Jump to content

Pretoria: Koffieklub Brekvis, 30 Junie 2007


Fanie Van SA

Recommended Posts

Dagsê Almal.

Daar is 'n klein verandering in die relings vir die 30e Junie!

Weens omstandighede buite my beheer kan ons nie weer dieselfde venue by die Monument gebruik as die vorige keer nie. Nie dat ek sou sê dis nie heeltemal NIE my skuld nie. ('n man moet erken as hy droog gemaak het :huh: )

Met al die stres en my werk wat my so besig gehou het, het ek nagelaat om die venue vas te maak met die Monument se organiseerder. Dus het hulle 'n troue wat plaas gaan vind die agter middag op die selfde perseel en dit gaan dinge deurmekaar krap as ons die oggend daar is. Ek het aanvaar dat daar nie 'n probleem sou wees aangesien ons eintlik net die braai geriewe sou gebruik. Maar toe maak ek 'n foutjie! :(

Nie te min omdat ons Saners ons self so mooi gedra het die vorige keer met die braai het die Monument vir ons Spesiaal 'n ander Venue gereel en ek dink nogal dit is 'n beter roep.

Hulle het vir ons met die Resturant gereel dat hulle ons akommedeer. Ons het nie nodig om ons gasbraaiers en stoelle saam te pickel nie.

Ons gaan lekker brekvis eet teen R35/persoon. Ons betaal dus dan NIE toegang by die hek nie!!!

Die mense moet net by die hek sê hulle kom na die "Pretorianers se Brekvis" toe.

Die Resturant is maklik om te kry, dit is reg voor die trappe van die Monument. Julle kan julle voertuie in die hoof parkeer area parkeer en met die trappe afstap na die Resturant toe. Die R35/pp word dan aan die Resturant betaal die oggend van die brekvis.

Die ossewa rit sal nogsteeds plaasvind vir die wat belang stel. Dit sal ongelukkig ook 'n minimale fooi ekstra wees wat ek more sal hê. (Ek het dit so genoem met die aanvanklike relings)

Mense ek vra nederig verskoning vir die ongerief, maar ek moet sê my harde werk die afgelope maand by die werk was nie vrugteloos nie. Ons het vandag ons Audit van Merseta gehad en ons het geslaag!! Die opleiding sentrum sal darem nou met Merseta ge-akriditeer word! :ilikeit: Dis 'n berg van my skouers af en nou kan my lewe terug keer na normaal toe!

Al wat nou oorbly is dat ek getalle moet deurgee vir die resturant. Ek wil dus vra dat die wat gaan kom, weer op hierdie Post bevestig deur te sê hoeveel per gesin gaan kom. Ek sal dan op die 25e Junie die getalle deurgee vir die Resturant. Moet ook nie vergeet om te meld of jul die ossewa rit wil meemaak nie!

Ek sal more die Spyskaart op die post sit. En die "Anti Bacon tannies" ek sal aan julle ook dink Moenie worry nie!

After all dink ek dit is beter so dan het ons meer tyd om te kuier! Ons hoef nie agterna op te pak en skoon te maak nie. Daar sal ook nogsteeds genoeg wees vir die kinders om te doen. Hulle kan die Monument ook besoek.

Ek het ook van Pippa verneem Etienne Hugo sal ook moontlik daar wees! Sal More meer inligting verskaf.

Groete

Fanie

Link to comment
Share on other sites

  • Replies 69
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

  • Fanie Van SA

    8

  • Wizard

    4

  • TBZ

    4

  • Pippa

    3

Hi Fanie,

Dankie vir al jou reelings :ilikeit: – dit klink baie lekker en ek is baie hartseer :P dat ons nie daar sal kan wees nie. Jy sal sien dat ek die Pretorianers Brekvis ge"pin" het en ek het dit ook onder op die Calender gesit.

Ek glo jy het Etienne se details gekry en dat julle verder sal reel :( . Vir meer inligting kan julle ook kyk na Guess who is coming to town.

Geniet dit :huh: !

Groete, Pippa! X

(PS. Onthou om die tyd te bevestig!)

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie

Dankie vir al jou moeite, moenie worry nie, die restaurant klink vir my goed, R35 is 'n bargain vir ontbyt.

Ons sal daar wees (2 volwassenes en 9mnde oue babatjie).

