Jump to content

Vinnige navorsing


Geland

Recommended Posts

Hi,

Ons is dalk oppad Sydney toe. Dit is 'n 457 en nou moet ons inderhaas bietjie navorsing doen om te kyk of die pakket wat geoffer word genoeg gaan wees. Kan iemand dalk so bietjie raad op die volgende vrae hierdie kant toe gooi?

Wat is die salaris skale in Aus, wat is die gemiddled?

Vir 'n gesin van drie, wat is 'n goeie begroting vir kruiderniersware per maand?

Wat is huurkoste aangesien ons nog nie seker is waar om te bly nie? Die kantore waar ek dalk kan werk kry is in Chatswood.

Wat beteken 'n 457 vir me wederhelfte, kan sy ook werk soek as ons eers daar is?

Sal enige terugvoer waardeer.

Oppad

Link to comment
Share on other sites

Hi Oppad, dis nou 'n oulikke naam, Wages depending on the job so that difficult to say but there is a thing called award wage here - get paid according to your age - 15 yr = $7 and so on, but thats more for kids. Minimum wage $17/18 an hr for adults, so it depends what you do. I get paid $21 working "very parttime" on call when DH's work needs extra staff to cover holidays.

I spend $180 a week feeding 3 adults, 2 dogs & 6 cats, their food is $60. But that is very basic shopping.

Rents check out Domain for more info rentals etc

Best to job hunt when you here for wife - 457 means you will be sponcered so you can only work for them but wife can work where ever she wants. I take it you got a child, depending on age childcare, school?

Hope take helps a bit

Link to comment
Share on other sites

Hi,

Thanks for the response, yes, we have a son (4 years old) that need to go to a pre-primary school as soon as possible. Any idea if English classes exist for him at that age?

The work will be technical in nature (Engineering).

Regards,

Oppad

Link to comment
Share on other sites

Might be a good idea to check out daycare facilities and play groups closes to where you would stay for him, Most kids learn english easier if they faced with only one lanuage, meaning it might be an idea to stop talking afrikaans at home now, and speak only english with him. We had to change h/lanuage as soon as we decided to leave. So get lots of storybook, flashcards etc for him and start asap.

My Husband is also into engineering.

Link to comment
Share on other sites

Hier kan jy die salarisskale gaan kyk:

https://www.workchoices.gov.au/ourplan/payc...itionsIndex.htm

Chatswood is 'n besigheids-hub en nie regtig waar mens 'n gesin sal wil grootmaak nie, so julle kan dalk uitwyk na van die suburbs bietjie verder. Hang maar af wat julle lewensstyl is. Die Noordwes & Hills se treinroete is nog in wording, maar daar is heelwat dele Noord van Chatswood wat naby stasies is. (Selfs hier in die Hills is die naaste stasie binne 10km, maar dit is ver in vergelyking met die ander woonbuurte - Hier is wel busse wat Chatswood en stad toe gaan, maar dit kan jou nogal 'n tydjie vat om daar te kom). Ek werk in Chatswood en bly in die Hills. In spitstyd vat dit my 'n uur met die kar, en ek parkeer in die straat (gratis). Op 'n gewone dag is dieselfde roete omtrent 20 minute om jou 'n idee te gee. My tolgeld is $4.20 (ek dink.....myne word elektronies betaal) x2 per dag. As ek 'n bus vat, gaan dit my 1 uur 58 minute vat en ek moet op 2 plekke oorklim en nog steeds 1.2km tot by die kantoor stap!!!

Ons kruideniersware wissel (ek moet eerlik wees - ek koop nie volgens 'n begroting kruideniersware nie, ons koop maar soos ons nodig het). As ek nou moet dink, sal dit omtrent so $200 per week wees, maar ons koop heelwat "luxuries. Dit hang regtig af wat julle gewoontes & behoeftes is. Sekere goed is vrek duur en vir dieselfde prys kan jy amper 10 ander goed koop, so dit is regtig moelik om 'n bedrag vir kruideniersware te probeer vasstel. Ons koop deur die week ook vars vrugte en sulke goed, en party weke "skip" ek die kruideniersware heeltemal omdat ons nog genoeg in die kaste het, en koop net vars goed soos vrugte, brood ens.

