Jump to content

Nuut


Hannie

Recommended Posts

Ek en my man wil ook tog so graag Australie toe gaan, maar dis HECTIC! Roller Coaster Ride!

Ons is al besig vanaf Augustus verlede jaar met al die admin.

Het die cuteste brakkie weggegee vir my ma hulle, ek is nou nog hartseer daaroor, maar weet dit is vir die beste. :angry:

Ons het vir lank gesukkel om ons mind op te maak, oor of ons moet gaan of bly, maar nou weet ons dat ons moet gaan. :angry:

Probeer toe my kwalifikasie akkrediteer, maar is toe nie goedgekeur. :ph34r:

Nou gaan ons maar op my man se kwalifkasie. :ph34r:

Is dit maklik om werk te kry as jy sonder enige kwalifikasies oorgaan? :D

Dankie vir 'n GREAT forum. Julle is die beste!!!!!!!!!!! :thumbdown: Dankie Riekie vir die verwelkoming!

Hannelie

Link to comment
Share on other sites

Welkom by die forum.

Hoop jy kry spoedig antwoorde op jou vrae

Groete

Link to comment
Share on other sites

Hi Hannie

You ask if it is easy to get a job without qualifications, as you do not state what it is that you do, that question is a bit difficult to answer. I suggest you do a search on the following website, and that should give you a good indication of the number of jobs available in your line.

http://www.seek.com.au/

May I also say welcome, hope the road to Aus is strewn with rose petals for you!

Link to comment
Share on other sites

As julle nie 'n kwalifikasie het nie, dan is dit a groot sukkel. Ons het pas 'n jong vriend van ons wat van SA is probeer om te help. Hy het 'n sweis sertifikaat maar dit is nie aanvaar nie en hy moes toe weer huis toe vlieg. Maak seker voor julle kom dat jou man se kwalifikasies hier aanvaar is.

Immigrasie is 'n groot ding - dit kos baie geld en is 'n baie hartseer proses - maar aan die eind van alles kan 'n mens daarem 'n heelwat beter kwalitiet van lewe enjoy.

Good luck

Link to comment
Share on other sites

Hi Hannelie

Ons probeer ook soos julle al van augustus maand af die bal aan die rol sit, maar elke keer moes ons van rigting verander. Op die oomblik doen ons aansoek vir 'n 137 of 136 sal maar sien waar die deur oopgaan, op my man se naam. Ek sit amper in dieselfde situasie as jy - in die sin dat my kwalifikasies (spraakterapie en oudilogie) erken word maar dat ek as oudioloog eers twee jaar voltyds moet gaan studeer om te kan mag werk.

Met een kind wat hoerskool moet begin ens weet ek nie of ek met die hele aanpassingsproses ook nog voltyds sal kan studeer nie. Dalk later ???

Ek hoop maar ek kry 'n werkie om darm nie heeltemal alleen in 'n vreemde stad te sit nie.

Liefde groete

Aniena

Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...
Hi Hannelie

Ons probeer ook soos julle al van augustus maand af die bal aan die rol sit, maar elke keer moes ons van rigting verander. Op die oomblik doen ons aansoek vir 'n 137 of 136 sal maar sien waar die deur oopgaan, op my man se naam. Ek sit amper in dieselfde situasie as jy - in die sin dat my kwalifikasies (spraakterapie en oudilogie) erken word maar dat ek as oudioloog eers twee jaar voltyds moet gaan studeer om te kan mag werk.

Met een kind wat hoerskool moet begin ens weet ek nie of ek met die hele aanpassingsproses ook nog voltyds sal kan studeer nie. Dalk later ???

Ek hoop maar ek kry 'n werkie om darm nie heeltemal alleen in 'n vreemde stad te sit nie.

Liefde groete

Aniena

Hi Aniena,

Ek is bly om te hoor ek is nie die enigste een in hierdie situasie nie.

Ek het radioterapie geswot en het twee jaar werks ondervinding. Ek was baie teleurgesteld om te hoor dat my kwalifikasie nie goedgekeur is nie.

Ek het so waar die engelse toetse geslaag en het gedink dis 'free sailing' van daar af.

R4 700 later vind ek uit my kwalifikasie is nie goed genoeg nie. Ek sal ook 'n oorbrugings kursus moet doen van een jaar, maar ongelukkig moet ek dan weer twee jaar in 5 jaar ondervinding hê en sal dan uit daai kategorie val. So dit lyk nie vir my hierdie radioterapie ding gaan werk nie.

Ek sal dus iets heeltemals anders moet swot (ek weet ek nog nie wat nie)of ek sal 'n werkie moet kry. Gelukkig het ek nog nie kinders nie, maar ek moet een of ander tyd met hulle ook begin! My man het elektroniese ingenieurswese geswot en ek dink ons behoort op sy kwalifikasie te kan gaan. Ek hoop ons sal binne die volgende maand hoor of hy 'n werk het of nie.

Wat doen jou man? Waarheen beplan julle om te gaan? Ons het eers gekyk na Perth, maar het toe eerder gedink aan Brisbane.

Op die oomblik is ek in Secunda en ek het ook nie 'n werk nie, en dit is verskriklik frustrerend. Ek wil net nie daar anderkant gaan sit in dieselfde situasie nie. Ek wil eintlik net probeer uitvind hoe moeilik is dit vir een om enige werk te kry sonder 'n kwalifikasie.

Ons sal op 'n sponsored visa oorgaan op my man se naam, so ten minste sal een van ons werk.

Laat weet my hoe dit met julle proses gaan!

Mooi loop

Link to comment
Share on other sites

Hannie

Welkom by die forum.

Moenie moedloos voel nie, dinge gebeur met 'n doel.

Voor ons hoor is jy ook op pad.

Sterkte met alles! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...