Jump to content

20 Maniere om te weet jy is Kommin:


Jongman

Recommended Posts

> 20 Maniere om te weet jy is Kommin:

> 1 Die Halloween pampoen op jou stoep het meer tande as jou girlfriend.

> 2 Jou twaalf jarige dogter mag rook by die tafel voor haar kinders.

> 3 Jy is al drie keer getroud maar jou skoonouers bly dieselfde.

> 4 Jy dink chicks wat nie in jou belangstel nie, bestaan nie.

> 5 Jack Daniels is op jou lys van mense wat jy graag wil ontmoet.

> 6 Jy wonder hoe die garages hulle toilette so skoon hou.

> 7 As iemand in jou familie al dood is nadat hulle gesê het, "Hey, check

> hierie move."

> 8 Jy dink Dom Perignon is 'n Mafia baas.

> 9 Jou vrou se hare het al vasgesit in die ceiling fan.

> 10 Jy dink Johnny Walker het die comrades gewen.

> 11 Jy het al 'n vuurhoutjie gestrike in jou huis en net die wiele het

> oorgebly na die ontploffing.

> 12 Jy kan nie met jou sweetheart trou nie omdat die wet dit verbied.

> 13 Jy dink om die skottelgoedwasser te laai is om jou vrou dronk te kry.

> 14 Jou toilet papier het bladsy nommers.

> 15 Jou enigste eetkamertafel bestaan uit jou knieë en n skinkbord voor die

> TV.

> 16 Jy het een volledige stel koppies en almal sê Wimpy.

> 17 Die grootste dorp wat jy al in was, was Boys Town .

> 18 Jou werkende TV sit bo op jou gebreekte TV.

> 19 Jou bure dink jy is 'n speurder want die polisie bring jou altyd huis

> toe.

> 20 Jy skree vir die Bulls

Link to comment
Share on other sites

Thanks... Dit was nogal funny.

Behalwe die Bulls comment :-)

Groete

Johan

Link to comment
Share on other sites

Goeie een Fred!

Nommers 7 & 13 was my gunstelinge.

Dax

Link to comment
Share on other sites

ja ja ja dit was 'n goeie een :blink:

ek het so ruk terug 'n email gekry genaamd DIE KOMMIN TOETS dit is 'n excel spreadsheet met vrae en dan werk die toets uit hoe kommin jy is. Ek was geskok om 34 % te score.... :( Kan dit nou glad nie op my rekenaar kry nie, het gewonder of iemand anders dit dalk het,,,,, dit sluit pragtig aan by bogenoemde stellings

die vrae sluit in "besit jy of enige familielede 'n winkeltrollie?" "besit jy 'n jurie els of patricia lewis cd"

Hoop iemand kan daardie toets uitgrawe, dit is hilarious.

Karen

Link to comment
Share on other sites

Dankie man Jannie!

Ek het weer lekker gelag.... en skaam gekry.... my score was weer 34% :o

geniet dit almal, moenie skaam wees nie, ons almal het maar 'n ou stukkie kommin in ons!

Karen

Link to comment
Share on other sites

He He!! :thumbdown::ilikeit::) Ek is 30% commin!! B):D (Nr 9 op Fred se lysie het my omtrent laat rol vd lag!! Oi!...) PS: Ek stem ook nie saam oor die bulle nie......

Link to comment
Share on other sites

Dis met groot trots dat ek kan aankodig: 52% kommin. Maar hey, die lewe is kort en kommin is lekker :thumbdown::o Ek daag alle forumiete uit om te kyk of julle kan verbeter op 52%

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...