Jump to content

Maandag nie blues nie.


Blossom

Recommended Posts

Hallo forum,

Ek sit hier vanoggend, toe onder 'n donsige kombersie en ek het nou net weer tot die besef gekom hoe gelukkig ek is. Alles is perfek, die lewe is mooi, die dag wag daar buite vir my en ek wil skree van uitbundigheid. Soos die dag in Alberton Mall toe my selfoon lui en die stem aan die anderkant vir my se dat ons nou op ons pad is. Toe LS dit hoor los hy een van daai diepstem brulle van hom...kliphard en uit sy maag uit. Ons was net verby die Wimpy daar waar die mense so in die middel van die sentrum sit en eet.

Vir 'n oomblik het daar doodse stilte geheers. Koffie koppies het so halfpad mond toe gehuiwer, vurke vol kos was in die lug, oe was oopgerek en koppe het gedraai. Maar die beste was by die troeteldier winkel. Daar was 'n groot, lang en blinkgeel slang in die venster en die mense het daar versamel om te kyk. Heel voor was so 'n jong donker klong met 'n mussie op sy kop. Hy was so vooroor gebuk om mooi te kyk na die slang, hy het ge eish en ge hau en jy kon die bang op sy gesig sien.

Maar toe LS sy gebrul laat los daar in die openbaar, was 'n paar geskokte sekondes van stilte, toe bars daar pandemonium los. Klong skrik so groot dat hy opspring in die lug in, so in die lug maak hy 'n 360 grade draai en nog so in die lug begin sy bene al te hardloop. Reg in die mense agter hom vas, die mense skrik toe vir hom want hy skree net Snake! Dis 'n warboel, almal is of onderstebo of teen iemand anders vas en almal skree. Die kelnerinne by Wimpy los hulle skinkborde met 'n geknetter op die vloer en begin ook hardloop. Die sekuriteits wag is net so bang, hy loer om die hoek met spierwitte oe. En ons....ons staan onskuldig en beskou die hele petalje. Ons lag nie, ons HUIL van die lag, die krom tannie langs ons wil my net troos. Sy dink ek huil van vrees. Ek bedank haar vir haar omgee en ons retireer binne in Woolworths in. Moes wegkom daar want ek kon nie ophou lag nie, ek het probeer om met seun te raas oor sy gedrag in die openbaar maar elke keer as ek wil ernstig raak en raas, dan proes ek weer van voor af.

Tussen daardie dag en vandag, waar ek hier sit en tik het daar so baie gebeur. Dit voel onwerklik as ek terug dink aan al die pakkery, die vorms invul, die container, die vlug hierheen en die vrees vir die onbekende. Ek dank die Vader dat alles goed afgeloop het en dat ek vandag in die posisie is om die volgende voorstel te maak aan ander mense wat oorkom hierheen.

As jy op pad is Adelaide toe en jy kom alleen vooruit sonder jou familie, gaan jy vreemd en verlate voel. LM, LS en ek het gesels en ons wil graag help. Ons sal jou op die lughawe ontmoet, vir jou slaapplek gee vir die nag en die volgende dag, na spek en eiers, gaan aflaai by jou motel/hotel/hostel van jou keuse. Google Adelaide accommodation, vind pryse uit (ons sal help die kant) en jy is op jou pad na 'n nuwe lewe.

Ek wens ons het iemand gehad toe ons oorgekom het, dit sou soveel makliker gewees het.

Lekker dag vir almal.

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy

Ag, jy laat my wens ons het Adelaide toe gegaan, maar ons gaan Perth toe.

Nice idee van julle. Oppas net vir :holy:

Groete

Frenchy

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...