bienkie Posted July 8, 2007 Report Share Posted July 8, 2007 Hallo almal Ek het sommer net gewonder wat in Australië as tradisionele kos beskou kan word ? Met al die verskillende immigrante vanuit al die wêrelddele, is daar sekerlik 'n groot verskeidenheid van kos "tradisies" wat elke "nasie" self aanhang ?En julle wat alreeds daar is, maak jul nog die gewone ou "Boerekos" soos lekker skaapboud, gebraaide aartappels, blomkool in witsous, Jan Ellis poeding ? Dis vandag Sondag en as ons by skoonma gaan kuier en sy wil ons bederf, is dit die soort van kos wat ons kry. Moet sê ek sal dit nogal mis as ons "eendag" daar uitkom...... Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Annette Posted July 8, 2007 Report Share Posted July 8, 2007 Daar is verseker baie verskillende soorte lekker kos hier, maar ek sou se die mees tradisionele Aussie kos moet seker lam wees, of anders garnale. Jy sal hier ook 'n skaapboud kry as 'n spesiale "treat", saam met gebraaide aartappels. Ek weet nie at Jan ellis poeding is nie, maar ons eet gereeld lekker malvapoeding . Vis is nogal 'n groot ding hier in Suid Aus. Barramundi of Salm... mmm Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Nilo Posted July 8, 2007 Report Share Posted July 8, 2007 My Australiese vriendin se daar is nie regtig iets nie. Die naaste wat sy aan kon dink is seker die lam. Hulle hou ook van hulle chook (hoender). Nog iets is seker mudcake, sjokolade, caramel ens. lekker kluitjie swaar koek met toffierige icing.Soos sy gese het Aussie is so multicultural soos mens kan kry!! Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
LiezelM Posted July 8, 2007 Report Share Posted July 8, 2007 Hi BienkieOns maak verseker maar nog dieselfde kos wat ons gehad het in SA, jy kan al die ingredients hier kry, en meer Ek weet 'n tradisionele Aussie ding is beet op 'n burger of op 'n samie, hulle is MAL daaroor!! O ja, dink nie hierdie is 'n Aussie ding nie, maar elke keer as jy 'n pie koop, kry jy tamatiesous daarby, en ALMAL sit dit bo-op die pie (ek is gewoond aan worcestershire sous op 'n pie, nie tamatiesous nie). Dis nogal weird, want jy moet VRA vir tamatiesous by Mcdonalds, maar as jy 'n pie koop, kry jy dit sommer automaties Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Suidwes Posted July 8, 2007 Report Share Posted July 8, 2007 In Queensland is dit tradisie om prawns/ enige seekos op Kersdag te eet, saam met al die ander gewone Kers geregte.Pavlova, ystervarkies( Lamingtons) is Aussie maaksels. Hulle het by kinderpartytjies "Fairy Bread". Witbrood met botter gesmeer en 'hundreds & thousands ' oorgesprinkel. Miskien was dit in SA ook maar ek en my dogtertjie (5) vind dit hoogs ONsmaaklik!Sw Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Sam Posted July 8, 2007 Report Share Posted July 8, 2007 Die Aussies verkoop snags by Bunnings oor naweke, by kermisse en Sunday markets. Dit is 'n worsbroodtjie met een verskil: dit is nie 'n dik, lang worsbroodjie soos ons kom ken nie. Dit is 'n gewone plat sny brood met 'n varkworsie, uiesmoor en tamatie/mosterd sous bo-oor, dubbel gevou, in 'n servet. Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Arthur Posted July 9, 2007 Report Share Posted July 9, 2007 Damper (amper soos askoek of stok brood) en dan natuurlik kangaroo. Tabasco sous is vir kangaroo soos wasabi is vir sushi (my opinie) Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
HansaPlease Posted July 9, 2007 Report Share Posted July 9, 2007 Die Aussies verkoop snags by Bunnings oor naweke, by kermisse en Sunday markets. Dit is 'n worsbroodtjie met een verskil: dit is nie 'n dik, lang worsbroodjie soos ons kom ken nie. Dit is 'n gewone plat sny brood met 'n varkworsie, uiesmoor en tamatie/mosterd sous bo-oor, dubbel gevou, in 'n servet.Also known as - "Sausage Sizzle" Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Recommended Posts
Join the conversation
You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.