Jump to content

Geen donkerte meer nie.


Blossom

Recommended Posts

In Suid Afrika was daar 'n swart man, jongerig nog, wat op die straat hoek gebly het. om presies te wees, dit was in Jacqueline straat, Alberton. Die hoek by die verkeerslig was sy tuiste, onder die heining was daar so uitgeholde stukkie en daar het hy geslaap. Bedags het hy by die robot gesit en die karre dopgehou. Niks gevra nie, net gesit en met sy vingers patrone in die sand getrek. Ander mense het oor hom gestruikel, hom geignoreer, sy eie mense het vir hom gelag en kop geskud.

Ek het hom die eerste keer gesien toe ek by die robot gestop het. Dit het gereen en hy het maar net gelate in die reen bly sit. Elke dag sien ek hom, reen, hael en sonskyn. Ek vra toe 'n babbelbek vriendin wat van alles en almal geweet het, of sy weet van die man. Ja, se sy, hy bly daar. Die polisie was al daar, die mense het hom weg gevat na plekke vir haweloses toe, verniet. Ta, kom teug hoek toe.

Soms het hy koeldrank, soms 'n liter melk, 'n brood, tot selfs Kentucky gesit en eet en sy vingers afgelek.

Dit word Winter en bitter koud en ek sien hom nog elke dag daar sit, glimlag op die gesig, verslete kombers oor die skouers. Die volgende dag het hy 'n nuwe wind jekker aan. Vriendin se die mense dra vir hom klere aan en dan verkwansel hy dit weer.

Ek kry die man so jammer en kry hom nie uit my kop uit nie. Ek ry en gaan koop kos vir hom en vra hom waar is sy huis, sy mense, waar hy bly. Hy skud sy kop en met 'n glimlag se hy " No home, nobody, sleep here, happy" Ek lei af dat die liggie dof skyn daar binne in hom. Ek gee hom die kos en koffie en ry weer na my warm huis toe.

Die volgende dag is hy nie daar toe ek verby ry nie, die hele week kyk ek uit maar sien hom nie weer nie. Die bossies begin weer groei oor sy uitgeholde plekkie onder die heining, sy kombers is weg. Ek wonder vandag steeds of ek nie meer kon gedoen het nie.

Ek ken baie sulke stories ( waar ) soos die een. Soos die omie op die hoek van Comaro wat in die veld slaap met die ryp wat wit op hom le smorens. Die vrou met haar man in die rystoel en die 5,6 jarige kind wat staan en bedel vir kos en klere. Ek ken baie sulke sad, sad stories, ja.

Ons eie storie van jare se noustrop trek. Daaroor se ek niks nie, dis verby.

Die Here is goed vir ons, sorg vir ons en ons is nou veilig hier in OZ. Dit was nie maklik nie, ek het al geskryf van ons reis en ondervindinge. Die trane en die verdriet, die blydskap sommer al die emosionele goed wat mens deurmaak. Ons is deur alles, nes al die ander wat ook deur die proses is. Of die wat dit nog moet deurgaan.

Dis hoekom ek besluit het om liewer om 'n positiewe en optimistiese bydrae tot die forum te lewer, om ander van die seer en die sukkel te laat vergeet. Om op te beur. Daarom skryf ek storietjies en grappies, probeer 'n glimlag bring om die dag op te kikker. In Suid Afrika was ek agter slot en grendel en was te bang om in my eie tuin in te gaan, hier het ek dwergies in my tuin en alles is sommer net pret. Tot selfs feetjies in my kleinste plekkie in die huis!

Ongelukkig kan mens nie almal tevrede stel nie, dis maar in die mens se aard om krities te staan teenoor sy medemens.

Ek lees van die onsekerheid by mense wat nog besig is met die groot stap. Van die angs van die wat agter bly, van die hartseer oor geliefde troeteldiere. Of daar genoeg geld gaan wees vir alles en die onsekere toekoms....my hart bloei vir julle.

Gelukkig weet ek alles sal beter word met tyd en hulp van Bo.

Daarom probeer ek die ligte kant van die lewe uitwys. Die forum is die ideale plek om dit te doen. as ek net een mens se gedagtes vir een oomblik kan aflei van al die probleme af, dan is ek ekstaties bly!!

En as ek kan help, se net. Ek gaan reeds iemand haal op die lughawe die komende naweek, ek is so opgewonde daaroor. Die bietjie wat ek weet, is ek bereid om te deel met enige iemand.

So, as ek 'n grappie vertel en iemand vind dit in swak smaak....so be it.

My intensies is goed en ek is mal oor die forum. Mens kan maar seker nie van alles en almal hou nie. As ek maar net geweet het van die forum toe ons die eerste keer oorgekom het, sou ek seker nie so gehuil het van die eensaamheid nie.

Nou kan ek gesels en gesels en..........

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Goeie vertelling Betsy. Ek wonder soms of Alberton Primary School waar ek skool gehou het nog staan. Hoeveel kere het 'n mens nie gou met pouses oorgehardloop Casbah (daai goeie ou Roadhouse) toe vir 'n vinnige snack nie.

Moet nie worrie oor foute nie Betsy. Ons almal loop maar daardie paadjie. Daar is mos 'n teorie dat mense wat NOOIT foute maak nie, groter kandidate vir Alzheimers is. Volgens die navorsing dingetjie wat ek (seker al 'n paar jaar gelede) in 'n koerant gelees het is party mense so daarin opgestel om 'n regverdige brein te dat hulle vergeet om huller breine skerp te hou.

Die enigste ou wat ek ken wat sonder foute is die een wat so besing word deur Cliff Richard:

"...a man was in my place

a man with holes in his hands and feet,

a man I could not face.

Dax

Link to comment
Share on other sites

Haai Betsy,

jou stories maak my dag elke keer! So moenie worry nie.

Jy kom voor as 'n wonderlike mens wat baie omgee vir ons ander, en die wereld het mense soos jy nodig.

Ek verstaan heeltemal dat 'n mens nie gewoonlik wil praat oor die negatiewe goed nie. Enige iemand wat hierdie emmigrasie proses aandurf sal gou agter kom dis nie kinder speletjies nie en sal deur 'n magdom emosies nog gaan. Ek weet dit wag vir my, maar as 'n mense nie probeer nie, sal jy nooit weet nie. Gelukkig het ek 'n wonderlike vriende op die forum wat sal verstaan en by wie ek advies kan soek. En wanneer ek so bietjie blou voel help jou grappies baie om my beter te laat voel, dankie!

Groete,

Michele

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy,

Dankie vir al jou lekker stories en vertel. Geniet dit vreeslik baie.

Wil jou net vir jou sê, geniet die week dolla!

Weereens dankie vir die lekker gesels.

Groete

Annelize

Link to comment
Share on other sites

Hallo Bets

Lekker gelees my vriendin, dankie hoor! Ek weet jou hartjie is rein en jou grappies met 'n goeie hart bedoel en ek lag met die regte attitude.

Hou aan goed wees, "geloof, hoop en liefde" dis ons motto ne!?

Die choklit koek is gebak! Lekker gekom ken net nog nie my oond met die "fen" so mooi nie.

Lovies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...