Jump to content

Sommer net nonsense op 1 Julie 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

'n Paar jaar gelede gaan 'n klomp van ons visvang in St Lucia. Geen vroue toegelaat. Ons gooi vir 'n vale, want by die huis moet ons ons gedra en ons bekke hou. Ons speel op die strand en ek breek my been baie ernstig. Die lokale kwak voer my morfien en my tjomme my drank. Geen pyn. My vrou kom haal my want sy is op pad om haar eertse Comrades te gaan hol. Ek lê agter in die kar verdoof en gesuip. Geen sorge in die wêreld. Totdat ek uitgelaai moet word in Amanzamtoti. My been haak in die deur vas en ek skrou dat hulle my in Durban hoor. My vrou vat my na die hospitaal daar naby. Tot op daai stadium het ons almal gedink ek het maar net my knie ernstig beseer. Dit is nou na aanleiding van die kwak op St Lucia se diagnose. Die X strale wys dat ek 'n ernstige y fraktuur het. Die spesialis sê hy moet opereer en afhangende van wat hy sien, sal hy of my knie vervang of die saak patch. Ek sê die saak is reg, gee nog morfien. Ek demand ook om in 'n privaatkamer te wees want ek rook en ek soek 'n televisie en telefoon. Die hospitaal was hoog Brits en hulle "aim to please" Die televisie was om my vrou te sien hol. Die oggend opereer hulle en hy patch toe die knie. Toe ek bykom kyk ek so deur die waas na die Comrades. Ek kon sweer ek het haar gesien maar dit was seker maar net omdat ek deurmekaar was. Die aand kom my vrou my besoek. Sy het die 90 km in 10 en 'n half uur gehol. Sy lyk asof sy niks makeer nie. Ek is die een wat vrek. Die volgende week leef ek in 'n trans. Ek het 'n koors wat jy met die hand kan groet. Hulle spoel my af, spons my af en gooi 'n fan op my aanmekaar. Die spesialis is baie bekommerd. Hy wil nie die wond weer oopmaak nie, maar as die koors nie breek nie, moet hy. Een oggend staan hy weer so by die voetenend. "Meneer, ek weet wat is die fout. Jy het alkohol ontrekkings simptome. Mevrou gaan koop vir jou man drank" My vrou is weg en gaan koop toe vir my bier en whisky. Etenstyd en teetyd as die ander pasiënte tee kry, dan kry ek drank. Toe gaan dit beter en ek word gesond. Die van julle wat al in so 'n situasie was, sal weet dat hulle jou skoon spoel met die saline solution. Hulle gee jou baie antbiotika en wie weet wat nog deur die drup. Die gevolg was dat jy kort kort die bottel moes gebruik. Laat ek vir julle vertel ek het liters laat leegmaak. Met al die beslommernis van slaapklere kort kort aantrek het ek later kaal begin lê. Die Britse susters het gesê "if you don't mind, we don't mind. We have seen it all" Een oggend toe ek wakker word, so 5 uur se kant, toe sien ek ek word gesond. Die laken staan daar doer in die lug. Ek het ook 'n blaas wat wil ontplof. Ek gryp die bottel. Maar hoe gemaak? Ek lui die klokkie. Toe die nagsuster daar aan kom sê ek "I have a problem" Sy sê "I can see that. Don't worry. we had that problem before. We have two methods of solving that problem. The first one is, we have a small rubber hammer, we give it a good knock and it usally works. The second method is. I help you" Sy moes seker die glinstering im my oê gesien het want sy sê "okay I will help you. I will be back just now" Ek lê en wonder wat gaan sy nou doen. Het sy iets gemakliker gaan aantrek of wat? Sy kom terug met 'n Zulu suster aan haar sy. Sy sê "Mr van der Merwe, this is Sarah. She will help you" Ek seg. "don't bother, just pass me the bottle"

Soos ek gesê het ek was 'n bok.

Link to comment
Share on other sites

Hi Jan

Dankie vir die lekker storie.!!!!! :ilikeit: Drank help gewoonlik vir enige seer. :ilikeit:

Bly om te hoor jy WAS 'n bok. :ilikeit: Kan net dink jou gesig toe Sarah langs jou bed gestaan het. :P

Deel nog van jou ondervindings met ons.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Hello Jan Stoof,

:ilikeit: Jy is funny, dankie vir die lekker storie! :ilikeit:

Dit laat my so aan my stiefpa dink - hy was ook een van daai bok-spesies. Meer met die ou knertsie saam.

Soos toe hy en sy ou pal in die polisie selle toegesluit was toe hulle 'n gesteelde kar gaan raporteer het (sy vriend sin).

Toe byt hulle die polisieman so bietjie - hulle was 'n paar voor.... en toe raak die polisiemannetjie dik vir hulle ge-bytery...en gooi hulle in die sel. Sê toe vir hulle: slaap julle roes af, en dan gesels ons more. Laat hulle toe als oorhandig wat hulle by hul het en ook skoene uittrek.

Die een staan toe en sing, en die ander een sit toe en rook - toe die polisieman hulle kom stil maak sien hy die sigaret. Hy baklei toe: "waar kry julle die sigaret?". My slimmer as slim stiefpa antwoord toe: "I've got my contacts!" :ilikeit: Ek dink daai polisiekantoor was naderhand spyt hulle het daai 2 daar gehou!

Gesels weer!

Groete

Annelize

Link to comment
Share on other sites

Hallo Jan Stoof,

Ek is bly om te sien jy is terug, met 'n bang, nogal! Skryf nog, jy inspireer my en ek geniet jou stories. Wonder hoekom skryf nie meer mense nie.

Groete,

Betsy. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Lekker storie Jan, rol nog so 'n paar uit! :jester:

Dax

Link to comment
Share on other sites

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...