Jump to content

net gesels,,weer.


Blossom

Recommended Posts

Hallo Forum,

Ek is net lus vir gesels, hoop daar is iemand wat wil luister/lees.

Dis Sondag aand en die nuus is op tv. Terwyl ek verby loop hoor ek die nuusleser se die malls balls is nou weer gerenovate en reg. Wat.....? Toe sien ek dis twee massiewe blink balle wat erens in Adelaide Mall staan. Baie belangrik blybaar, hoe sal ek nou weet van die malls balls? Enige ding/iets/mens met balls wat ek van weet het pad gegee uit Suid Afrika uit en bly nou hier. ( Sorry, moenie kwaad wees nie, dis nie lelik bedoel nie)

Ek staan en tee maak in die kombuis en Freddie het sy Ipod in my ore gedruk, nou staan en luister ek jongmens musiek. Lekker! Maar die een kry my onder...Rihanna is haar naampie en sy.sing van 'n umbrella. Maar sy se nie umbrella nie, sy se unberella,ella,ella,ella. En sy hou aan en later kan ek dit nie hou nie en ek ella, ella,ella, eh, eh, eh saam. Dis nou terwyl ek tee maak sien, hoor en sien kan vergaan want my ore is vol musiek. En ek jive en sing en toe ek omdraai staan Freddie daar en lag dat die trane rol vir sy Ma. Ek is so verlee en se vir hom mens lag nie vir jou Ma nie jou kinders gaan eendag swart wees. Dis wat my Ouma altyd gese het.

Anyway, Freddie was toe gisteraand by Bob. Ek sal niks daarvan vertel nie want dis sy storie. Wat ek wel wil se is dat ons hom moes soontoe vat. Om presies te wees het ons net mooi 4 x 61 kilos gery gisteraand. Dit was bibberend koud en ver en as Bob nie so mooi verduidelik het nie dan was ons seker nou weer in Johannesburg.

Het vandag wakker geword met die besluit om op 'n dieet te gaan en ewe belangrik green tea met heuning in gedrink, so sleg soos duiwelsdrek maar ek is vasberade. Tot selfs kelp pille en allerhande gesonde goed gaan koop. Die dieet het gehou tot so 3 uur vanmiddag want ek het Freddie se favorite gemaak.....sago poeding...met 'n meringue bolaag op. Sal maar weer more begin, net jammer ek het so 'n groot bak vol gemaak.Ek wonder of die wasgoedlyn dieet waarvan daai vrou so maer geword het, werk? Moet mens die lyn om jou lyf draai of kan jy net vir so 'n uur vir hom kyk? Weet ook nie of ek gaan tyd he vir sulke dinge nie want ek sien Target en KMart het GROOT sales aan. Ek sal MOET gaan loer.Ek het uiteindelik uitgevind waar is Marion Shopping Centre en sien daar is 'n Spotlight ook. Behoede my, of nee, behoede my arme man se sak.

Dis Maandag en dis nag vir my. Die plek is groot en ek het so verdwaal dat ek eers moes gaan sit en rus het, ek het nie geweet waar het ingekom nie en ook nie waar ek die kar geparkeer het nie, my voete is af! Maar dit was alles die moeite werd. Maar wat ek wil se is dat ek vanoggend so haastig was om weg te kom hier dat toe ek gou die vuilgoed sakkie wil gaan uit gooi. toe loop ek sommer reg deur die sif deur, Jy sien net deur trek en as ek in 'n penarie is skree ek gewoonlik soos 'n Hadida. Gelukkig het Freddie die deur weer in sy spoor ingesit.

Om terug te kom na die winkel ondervinding, ek het eers gedink Cheap as chips is 'n regte fish and chips winkel en ek wou nie soontoe gaan nie. Vandag loop ek verby die winkel in die mall en gaan toe daar in.....wat 'n plek, jy weet nie waar om te kyk en wat om te koop nie. Ek het 48 waterverf potlode vir $5 gekry, handdoeke, dikkes, spotgoedkoop en allerhande baie belangrike goed (vir ons ernstige shoppers). Wasgoed pennetjies vir $1, "n mooi mandjie vir $4 en so kan ek aangaan. Dit was net lekker, ek gaan gou weer. Ek het 'n cinnamon pretzel geloop en eet en later 'n stroperige baklava en net om my gewete te sus het ek 'n bottel water gedrink.

Weet julle,ek geniet julle stories net so baie op die forum. Was dit nie vir die gesels nie was ek seker vreeslik eensaam. Dit is verskriklik lekker om met mense soos Nilo, Karen Swanepoel, Bienkie, Dax, Bob en Rocky te praat, ook al die ander. Mens voel regtig soos een groot familie. Jan Stoof is 'n inspirasie met sy stories. Lag en die wereld lag saam........

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

hallo vriendin

Dit is sooooo lekker om jou stories te lees. Ek sit hier en lees en lag en my ogies trek so op skrefies ek kan skaars kyk. Nou weet ek julle daar weet van die over 40 oe ding. As mens kyk moet jy mooi kyk en mooi fokus of .. jou blerrie bril op sit!!