Vroulief kan met die 457 ook werk! :ilikeit: En as jou kinders 15 word - hulle ook.

As Engels nie jou kinders se eerste taal is nie, kan hulle gratis Engelse hulp kry by die skool - vra daarvoor as jy hulle by die skool inskryf. Dit is nie regtig "klasse" nie, maar hulp om die Engels baas te raak.

Huur wissel redelik baie van buurt to buurt en huis tot huis. Dieselfde grootte en tipe huis sal jou in 6 verskillende woonbuurte, 6 verskillende bedrae kos. As mens op 'n bedrag van $500 per week werk, hoort jy veilig te wees. Daar is huise wat goedkoper is, en ook duurder, maar ek sou sê dit is 'n gemiddeld.

Hoop dit help. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Riekie,

Dit help baie - dankie.

Ek lees in 'n klomp plekke van die Hills, maar as ek op 'n kaart soek kry ek opsies reg oor die stad? Watter Hills areas is dit waarna almal verwys in hul briewe?

IS daar websites waar mens pryse kan kry van meubels end motorvoertuie?

Dankie vir al die hulp sover.

Link to comment
Share on other sites

Hi Oppad,

Here is a previous thread on cars.

SAS

Link to comment
Share on other sites

Oppad

Ons is nou al so 2 maande besig met intensiewe navorsing oor 'n skuif aus toe...ook 457. Ons het ook 2 kinders (3 & 5) wat hoofsaaklik afrikaans magtig is. My advies is

- Kyk na die links aangeheg. Het dit iewers op die forum gekry in die begin en dit het baie gehelp.

- As die een op 'n 457 visa is kan sy metgesel enige werk doen.

- Maak seker van skoolgelde in NSW. So ver ek weet betaal jy in die staat skole (amper geen subsidie nie...kan nogal 'n paar $$$ wees - hopelik kan iemand anders bevestig of my korregeer).

- Daar is baie forum gesprekke oor lewens onkostes. Soek maar...

- Die salaris skale soos aangedui is 'n goeie beginpunt om seker te maak jy is in die regte "ballpark". Moet seker maar tot 'n mate aanvaar die mpy wil jou nie binne die eerste jaar verloor nie...so hopelik is die salaris mark verwant. Kyk maar op die internet vir soortgelyke poste om 'n gevoel te kry.

- Ons indrukke van die skole in WA was baie positief. Almal reken 6 maande dan behoort meeste kinders van jul kind se ouderdom engels te kan praat. Probeer net seker maak sy basis is goed. Makliker om 'n 2e taal te leer as jy 'n 1e onder die knie het --- vir kinders. Ons het nogal baie navorsing probeer doen oor moeder taal onderig vs 2e taal onderig....daar is nie regtig duidelike antwoorde nie.

- Kindersorg is duur in aus ($50++ pd)...maar kindy en skool kos weer amper niks in meeste state (sien weer punt 3).

Sterkte

DIe SkIm (amper OPPaD)

:lol:

PS...watter ingeneurswese ???

Links.doc

Link to comment
Share on other sites

Riekie,

Dit help baie - dankie.

Ek lees in 'n klomp plekke van die Hills, maar as ek op 'n kaart soek kry ek opsies reg oor die stad? Watter Hills areas is dit waarna almal verwys in hul briewe?

IS daar websites waar mens pryse kan kry van meubels end motorvoertuie?

Dankie vir al die hulp sover.

Hi Oppad,

Here's a previous thread on which areas fall in the Hills District.

SAS

Link to comment
Share on other sites

  • 5 months later...

Hi,

Wou net weet hoe die vordering aan julle kant staan. Kindy is ongelooflik duur, moet maar net deurdruk want ons gee mos die beste vir ons kinders :hug: . Dinge by ons vorder - hoop om so Februarie in Sydney te wees - wag vir die 457. :ilikeit:

Het julle enige iets interresant (buitengewoon)uitgevind met jul navorsing?

Oppad

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...