Jump to content

Sommer net nonsense op 22 Junie 2007


Jan Stoof
 Share

Recommended Posts

Betsy ek wil nie jou thunder steel nie want jou storie was tops. Hoes die een.

'n Paar jaar gelede het ek 'n moerse sooibrand. Die dokter sê gaan vir 'n angiogram by die spesialis dame in Pretoria. "no names no packdrill" Ek kom by haar spreek kamer. Sy laat my wag. Eks moerig, ek laat wag, ek wag nie. Uiteindelik kom sy uit. Annaline Krilel sou bly wees om soos sy lyk. Sy loop voor my uit met 'n lae rug rok wat tot by haar, jy weet wat, strek. Ek dag bymyself. Die kat gaan nou aan my vat. Hoe gaan ek myself beheer. Sy sê. "Trek uit boetie en gaan lê" Ek vrek. Sy sê, "jy mag maar jou onderbroek aanhou" Ek kry weer lewe, net totdat sy aan die aan die voetenend kom staan en aan my tone vat en hulle begin streel. Soos ek al gesê het, ek was 'n bok en 'n bok is 'n bliksem. Sy kom so met my bene langs met die strelery. Op daai stadium was my oë styf toegeknyp en ek druk my duime dat hulle wil afbreek vir die pyn. Alles net om nie aan daai twee hande te dink wat stadig met my bene opkruip nie. Toe stop sy. Die volgende oomblik fluister sy in my oor. "Ontspan boetie, ek wil jou bloeddruk neem" Ek kannie maar sy neem my bloeddruk. Toe sy klaar is sê sy. "Trek aan en gaan huis toe. Jy makeer niks. Ek pos die verslag vir jou dokter"

Ek hoor later by my dokter dit is haar modus operandi. Geen perd met hart moeilikheid oorleef daai trippie nie.

Link to comment
Share on other sites

Sjoe!!!! :ilikeit: Ook maar goed my manlief moes nooit daar 'n draai gaan maak nie!

Link to comment
Share on other sites

Hehehehehe.

Haai Jan, daai is blerrie snaaks. Dankie

Groete

Link to comment
Share on other sites

Ha Ha sjame hoe het jy uit gehou? Man van staal!!!

Post nog stories, toeeeee, seblief.

Link to comment
Share on other sites

Ja, o bloedvannerwalt, nou lag ek myself eers kruppel :ilikeit::ilikeit:

Dankie Jan'

Dax

Link to comment
Share on other sites

Jan Stoof

Hoekom so stil ? :whome: Te besig met die nuwe besigheid ? Hoop dit gaan sommer goed daarmee. Ons mis jou lekker geselsies op die forum!

Link to comment
Share on other sites

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

 Share

×
×
  • Create New...