Is te lekker om so bargain shopping te doen ek laaik dit net baie meer as ek 'n maatjie saam het.

Hier by ons het hulle sulke lekker quish, flip weet nie hoe om dit te spel nie, dis soos 'n eier sout tert met spinasie. Van spinasie gepraat, sien to gister by Coles die vrou voor my koop spinasie, nee se die toe dit is nie "spinache" nie dit is "silver beet" van wanner af is spinasie silver beet. Wonner ma net?

Wel ou pel gesels weer. Under my umbella eh eh eh eh!!

Lovies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Ek het nou eers lekker gelag!

Eers vir jou Betsy oor die gesingery en toe die sif deur voorval. Toe lag ek verder vir die Silver Beet! Kan nie wag om in Oz te wees nie!

Is mal oor jou stories Betsy, jy skryf so lekker!

Mens is nooit eensaam op die forum nie, is wonderlik om soveel nuwe vriendinne te he wat my goeie advies gee en partykeer net luister as ek nodig het om te 'rant en rave'.

Lekker dag vir julle,

Michele

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy,

Thanks vir jou gesels. Vandag is een van DAAI dae waar die wêreld sommer kop onderstebo lê - ek het 'n laggie nodig gehad!

Jou stories is so kleurvol!

Groete vir die familie

Annelize

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy,

Thanks vir jou gesels. Vandag is een van DAAI dae waar die wêreld sommer kop onderstebo lê - ek het 'n laggie nodig gehad!

Jou stories is so kleurvol!

Groete vir die familie

Annelize

Annelize,

Hierdie briefie is spesiaal vir jou, net om vir jou te se dat ek bid dat jy beter voel en vandag 'n fantastiese dag gaan he. Dis nie lekker as die lewe druk nie, mens voel sommer net goor. Ek wil nie he enige iemand moet so voel nie......ek wil he almal moet so gelukkig en tevrede wees soos ek. Ek dank die Heer vir alles, vir die mooi dag , vir die reen, vir vriende, familie, vir rerig ALLES! Te hel met depressie man, gaan koop vir jou iets moois. Ek het die mooiste, welriekendste St. Josephs lelies gekoop ten duurste en nie om gegee om te betaal nie. Ek loop verby dit en ruik dit, voel aan dit, bewonder dit...is mal daaroor. Hoe kan ek 'n slegte dag he met al God se wonders om ons?

Sorry, klink ek nou oud en prekerig? :holy:

Lekker dag vir jou Annelize. ek gaan nou vir my raisin toast maak met dik botter op vir brekkie. :lol:

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy,

Ag jy is dierbaar...'n engel...

Thanx, vandag gaan dit sommer stukke beter! Ek het 'n GROOT stuk chocolate ge eet...en nog so 'n helfte van die yskas se contents! ha ha Nou is die saak weer reg!

Vandag is die berge hier om ons so ontesttend mooi, en ek het daarna gekyk en gedink - Wow, God maak darm die mooiste dinge!

Dis maar daai, Ma-wees blues wat mens soms onderkry en die hele ou trekkery na Aussie... dit vat maar aan 'n ou se hart en senerwees. Ek is ook hartseer om my ma alleen hier te los. Maar, ek is ok want ek weet als gaan uitwerk. En depressed wees hou nie lank nie, daarvoor het ek te veel van 'n sense of humour. :D

Dis great dat ons almal met mekaar dinge kan deel en ondersteun. Eintlik amazing. Ons almal gesels lekker sonder enige pretence, ouderdom, sosiale klas...niks sulke belaglikhede nie. Net almal mens.

Groete, ons gesels binnkort weer.

Annelize

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy

Jy laat my darem altyd so lekker lag. Ek kan behoorlik sien hoe loop jy daai sifdeur uit die aarde uit.

Laat ek gou met jule deel hoekom ek so stil was. Oudste dogter moes gaan vir haar bestuurderstoets. Was dit nou vir jou 'n gedoente. Ons het maande gesukkel om vir haar 'n afspraak te kry, maar uiteindelik was dit nou vandag.

Vanaf Maandag vat ek haar vir lesse by die bestuurskool - R100 per les verder. Die kind is so gestress, sy kan nie eers parkeer nie. Die omie se vir haar sy gaan druip want sy observeer nie - observeer beteken draai jou kop af in alle rigtings en ek is seker die taxi het dan lankal bo-oor jou gery. Ewenwel, hier staan ma na haar oudste en kyk, in die wind en weer, en dink aan die dae toe sy nog klein was en begin leer fietsry het, en die knop in die keel raak sommer dik. Sy is nog steeds my "baby".

