Jan Stoof Posted June 18, 2007 Report Share Posted June 18, 2007 Sommer net nonsense op 18 Junie 2007Ag nou ja. Sal maar op my knieë staan en om verskoning vra. Die Springhase is nie maar hase nie maar volwaardige Springbokke. Skuus Boys. Julle het verdien om te wen. Eintlik moes die telling 30 teen 19 gewees het, maar ek dink almal sal settle vir die 22 teen 19. Waar kom die Steyn perd vandaan? Daai gelykmaker skepskop was uit die boonste rakke. Toe hy aanlê dag ek, jy is darem nou wragtig windgat ou maat om daai skop te traai. Wragtig en hy maak dit toe. Toemaar ek was netso bly soos julle. Ek was nog blyer toe Phil Kearns, die komentator, sê. “This is not fair. A drop kick shouldn’t count 3 points” Die huigelaar. Hoeveel keer het Larkin nie hulle gatte met ‘n skepskop gered nie. Toe Steyntjie daai tweede een deur klits om te wen, toe sê hy, hy gaan hom beywer om ‘n skepskop minder te laat tel. Geluk julle. Nie dat ek kante geruil het nie, ek is mos nou ‘n Walleby. Hulle was aan die slaap gevang die keer. Maar wag maar, more is nog ‘n dag.Ek het julle mos vertel van my Ford Transit Van wat ek gekoop het. Het hom toe Vrydag gekry sonder dat hy geregistreer was. Toe ek hom vat sê ek vir die verkoopsman, as dit ‘n 2006 model is, wil ek hom nie hê nie.Vanmore bel hy. Hy het vir my goeie nuus en slegte nuus. Ek sê toe ja dit is mos Blou Maandag en dat enige iets moontlik is. Hy sê dat hulle besluit het om my nog ‘n $1000 afslag te gee. Ek sê toe “dit is nice van julle” en die slegte nuus is seker dat dit ‘n 2006 model is? Hy sê toe ja, hoe ek geweet? Ek kon hom toe nie vertel ek seker al 10 nuwe voertuie in my lewe gekoop het en nog altyd was ek êrens gevang. Ek sê toe dat ek ongelukkig is met die toedrag van sake en dat ek hom Vrydag gesê het ek sal nie 2006 model aanvaar nie. Hy vra toe wat sal ek aanvaar om gelukkig te wees? Ek sê toe ons kan by so $5000 afslag begin praat. Ek hoor hoe hy ‘n hartaanval aan die anderkant kry. Hy fluister net dat ek moet maar inkom en kom gesels.Ek het ‘n goeie, puntjies gat, maat gehad met die naam van Okkert. Hy is die enigste ou wat ek ken wat ‘n voertuig terug gegee het aan ‘n garage. Wel ek maak toe ook so van- more. Hulle kom met allerhande storietjies. Dan is dit sus en dan so. Al wat ek sê, ek het mos nou training gehad om so te sê. “I am very sure that you don’t want me to be a unhappy client? I will accept a 2007 model and it will be a win win situation” Hulle kan nie een uithaal nie, so ek is weer daar weg in my Vet 6 stasiewa. Man, hy ry darem lekker. Hulle bied toe aan om die tjek more uit te maak en te pos. Ek sê dit is nie moeite nie, ek sal hom self kom haal.“Moral of the story” Dit is vrek lekker om aan ‘n verkoopsman te sê “Druk daai kar in jou dinges op ou maat”Toe ek vir Annatjie bel om te vertel wat ek gedoen het, was sy baie bekommerd dat ek weer uit gear uit gespring het. Glad nie. Ek het mos nou training gehad om moeilike situasies die hoof te bied. Man dit is ‘n lekker gevoel om daai perd sy asem te hoor intrek en sy gesig agterna te sien. Sal seker na dese sukkel om by die poorte verby te kom.So, ek soek alweer kar en my besigheid gaan nog ‘n rukkie langer vat om op die been te kom. Die blikskottels het seker gehoop ek begin boor en timmer aan die Van oor die naweek. Gelukkig het ek nog nie begin nie. Sou vandag begin het.My geluk hou, sal maar more se LOTTO weer aanvat, mens weet nooit.Staak julle al? Ek hoor my vriende wil die hele land laat stil staan. Dank Vader, ek is weg van daai gemors af. Hier kan jy nog met die manne redeneer. Groete vanaf die krieket wêreldbeker kampioene en een van die dae ook rugby kampioene. Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
bienkie Posted June 18, 2007 Report Share Posted June 18, 2007 Groete vanaf die krieket wêreldbeker kampioene en een van die dae ook rugby kampioene. (Aldus Jan Stoof)Ha Ha!!! Ons praat weer..... Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Nilo Posted June 18, 2007 Report Share Posted June 18, 2007 Jan Stoof jou ou Bliksem! (dis mos nie vloek nie ne?) Well done mate! Ek se nou al vir jare ons Suid Afrikaners staan selde vir ons self op. Hier in Aussie fight hulle vir hulle "consumer rights"en ek stem saam. Nou nie dat mens onredelik moet wees nie maar moet my net nie try in 'n blik druk nie!! Ek is baie bly jy het jou man gestaan en jou punt bewys. Ek is 'n salesman's nightmare!! Moet my nie try botter om die bek smeer nie! Reg is reg! Goed is goed! Dis soos die Kirby salemen! Hulle se hoe sleg jou stofsuier is (haar negative selling) en dat jy sommer enige oomblik in die hospitaal met suurstof ens gaan beland, HA! Dan as jy nie wil byt nie gee hulle jou afslag en afslag en afslag, hulle wil die SALE deurhaak. So sien wees harde g.t jy kry dalk nog 'n bargain!I.S. die Rugby. Daar sit ons toe laat in die nag by Aussie vriende (ken hulle darem al 3 jaar) en kyk die Rugby. Toe sing hulle NKOSI en ek kry hoendervleis! Maar toe sing hulle Australia fair en ek wil wil hoendervleis word. Sal seker maar moet tyd gee is nog net 6 maande hier vs 40 jaar in Nkosi country.Well done bokke het amper op en af gespring maar hou my maar toe in oor die "when in Rome ding"! Die land is goed vir ons.Groete Nilo Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Jan Stoof Posted June 19, 2007 Author Report Share Posted June 19, 2007 Nilo, dankie ou maat. Dit is lanklaas dat iemand my 'n bliksem genoem het. Dit laat my sommer weer my bors uitstoot en die wêreld (lees Ossies) vierkantig in die oge kyk. Ek het maar meek and mild geword in die laaste tyd. Die kringe waarin ek beweeg vloek nie eintlik nie. So nou en dan los ek 'n kragwoord dan herhinner my vrou my dat ek nooit weet wie my verstaan nie. Op my dae was ek ook 'n bok, en jy weet wat sê hulle van 'n bok. Jy maak my dag. Vrou waars daai KWV en Coke? En, ja die land is sovêr goed vir ons. Ons het veel om voor dankbaar te wees.Bienkie, ek was net so bly soos julle toe die springhase weer springbokke word. Ek kan nie meer my trui aankry nie. Maar, onthou jy daai storie van Pieter Pieterse oor die Os genaamd POTBERG. Net soos POTBERG het my trui ook so vanself probeer opstaan daar waar hy oor die bank gehang het toe Steyntjie daai laaste een oorklits. Maar, soos Nilo sê:- As jy in ROME is..... Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Recommended Posts
Join the conversation
You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.