Sien uit daarna om julle te ontmoet

Frenchy

Link to comment
Share on other sites

Hi,

Ungerers 2 adults wat sal eet en stoele beset en 1 kind wat nooit eet nie en soos 'n wilde ding sal rondhardloop.

Wil graag boek vir ossewa rit

Stuur asseblief watter tyd die afere begin!

Cheers

T

Link to comment
Share on other sites

Thanx Fanie!!

4 x Volwassenes + 1 x kind

en ons wil ossewa ry.

Sien julle die 30ste

Groete

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie,

Ek is bly jy het droog gemaak :ilikeit: Ek is meer 'n restaurant mens as 'n gasbraaier mens :ilikeit:

Ons sal defnitief ook daar wees. Ons is 2 volwassenes en 2 kinders (wat eet, die ander een is nog klein) miskien pickle ek die ouma en oupa ook saam want hulle wil ook later Aus toe kom maar ek sal laat weet.

Nou net met my sussie gepraat...sy en haar boyfriend kom ook. Hulle gaan die einde van die jaar aansoek doen vir PR

Baie baie dankie vir al jou moeite!

Baie groete

Michelle

Edited by Michelle M
Link to comment
Share on other sites

Dagsê Almal,

Ek was vanoggend gou weer by die Monument in net om dood seker te maak ek slip nie weer op nie. :ilikeit:

Die ontbyt sal in die form van 'n bevet ete wees met die normale ontbyd eetgoedjies soos Bacon & eiers met taost en 'n worsie. Daar sal alternatiewelik vir die bacon tannies iets anders wees. :ilikeit:

Die drinkgoed sal appart wees van die R35/pp maar Koffie sal ingesluit wees met moontlik 'n sappie of wat.

Die Ossewa ritte kos R35 per volwassene en R10 per kind. Die Ossewa kan maksimum twintig mense op 'n slag vat maar Alwyn sê hy het 'n tweede wa wat hy sal inspan indien ons meer as twintig is wat wil saamry.

Ek het voorlopig met Alwyn gereel vir 12H00 vir die Ossewa rit. Laat weet asb wie gaan saam ry. Die Kinders moenie hul ketties vergeet nie, daar loop glo leeus rond daar :ilikeit:

Chris van die Resturant het net gevra indien ons later as 14H00 gaan bly dat hy ons adisioneel gaan hef vir kelner en huur fooie. Dit sal blykbaar 'n minimale bedrag wees.

Dan het ek ook vanoggend 'n verrassende oproep van Etienne Hugo uit Sydney ontvang. Hy is in daardie tyd in Pretoria en het aangebied om so bietjie met ons oor Oz te kom gesels en ons meer te vertel van die nuwe verwikkelinge rondom die migrasie wette. Ons gaan probeer om 'n projektor te reel dan kan hy vir ons ook 'n slide show lewer. Indien iemand so 'n projektor in besit het maak asb met my kontak. Etienne sal later 'n post opsit om meer uit te brei oor sy geselsie met ons.

Etienne van my kant af wil ek net weer dankie sê vir jou moeite en dit was lekker om met jou oor so lang afstand te gesels.

Die tyd wat ons beplan is 9H30, dan is dit darem nog nie te laat nie maar ek is seker dit sal dan ook nie te koud wees nie.

Voor ek vergeet, Chris sê hy sal vir ons 'n Spring kasteel kan verskaf teen R100 dus sal daar ook speelplek vir die klein sanertjies wees.

Vir enige navrae kan jul my gerus 'n pm stuur of email my by fanie@picolli.com

Groete

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Hi F,

Sal verseker ook daar wees; Volwassenes X 3 (ekke, suster en swaer!)

Thx.

Jannie

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie,

Dankie vir al die reelings die Bezuidenhout familie sal daar wees, Ma Pa and 2 dogters 5maande, en 22maande so nie seker hulle sal teveel eet nie !

Ons sal seker nie op die wa ry nie, ek dink die twee kleintjies kan dalk 'n keel opsit.

Ek kan 'n projektor reel, die wat aan 'n rekenaar koppel as jy nog nie reggekom het nie.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Dankie Fanie, en AL jou helpers!!

Ons sien baie uit na die ontbyt, maar meestal die kuier, en om almal wat nou dieselfde "immigrasie-taal" praat te ontmoet!!

