Jump to content

Tuimeldroers, pruimedante en rook.


Blossom

Recommended Posts

Jan Stoof(Wat maak jy by tuimeldroers terwyl jy eintlik hier moet skryf?)

Ek kon nie wag om jou te antwoord vanoggend nie, ek skryf maar liewer hier op journals want die is drama! Dankie vir jou goeie raad oor rook, jy klink regtig vir my na 'n ekspert.

Daar is 'n paar dingetjies waaroor ons kan gesels:

1. Ek klets nie, ek gesels net bietjie.

2. Ek is klaar vet!

3. Het jy gelees van die nuwe manier wat hulle nou wil beproef met die menslike oorskot? Ek lees die kenners is bekommerd dat daar nie meer genoeg plek gaan wees vir begraafplase nie en dat verassing ook nie meer die antwoord is nie. Die mens se as is blykbaar nie bio oplosbaar nie en dus soek hulle nuwe maniere om van alles ontslae te raak. Daar is 'n nuwe proses waarvan ek die naam nou vergeet het, waar hulle die oorskot in 'n vloeistof dompel wat alles vries tot 'n klomp grade onder vriespunt. Alles word dan bros en oplosbaar. Hulle maak dan alles mooi fyn, sif dit om ontslae te raak van alle operasie agtergeblewe voorwerpe, soos skroewe en penne, en WAG DAARVOOR, verwerk alles dan as kompos wat terug in die aarde ingaan. Ek het dit in die koerant gelees, njannies!

4. Wil jy nou he ek moet heeltemal vedwyn met die pruimedante en water? Laas week die heerlikste, sagste en varste pruimedante by Coles gekoop. Uitgedeel aan huisgesin en nooit die einde daarvan gehoor nie. Die paadjie na die kleinste plekkie in my huis met die feetjies in, was plat getrap. Ons het geleer van dodge en swing in die gang. Vir 2 dae lank. Gif!

5. Ek rook nou al baie minder, het besluit om net een elke uur te rook en sodoende al hoe minder te rook. Met ander woorde net so 8-10 per dag teen die 25 van eers. Maar nou is dat minder met die dat ons buite rook. Die wind waai jou weg en die koue is te erg vir rook, dankie. Banger vir longonsteking as wat ek lus is vir rook.

Sien, vir alles is daar 'n oplossing en 'n antwoord.

Vriendelike groete aan jou en jou gesin,

Betsy.

PS. Jy moet laat ek jou vertel waar het my Pa eenkeer 'n Koedoe geskiet.

Link to comment
Share on other sites

Guest wilna

Hi Betsy

Die forum maak my vet!

Ek het drie jaar terug 12kg verloor en dit nooit weer opgetel nie, tot ek die forum ondek het.

Dit is soos fliek, jy moet iets hê om te kou, my studeerkamer lyk soos die flieks na 'n show! :D

Ek weeg my gister, 5kg swaarder!!!!!!!!!! :ilikeit:

Miskien moet ek begin rook..........of pruimedante eet. :holy:

Edited by wilna
Link to comment
Share on other sites

Sorrry julle ouens, het vanoggend net gou 'n draai gegooi en gelees wat te lese was en ook lekker gelag. My maatjie van 20 jaar en haar 5 jaar oue laat lam het bietjie vandag kom kuier van Ipswich af. Besluit toe sommer dit gaan lekker wees om so saam saam haar salon toe te gaan. Sy se toe dis die beste plan ooit en weg is ons!

Nou ja soos julle almal weet gaan ons girls nie mall toe en dan dadelik huis toe nie, o nee die geleentheid word goed benut. Lekker koffie shopping en dan huis toe. Ook net omdat die kindertjie toe wil poef en dit nie daar wil doen nie.

Rook jou blerrie ding. Het nou maar besluit om ook Zyban te kry. Rook nou wel net 5 per dag van so 20-25 so week of wat gelede so ek het 75% opgehou, of so iets. Ou Bets het jy gesien jou tuimeldroer onderwerp word toe oor ophou rook. Ons is soos 'n familie die lot van ons! Spring ook van die een onderwerp na die ander.

Ons moet regtig die get together Inniemirrel gaan hou, kan net interesant wees!!!!! Die geklets!!!!!!

Gevries en gesaai weet nie so lekker of iemand my in hulle boontjies of pampoen of druiwe of mielies wil he nie?!!! As maar my assies! Bio of te not. So by the way my arme pa se as is nog in my sussie se kas, mooi in die AFBOB boksie of was dit DOVES. Sy sal hom maar by ma in die muur moet gaan sit sonder my.

Wel groete van 'n winderige Brisbane.

Liefde

Nilo

NS: Pruimedante en sidestep en hierdie Queenslandertjie van ons het net een toilet, ga nie werk nie. By the way die nuwe griep virus is 'n anner ding die lotte wat hier bly blaas van bo en onner af.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...