Jump to content

Nog "n bietjie gesels


Blossom

Recommended Posts

Ek sit by die lessenaar en kyk uit oor die see en ek besef skielik....genoeg van die gloom en die doom.

Net voor ons weg is uit die Hills uit ry ons een reenerige Saterdag oggend in Stirling se enigste groot straat. Langs die pad staan daar 'n bordjie met die woorde " Warm roasted chestnuts" op. Klink dit nou nie heerlik nie? Ek het nog nooit in my lewe 'n chestnut geeet nie en ek vra LM om gou te stop sodat ons kan kry. Ons kry koud en dis nat en die oom staan en draai sy orreltjie met die nuts om en om. Ons kry toe so skuins gevoude kardoesie vol van die goed, lekker warm en ons klim daar in. Eers moet jy dit skil of afdop en dan die binnekant eet. Ek maak vir LM een oop en hy sit dit in sy mond, toe is dit my beurt.

GA! GOOR! Ek het in my lewe nog nooit so iets slegs geeet nie, dit proe soos.....ek kan nie beskryf nie. Woorde soos sywurms, skaapderms en rou deeg kom by my op. Ek is jammer as ek iemand te na gekom het hiermee, maar nooit,ooit weer eet ek daai goed nie. Die oom maak 'n lewe uit daai goed uit en daar was tot selfs 'n stuk in die plaaslike koerant van die man met die chestnuts en hoe dit groei op sy plaas. Varkkos man! Ek drink liewer 'n brandy en coke op my nugter pens as daai goed.

Van brandy en coke gepraat. Lank gelede het ek op die spoorweg gewerk en dit was tyd vir ons jaarlikse ghoebaai paartie. Die manne van die spoorweg kon paartie. Jy kon net vir hom skuins kyk dan hardloop hy vir die Kraaines. Daar het 'n nuwe meisie by ons begin werk en sy was nie links nie, sommer goed gekuier. Ek was maar lekker prim en propper en dood bang vir my Pa. As hy net 'n sweempie iets aan my geruik het was dit, hoe se hulle, tickets.

Ons moes trein ry huis toe, dit was 'n hele uur lank van Johannesburg tot in Randfontein, dus het ek vroeg geloop. Die nuwe meisie saam want sy bly ook daai kant toe, maar sy was nie lekker op haar voete nie. Ons kry toe sit plek in die trein, die enigste oop plek reg voor 'n groot, groot fris jong man wat oop mond sit en slaap. Hy sit sommer so wydsbeen en slaap in sy safari pak.

Die meisie het toe 'n groot date vir die aand en sy het nie tyd om klaar te maak nie, sy vra my toe of sy my grimering kan leen. Baie teen my sin leen ek dit maar vir haar. Daai tyd het jy so 'n stiffie gekry,Hide 'n Heal, was dit genoem want dit het al die lelike plekkies op jou vel verbloem, Dit was in so 'n lipstiffie vorm.

Ewenwel, ek gee dit toe vir haar. Sy was effe blas van kleur met donker hare en ek is heelwat ligter van vel.

Sy smeer toe die make up aan, eers 'n streep oor elke wang, toe 'n streep oor die voorkop, toe die neus en twee strepe op die ken. Maar sy gesels so dat sy skoon vergeet om dit in te vryf. Sy grou in haar handsak en haal 'n pakkkie beechies uit, sy offer my een en sy vat die laaste twee. Toe gooi sy die lee pakkie by die trein venster uit.

Soos die gode dit wil he waai die lee pakkie weer terug in die trein in......maar reg tussen die jong man se bene in wat sit en slaap. Soos blits gryp sy die pakkie en met die grypslag word hy wakker.

Mense waar was julle? Hy sien die meisiekind wil gryp waar sy nie moet nie en dan lyk sy nog soos 'n Indiaan met krygsverf aan die gesig ook. Hy gee 'n gil dat al die ander mense opspring en vervaart na hulle bagasie gryp, die kondukteur ruk sy nek in 'n spasma in en ek huil....van bangheid dat ek my gaan natmaak.

Groete,

Betsy

Link to comment
Share on other sites

Ai Betsy!

Hoe lekker lag ek nou ! :ilikeit: Goed om jou weer terug te hê! ;)

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy

Nou wonner ek wat het die ou gedink wil sy doen???

"n Lekker storie vriendin. Moenie worry oor die ADSL of die dialup nie, solank jy by ons is vir 'n chat is dit great!

Lovies

Nilo

NS Die is post nommer 100 bly dis op 'n chat met jou. Nou's ek officially 'n sliver member! Ga nou TV kyk onder 'n kombers, dit vrek koud hier vandag, my tone vries en ek het my sokkies aan!

Link to comment
Share on other sites

Nilo

Nou verstaan ek hoe die verskillende vlakke van membership werk!!! Wou nou die dag vra maar wou nie te "dom" klink nie! Geluk met jou eerste 100! Mag daar vele wees! Ek werk hard aan myne! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...