Jump to content

Gooi nog 'n doop


chester

Recommended Posts

Man hier is nou 'n ding wat nie so lekker by my sit, en ongelukkige gaan ek 'n paar Saaffers goed nors maak. Hoe is dit dat drank so 'n groot problem geword het, ons manne is so trots op hulself..........

Ek self was met so 'n man getroud en het so 'n skoonpa gehad. Die dinge wat hulle aangevang het, laat my skoon skaam kry vir hul ontwil.

Die tyd saam met my eerste man, was beslis "an eye opener" in baie opsigte, geweld en baie beklei en sommer alles wat by dit gaan. My twee seuns was al waaraan ek kon dink, en as ek dit kon help sou hulle nooit hulle gesin so behandel nie. Hy wou skoon sy eie kind laat aanneem en dit is waar ek die lyn in die sand getrek het. My tweede man het ook in so 'n huis groot geword maar het goed gesien wat dit aan sy gesin gedoen het. Skoonpa het sommer daar in die tuin uitgepas, nadat hy daardie bottel klipdrief in die ventsterbank leeggemaak het. More moet hy maar weer een gaan koop, of 'n boks wyn. Hy vra mors eendag vir my om vir hom 'n boks wyn te koop, man ek kry toe die slegster asyn wat te kry was, hy trek sy bek so en kla, suip dit maar alles op. Wel dit was die laaste dat hy my weer gevra het :jester:

Manlief vertel stories van skoonpa wat jy maar net jou kop kan skuid. LM het by die vliek gewerk vir saakgeld, en daar sien hy mos sy fiets wat gesteel was en vang die klein vetter en sleep hom polisie kantoor toe. Die kops kom neem 'n statement by die huis, skoonpa is in die tuine besig en sien net die kar in sy driveway en gaan blaas ook sommer die tyres af. Natuurlik vang die kops hom met 'n stokkie nog in die hand. Hy mos maar tyre opblaas met 'n fiets pump.

Ek het ook teen my better wete my VW beetlejie by my skoon ouers se huis gelos omdat ons Namiba toe is vir 2 jaar en maak toe mooi reelings om dit te stuur. Man Hy was toe mooi kort aan drank geld en verkoop toe sommer my karretjie vir spares. Ek hoef nie vir julle te se hou kwaad ek was nie.

Vandag sit ek die TV aan en daar is DR Phil en sy Vrou Robyne besig om met so 'n jong 15 Jarige seun te praat wat nog nooit sy pa nugter gesien sien het nie, jy kan sien en hoor die pyn in die kind, die haat in sy vrou se stem vir wat hy geword het. Is dit wat Julle wil he?

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...