Jump to content

Sommer net nonsense op 5 Julie 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 5 Julie 2007

Een van die redes waarom ek na die land gekom het was omdat ek geweet het ek gaan die een of ander tyd nog knie vervangings nodig hê. Soos wat die hospitale agteruit gegaan het in RSA, was ons al meer verplig om na private hospitale te gaan. Ek weet daar was nog sekere hospitale wat wonderlike sorg gegee het, maar ek praat in die algemeen. Mediese versekering het ook al duurder begin word en as jy afgetree was, sou dit vir jou naderhand onmoontlik gewees het om by te bly.

Hier in Oz het ons Medicare. Ons het gedink hy is nie wonderlik nie omdat jy nog steeds baie bybetalings moes doen. Die sogenaamde “gap” Toe neem ons maar private versekering ook uit. Net vir die wis en onwis. Betaal nog steeds bybetalings.

Tot gisteraand.

Ek vat die velle vroeg want ek sou vandag weer ‘n bietjie training ondergaan in my gekose franchise. 11 Uur word ek wakker van my vrou se geroep vanaf die kamer deur. Sy sê sy voel naar en is dronk. Ek is deur die slaap en sê vir haar sy moet Eno’s of iets drink, ek slaap. Normaalweg sou my Ystervrou vir my luister en die saak is opgelos.

Nie die keer nie. Die volgende oomblik moer sy langs my op die bed neer en dit lyk asof sy uit gepass het. Ek skrik en vloek. Ek skakel die lig aan en sien dat sy spierwit is. Toe ek aan haar vat is yskoud. Toe is ek wakker. Ek voel vir ‘n pols. Niks. Toe sweet en soebat ek dat sy tog nie moet doodgaan en my in die vreemde land alleen moet los nie. Afterall sy moet na my kyk en ek nie na haar nie. Sy haal asem en praat omsamehangend.

My dogter hulle is nie by die huis nie en my oproep druk sy net dood. Hulle was in die fliek sou ek later hoor. Ek bel toe vir Fran, Travis se ma en smeek haar om tog gou te kom want ek weet nie wat om te doen nie. Ek Jan Bliksem, wat honderde mense en miljoene rande rondgeorder het, weet nie wat om te doen. Dank Vader, 10 minute later is Fran daar en sy neem my vrou in haar arms. Murray slaat 000. 10 minute later stop daar twee ambulanse. Bid jou dit aan. 4 Paramedici in ons kamer. ‘n Girl en drie pêre. Hulle weet wat hulle doen. Dit is nie ‘n kwessie van in mekaar se pad wees nie. Professioneel. 10 minute later toe is ons by die hospitaal. Daar is susters en ontvangsdames net waar jy kyk. Ek vra die een. Ek dag julle strike? Ja seg sy. “We work toe rule. Three patients to one suster. We brought in more personnel so that the government can see under what circumstances we work. We don’t want our patients to suffer. This way we get our increase in the form of overtime” Dan gaan hulle aan om om verskoning te vra omdat my vrou die enigste pasiënt is wat in die gang moet wag vir ‘n bed. Hulle was nog nie in HF onlangs nie. 5 minute later sleep hulle haar weg. Kom roep my 5 minute later. Sy is in die noodsaal in ‘n “cubicle” Ek was al in Milpark hospitaal in JHB se hoë sorg eenheid. Dit lyk net so. Lyk ook soos “ER en Grays Anatomy” Eerste wêreld. Ek kan nie glo wat ek sien nie. 6 Dokters om na omtrent 28 pasiente te kyk. Ek kyk op die saal horlosie. 11.45. Vandat my vrou my wakker gemaak het, het net ‘n driekwart uur verloop. Hulle reken een of ander geheimsinnige siekte het haar gepak. ‘n “bug” in die middeloor. 2 Uur jaag hulle my huis toe. Ek slaap soos ‘n klip. 6 Uur bel my vrou my wakker. Kom haal my, eks gesond. Dank Vader. 6:30 en ons albei slaap soos klippe in ons eie bed.

Drama vergete.

Nou wonder ons nog of ons die regte ding gedoen het. ONS HET. Die naweek skreeu ek uit volle bors vir die Ozzies. Ek word nou beslis een. Ons PR is hopelik oor ‘n maand of wat hier. DANK VADER.

