Jump to content

Vandag se gesels


Blossom

Recommended Posts

Hallo almal,

Laas nag het ek die ure gesien kom en gaan op die wekker. Moeg opgestaan vanoggend want sien, ek gaan vandag tee drink by iemand wat ek nog nooit ontmoet het nie. 'n Mede Suid Afrikaner net hier om die hoek.

Se nou hulle hou nie van my nie, se nou ek mors dalk tee op my hemp of op haar mat? Se nou ek sit met 'n mond vol tande en ek weet nie wat om te se nie....se nou.. Ek is op my senuwees..erg.

Hier teen 3 uur besluit ek om vir myself 'n storie te vertel, dalk help dit. Ek begin toe hier in my kop en vertel die storie in detail vir myself......

Eendag, lank, laaank gelede was daar 'n wurmpie. Sommer so 'n ou vaal, kort wurmpie. Eendag speel hy nog so lekker in die sand en klippertjies, toe hy die nuus hoor. Almal vertel opgewonde oor die Baba wat ver, ver in 'n ander land gebore is en wat bitter arm was. Die Baba was so arm dat Hy in 'n ou hout trog moes slaap en Sy ouers sommer so op die strooi.

Die wurmpie hoor toe dat mense gaan geskenke en lekker goed vat vir die Baba en hy dink toe dat as die mense dit kan doen, dan kan hy ook. Maar wat kan hy vat as geskenk? Na 'n lang gesoek kry hy toe die mooiste en die blinkste klippie in die veld waar hy bly. Met die grootste moeite begin hy die klippie aanrol in die rigting waarheen al die mense loop. Dit was moeilik want die klippie het al hoe swaarder gevoel hoe langer hy dit aan gerol het. En dan moes hy nog elke nou en dan koes vir groot voete met sware sandale aan.

Vir dae het hy aan gesukkel en baie mense het verby hom geloop en baie donkies het amper op hom getrap maar uiteindelik was daar 'n helder lig voor hom, hy was by sy bestemming.

Oor die strooi op die grond, tussen die mense se voete deur het hy gekronkel tot by die hout trog. Hy kon die Baba hoor lag en geluidjies maak maar kon Hom nie sien nie. Sonder om moed te verloor besluit die vaal van kleur wurmpie om die lang klim na bo aan te durf. Nog steeds met die klippie voor hom aan gerol, klim hy teen die hout trog se kante op. Die mense sien hom nie want hy is amper dieselfde kleur as die hout.

En hy is bo! Die Baba le wyd oog en staar na al die vreemde mense rondom Hom en die wurmpie probeer Sy aandag trek, die klippie le gevaarlik na aan die randjie van die trog. Daar gebeur dit toe, die klippie val af binne in die perde voerbak in waarin die Baba le. Die wurmpie draai en kronkel, rek en strek, tevergeefs, hy kry nie sy geskenk nie.

Al die manewales van die wurmpie op die rand het die Baba se aandag getrek. Toe die Baba sien hoe die snaakse wurmpie rondswaai, kraai Hy van die lag, steek Sy handjie uit en raak aan die wurmpie.

'n Warm gevoel trek deur die wurmpie se lyfie, sy stert waar hy aan geraak is, gloei sommer van die hitte........

En dit is die storie waar die glimwurmpie sy liggie vandaan gekry het.

Fluit, fluit, my storie is uit.

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Daars hy Betsy laat jou liggie skyn my pel. Hoop net jy's nie ook aan die stert geraak nie, dit sal nogal 'n belewenis wees. Sorry net 'n grap maar kan jy imagine.

Pragtige storie en soooo waar ons moet ons self elke nou en dan herhinder dat in Jesus se oe is ons almal belangrik.

Lekker koffie/tee drink. Jy sal reg wees!

Lovies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy ,

Dis 'n mooi storie, het jy daaraan gedink om kinder boeke te skryf. Jy het regtig 'n talent , gebruik dit en maak klein hartjies warm.

Geniet jou dag en moenie worry nie, jy gaan nog baie vrienne maak hier.

Groete Rina

Edited by chester
Link to comment
Share on other sites

Ai Betsy. Ek dink ons 2 moet koffie drink, jy sien ek het n "talent" ek kan MORS!!!! my familie noem my ou krummels. Jy sien Jesus het vir my n bewe handjie en n swakheid vir koffie gegee. Hoe smarter die plek/mense hoe meer mors ek en O behoede my as daar wit matte is!!!! en as iemand of ek dan nog se moet asb net nie mors nie.... dan is dit neusie verby ek kan maar net sowel die hele koppie net daar omkeer en klaarkry.

Why bother

So ek het n reel gemaak. ek weier om uit n koppie te drink en pierings lawaai anaway as ek dit dra. en n beker word soos n kind in God se hande gedra-omsingel met beide hande.

Sterkte en geniet dit. En as sy grand is stuur haar in haar piekie want ons is mensige mense!

Henriette

Link to comment
Share on other sites

Niks tee gemors nie!!!!!!!!!!!

Maar jammer ek het vergeet om die cookies uit te haal, jy sal moet vinning veer kom kuier.

Dankie :thumbdown:

Link to comment
Share on other sites

Dis 'n mooi storie, het jy daaraan gedink om kinder boeke te skryf. Jy het regtig 'n talent , gebruik dit en maak klein hartjies warm.

Ek stem saam! Ek raak so opgewonde as ek sien jy het ietsie geskryf.

Wanneer ek oor kom kan almal wat mors by my kom tee drink. Ek weet nie wat dit met my is nie, maar as ek tee in my hande het, dan drip dit uit die beker uit.

Bly julle het lekker tee gedrink...hmmm, nou is ek lus vir koekies! ;)

Groete,

Michele

Link to comment
Share on other sites

Ag toemaar Betsy, as jy by my kom kuier kan jy saam met my tee of koffie op my mat mors!

Dankie vir die oulike storie!

Lekker dag... of dis al nag daar?.... lekker slaap dan....

Annelize

xxxxxxxx

Link to comment
Share on other sites

Jay,

Dankie vir die lekker gesels en die tee. Dis nou jou beurt om vir my te kom kuier.

Michelle V,

Lus vir koekies? Ek ook...het nou net deur my Ma se resepte boek geblaai en op 'n resep afgekom wat ek jare terug by iemand gekry het. Dit is so lekker, dis eintlik sonde. Ek gaan dit nou post op Home and Hearth.

Se my wat jy dink, ok?

Henriette. rossouw,

Ek het jou ge pm. Laat my asb weet.

Die Mulders,

Alles het goed afgeloop, al die mense hier is so wonderlik! Jy sal self sien.

Jy moet mooi loop,

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Ag ou Bets

Vidag is dit ek wat so bietjie bedons is.

Ek is dik vir sommer alles.

Die struggle raak net so bietjie vir 'n rukkie te veel. (plus die ophou rook!!!) My man is nou net oor sy tweede griep en nou het my seun dit!!! Hulle is nie een maklike pasiente nie en ek weet dis my skuld want ek het hulle vir jare bederf.

Die dem TRA ding raak ook nou bietjie afgesaag. Hulle het ons over charge en nou gaan ek dit terug eis (freeken hel ons betaal en betaal en betaal en hou bek vi wat!!!???) en alhoewel my man nou die Trade Certificate het is daar NOG goed om te kry en te doen.

Wee jy dit wil net nie ophou nie.

Any way dis nou maar dit en ek gaan nou choklit koek bak en eet!!!

Lovies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...