Ek sien toe dit gaan nie werk nie, die stress is te veel. Gaan stop by die apteek en vra vir "Biral" kalmeerpille. Die apteker se toe hy kan iets op voorskrif gee wat die kinders gewoonlik gebruik as hulle gaan vir die lisensie. Ek se ek ken nie van nie, wat doen dit? Hy se toe nee, dit laat net die hart stadiger klop sodat hulle nie so bewe van die stress nie. Nee dankie, se ek toe, gee maar die Biral. Ek weet dit is 'n natuurlike middel en ek hoef nie te stress my kind se hart gaan staan nie.

In elk geval, ek gee vir haar die pilletjie in. Dinsdag gaan ons weer vir 'n les. Dit gaan bietjie beter. Die vrou van die bestuurskool vat ons in die dorp in en wys die kort roete en die lang roete. Lang roete maak 'n draai in die "koeliedorp" oor die treinspoor. Ma stress, dis net taxis waar jy kyk. Maar ons kom anderkant uit.

Die vrou se sy weet nie of hulle haar gaan vat nie, die flikkerlig is stukkend (Klein bietjie van 'n klip van 'n vragmotor af). Die toeter werk nie. Toets hom later, hy werk. LD stress, wat doen sy as sy moet ry en hy werk nie. LM kom tot ons redding en vervang die liggie, die toeter is toe net 'n los konneksie. Hy wys ons hoe om te kyk na die bande se loopvlak, ag nee, die agterste bande is afgeloop. Ons ry en gaan vervang die bande. LD was die motor en nou het ek sommer 'n nuwe karretjie.

Vanoggend sesuur kom sy by ons kamer in. Het niks geslaap nie en worry. Ma gee 'n pilletjie en se ons sal vroeer gaan. Haar afspraak is 10:00. Sussie (nou matriek) wil saam en ons sit 08:00 af dorp toe. Ons ry eers weer die roetes en maak seker. Nege uur is haar volgende afspraak. Dit gaan goed. Die vroutjie laat 'n swartman van die bestuurskool saam met haar ry sodat sy gewoond kan raak daaraan. Dit gaan goed. Half tien jaag ek haar weer 'n pilletjie in. Tien uur meld ons aan. Daar was 'n fout gemaak en hulle het vir 'n ander dame ook gese 10:00, alhoewel hulle haar afspraak 11:00 gemaak het. Hulle vra of ons sal wag, gelukkig se die vroutjie sy sal wag. Ek slaak 'n sug van verligting want ek dink die stress sal te veel wees.

Ek en sussie wag buite. Dit is koud, koud, KOUD! Ek kyk na die toetsgronde, die toetsbeampte is 'n swarte en my kind stress. Ek lag vir haar en wys alles sal reg wees. Sy doen haar checks, ek hoor die toeter en ek en sussie lag. Dit werk. Sy ry weg en begin haar toets. Ek en sussie bid. Ons het SMS'e gestuur en almal weet sy ry. Ons dra haar op ons gebed. Die eerste parkerings gaan goed. Die parallelparkerings is teenoorgestelde van wat sy geoefen het en ek kyk so van 'n afstand af. Sy begin reverse en ek sien sy draai nie skerp genoeg nie, my hart krimp ineen want ek weet hoe sy gaan voel. Die karretjie staan lank stil, dan ry sy weer uit en doen dit weer. Perfek, en ek sug. Later ry sy na die opdraende. Haar vriendin het hier gedruip, want hulle het teruggerol. Die karretjie staan doodstil, stadig begin sy vorentoe beweeg sonder enige moeite. Ek se vir sussie sy is OK. Na 'n rukkie kom sy verby gery en hulle vat die pad dorp toe. Pa het al twee keer gebel, ons bid vir haar.

Dit voel soos 'n ewigheid, ek weet hulle het die lang roete gevat en in my gedagtes hou ek my kind vas in my arms om haar te beskerm. Ek en sus bid sommer vir almal op die pad ook, sodat hulle nie bo-oor haar moet ry nie. Ons sien die karrtjie aankom en koes maar agter 'n kar in, Wil nie he sy moet nog meer stress as sy ons sien wag nie. Sy klim uit, wys dinge was okay maar sy weet nog nie. Loop saam kantoor toe. En ons wag.

Na 'n ruk hoor ons haar lag en sy kom staan in die deur en se sy is deur. Ons almal is verheug, maar ons moes dit geweet het. Waar is ons vertroue dan, met almal wat haar opgedra het kon dit nie anders nie.

Dit vat 2 ure na haar toets om die oogtoets te doen en te betaal. Ons wag in die kar. Ons stop gou weer by die bestuurskool. Die vrou se hulle het vanoggend 'n vergadering gehad met die stadsraad en die slaagsyfer vir die toetsstasie is slegs 5%. Ek is so trots op my kind, haar eerste keer en sy het geslaag.

Ewenwel, die 2 sussies is nou hier weg om te gaan hare sny. Ma sit en worry, maar weet hulle sal allright wees. Dit is tyd om te "let go". Eerste keer wat sy alleen ry. Sy is nou ge"license".

Groetnis

Rocky

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...