Jump to content

Toe koop ons tasse...


die Mulders

Recommended Posts

Dit was 'n erg week vir ons, vir my. Ek worry oor ons Application en ons planne om Australie toe te gaan. Ons wag om te hoor.... die gewag maak jou gek. My 2jarige sny haar laaste tande en sy is onmoontlik. En die huiswerk het my net onder gekry. 'n Paar tantrums aan my kant later - maar ek is steeds opgewen. Ons slaap nie, want sussie slaap nie...sy huil....ek huil.....

Toe besluit manlief dat ek en hy 'n draai by die shops moet maak. Ouma is hier, en sussie kan bietjie by haar bly. Shopping! Dis mos die beste medisyne! Ek is in op hierdie deal. So breek Vrydag aan. Ek en pappatjie spring vroeg in die kar, en die eerste stop is 'n lekker Mug 'n Bean ontbyt...en een van daai emmers koffie! (Ek gaan Mug 'n Bean ontsettend mis!)..anyway...

Na dit stop ons by die luggage plek. Ek bekyk, en vra die Indier man oor AL die tasse en sakke. Hoe groot, hoe swaar. Terwyl ons besig is noem ek vir manlief - "is ons mal? Ons weet nog nie eers of ons KAN gaan nie?". Skarrel nog so in die winkel tussen die tasse rond - toe lui my foon.

Ek antwoord - die stem aan die ander kant. Ons agent wat baie opgewonde is.

Toe weet ek. Dit is goeie nuus.

Sy wens ons toe geluk:" Mrs Mulder, you are now a permanent resident of Australia. Congratulations!"

Ek dink dat ek so hard gegil het - die hele shopping centre het dit gehoor! Die trane loop, my hart het amper by my keel uitgespring. Manlief het nie nodig gehad om te vra wat aangaan nie, hy het net geweet.

Ons het toe 'n hengse discount gekry op ons tasse - die winkeleienaar was sommer saam met ons bly.

So nou....het ons tasse!

Sussie sny nog tande, en die huiswerk is nog baie. Maar nou worry ek nie meer nie. Ek kan pak, en klaar maak hier want ons nuwe lewe wag. En ons het splinter nuwe tasse om dit mee te doen. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi

Ek is sooo bly vir julle, pik sommer 'n traan so in die lees. Ek is besig om ons visa te "pak" doen self die aansoek. Hoop ons kan die koevert in volgende week courier na Adelaide.

Sterkte met al die laaste dinge voor die groot trek.

Groete

Frenchy :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Daar.

Jissie man dit moet lekker wees. :unsure: Ek wens ek was julle. :whome: Ons wag nou al die lang wag net so na julle as ek na jou timeline kyk.

Ek dink daai oproep of email verander jou lewe nog 'n keer. Jy ken die gevoel van die gewag. Maak jou mal en die duiwel hou my wakker in die middel van die nag. :blink:

Sterkte vir julle verder met al die ander reelings, maar dit is lekker reelings want die gewag is verby. :ilikeit:

Mag sussie ook sommer nou klaar tande sny :whome: sodat jy lekker kan slaap.

Sien julle in Brisbane. :ilikeit: Wanneer gebeur die groot trek ?

Geniet elke oomblik.

cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Dankie julle!

Die trek vind September plaas - nog nie 'n datum nie. Ons wil net ons paspoort-visum ding uitsort en dan sal ons na die vliegtuigkaartjies kyk.

Dit gaan darm beter met sussie hierdie week.

Groenis

A

Link to comment
Share on other sites

Baie geluk julle! Jy het regtig n lekker manier van skryf. Ek was sommer saam met jou in daai shopping Centre. Moenie worry nie-BAIE plaasvervangers vir Mug and Bean hier.

beste wense vir die laaste mal maande.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...