nie lief vir hulle souse soos ons nie. Soek 'n lekka resep vir kaassous, mushroom sous, ens. Dis een ding wat ek nogal mis op my chicken scnitzel en burgers. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hallo Dedrei. Jy kan gerus hier inloer. Daar is allerhande souse en dinge, asook ander resepte wat jy dalk sal geniet.

Off topic: Ek's bly om te sien julle vind jul voete in Cairns. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Dedrei

Jy kan enige sous maak as jy die basiese witsous resep ken.

Ek maak sommer altyd 'n lekker souse vir die steaky of burgerpatties op die BBQ met die volgende:

1 ui (fyn fekap)

1/2 greenpepper (fyn gekap)

pakkie mushrooms (gesny in skywe)

koppie gerasperde kaas

Jy braai eers al die groentes mooi bruin, gooi die witsous en kaas by. Sout en peper na smaak en dan kan jy nog 'n paar teelepels knoffel wil ingooi vir die wat hou daarvan. As jy van rykerige kos hou, kan jy room ipv melk by die witsous sit.

Vinnige burgerpatties:

500g maalvleis

3 snye brood (sonder korsies) in water geweek tot 'n pulp

1 pakkie French Onion Soup

Jy meng net die lot bymekaar. Dit kan 6 stewige burgerpatties maak. Wanneer dit gebraai word, kan mens bietjie BBQ sous oorverf as 'n "bastingsauce" om dit nie te droog te laat smaak nie. Yummy saam met die Mushroompeppercheese sauce.

Groetnis

Madelein

Link to comment
Share on other sites

  • 4 weeks later...

Dedrei,

jy sal ver soek vir 'n vinniger sampioensous as hierdie een. Dis veral lekker met beesvleis, kangaroovleis of ons gunsteling: "Charcoal chicken". Genoeg vir 3 ruim porsies

Bestanddele: 'n bietjie olyfolie, 'n klein uitjie, 'n huisie knoffel, 50 ml wyn, 10 ml korrelrige mosterd, 180g sampioene, 150 ml "extra lite" suurroom, pietersielie of grasuie.

Metode: Braai die fyngekapte ui stadig in die olie tot glasig. Voeg die fyngekapte knoffel by, roer deur en voeg dan die sampioene, in skyfies gesny, by. Roerbraai oor medium hitte vir 'n paar minute, voeg die wyn by en prut vir 'n paar minute met die deksel op. Skakel die stoofplaat af en roer die suurroom en mosterd in. Voeg sout en peper volgens smaak by. Sprinkel fyngekapte pietersielie of grasuie oor.

Wenk: Ek voeg die vleis (in dieselfde pan gebraai en warm gehou) of hoender by en verhit dit eers, voordat ek die suurroom en mosterd byvoeg. Bedien oor rys of pasta.

Die sous kan met 'n bietjie melk verdun word, indien nodig.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...