Link to comment
Share on other sites

Jan

Daar is seker niks soos siekte wat mens met ander oë na die lewe kan laat kyk nie! Ek is bly jou vrou is beter en dat dit nie te erg was nie. Jy mag maar vir die Wallabies skree. Soos jy sê, die land het jou respek verdien.

Link to comment
Share on other sites

Sjoe!!

Ek is bly jou vrou is OK!!

Impressed met wat ek hoorvan die mediese dienste.

Frenchy

Link to comment
Share on other sites

Dag se Jan

Hoop jou vrou voel baie beter en word gou gesond. Die mediese dienste IS fantasties.

Liefde

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Ai Jan,

Bly om te hoor vroulief is ok.. ek stem 100% met jou saam. Die mediese dienste is fantasties!! Ek het self so 3 weke terug bietjie drama gehad met my swangerskap en met die dat die dokters so vinnig opgetree het, is ek en kiddo albei ok. Die staff in die hospitaal terwyl ons daar was, was absoluut great!!! Nie een keer na iemand moes soek vir iets omdat hulle op "tee" of iets is nie... hulle doen alles vir jou... selfs as hulle eintlik op ete moes wees!!

3 Hoera's vir Medicare en die stelsels hier!!

Caro

Link to comment
Share on other sites

Ek het ook net goeie ondervinding van Medicare. Jare terug het ek n oog virus opgetel in Suid Afrika, opge-eindig by n oop spesialis wat vir my salf en oogdruppels voorgeskryf het wat ek so 4 jaar gebruik het. Wel, ons daag toe op in Australia Adelaide en ek gaan sien toe n oogspesialis daar in Anzak highway, nie eietlik n highway nie, maar so word dit genoem. Ek sit in die wagkamer en wag en so wragtig hier kom die spesialis in die wagkamer in om een van sy pasiente wat in n rystoel sit en help hom na sy wagkamer, nog nooit so iets gesien nie. Eientlik is dit my beurt, en op die ou eiede van die dag se die spesialis vir my ek moet die medisyne heeltemal los en niks gebruik nie, ek dog toe hy is n kwak, maar op die eiende van die dag is dit die beste raad wat hy kon gee, want dae nadat ek die medisyne gelos het kon ek n verskil voel, en soos die spesialis verduidelik het, die medisyne , veral die salf het my oogvlies al dunner gemaak met die gevolg is dat ek my oog kon verloor het as ek aangehou het met die medisyne, iets wat hulle my nie gese het in Suid Afrika nie. Ek het die dokter so vier keer gaan sien en altesaam het dit my 18 doller gekos vir die besoeke. Ek moet ook byvoeg dat die medisyne in Suid Afrika sowat 500 rand gekos het elke keer by die apteek, ek het eenmaal n perskripsie gekry hier in Oz vir dieselfde medisyne en al wat dit gekos het vir my deur medicare was 12 doller.

Die ander ondervinding was toe ek hospitaal toe is 12 uur die aand vir nierstene, ek moet se dit is die seerste pyn wat ek nog beleeg het, daag op by emergency, so 5 minute gewag vir n nurse om te kom help terwyl my vrou my ingeboek het, dit het meer gevoel soos 50 minute terwyl ek gewag het. Hulle het my toe onmiddelik morfien inspuitings gegee, ek dink so twee, want die een wou nie help nie, en daar gooi ek op in hulle asblik, die after effect van die inspuitings. Ek het toe oornag gebly, die volgende oggend is ek gescan deur die groot tonnel masjien en die middag is ek huistoe, pyn is verby en nie weer terug gekom nie. Lyk my die steen het ook verdwyn in die proses. Wel, wat het dit my gekos op die eiende van die dag, absoluut niks nie, ek was skoon verbaas oor dit, die medicare het alles gedek, en die beste van als is ek betaal nie eers medies nie, waar in die wereld kry jy dit, daarom se ek, al kla die ausies oor hulle medies, en ek dink jy moet kla, dit hou die politieke ouens op hulle tone, is Australia tops wat medies behandeling betref, ek glo nie eers Amerika het die tipe medies nie, een van die sterkste lande in die wereld, so dit wys net hoe goed Australia is. Een van die meeste klagtes wat ek ook hoor vanuit Suid Afrika is die kostes van mediese behandling en die bybetalings, so ek dink ons hier in Oz kan gelukking wees vir die behandling wat ons van die staat af kry.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...