Boek asb vir 2 volwassenes en 1 kind. Ek dink ons sal die ossewarit 'n "skip" gee. Ons ry elke dag "pothole" paaie, eks seker dit voel dieselfde!!

Groete tot oor 'n paar slapies. :ilikeit:

Stefan & Suzette Jacobs

Rooihuiskraal-Noord

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie!

Dankie vir al jou moeite om so iets te reel vir ons.

Ek en my man sal beslis daar wees! :-)

Groete

Anine

Link to comment
Share on other sites

Hallo Fanie & kie

Die Bührmanns van Ermelo gaan ook daar wees

3 volwassenes en 2 kinders

Die getal kan dalk meer word maar sal jou dan laat weet.

Ons is dankbaar vir die ete :D en nie braai nie, bietjie moeilik

om alles saam te piekel van hieraf. ( :D daar is dan nie plek om

al die shopping te pak nie :ilikeit: )

Sal graag die ossewa rit wil meemaak. Hoe laat moet ons daar wees?

Baie dankie vir die moeite wat jy doen Fanie, ons is bly dat dit voorspoedig gaan

by die werk!

Vriendelike groete

Adél

Edited by Pofmuis
Link to comment
Share on other sites

Hallo Fanie,

Ons is in. 3 Volwassenes 2 kiddies.

Groete

Jan en Renèe

Link to comment
Share on other sites

Fanie

Ons (vd Walt's) sal bywoon. (2x ouers en 2x snuiters)

Cobus

Wrt to your post, we all speak english 'deliciously and for a very long distance'

:ilikeit:

You'll fit in right here.

TJ

Edited by TjaartvdW
Link to comment
Share on other sites

Ons sal daar wees - Die Venters - 3 'Groot' mense en 'n 1 jarige.

Baie dankie

Annelize

Link to comment
Share on other sites

Beste Fanie

Dankie vir die hartlike verwelkoming van lede van die klub. Ons is nuwelinge en sien baie uit daarna om almal te ontmoet. Ontbyt by die restaurant klink lekker, asook die ossewa rit. :ilikeit:

Ons bespreek graag vir 2 volwassenes en 1 kind (9jr).

Groete

Herman, Ilze en Inge

P.S. Hoe laat moet ons daar wees?

Link to comment
Share on other sites

Hi Everyone!

I am looking forward to meet with you in Pretoria on 30 June. I will have a chat about the significant changes to skilled migration that will take place on 1 September, the new Australian Citizenship Act that will come into effect on 1 July and any other matters you want to discuss.

Obviously I would not be able to address personal immigration problems or give legal advice on specific matters at the general forum meeting. I am seeing existing and new clients in CT, Pretoria & Jo'burg before and after the 30th, and I would be happy to consult with you individually if you wish. As I will give legally binding advice during such a consultation, there will be a professional fee for this service. See our webiste to make bookings: http://www.teleo-group.com/immigration/EH%...20Schedule.html

All the best

Etienne

Teleo Group Pty Ltd

An incorporated legal practice specialising in immigration law

Dr Etienne de Villiers Hugo

Legal Practitioner Director

Solicitor: High Court of Australia

MARN: 0004435 MIA: 1057

BLC, LLB, LLD (Pret) Acc. Spec. (Immig)

Tel: +61 (2) 8080.3840

Fax: +61 (2) 8080.3849

www.teleo-group.com

This communication is confidential and may contain legally privileged information. If the recipient of this message is not the intended addressee please notify the sender immediately by email, fax or telephone. Liability limited by a scheme approved under the Professional Standards Legislation.

Link to comment
Share on other sites

Haai Fanie

Ons is 3 en sal bywoon.

Groete

Wim

Dagsê Almal.

Daar is 'n klein verandering in die relings vir die 30e Junie!

Weens omstandighede buite my beheer kan ons nie weer dieselfde venue by die Monument gebruik as die vorige keer nie. Nie dat ek sou sê dis nie heeltemal NIE my skuld nie. ('n man moet erken as hy droog gemaak het :thumbdown: )

Met al die stres en my werk wat my so besig gehou het, het ek nagelaat om die venue vas te maak met die Monument se organiseerder. Dus het hulle 'n troue wat plaas gaan vind die agter middag op die selfde perseel en dit gaan dinge deurmekaar krap as ons die oggend daar is. Ek het aanvaar dat daar nie 'n probleem sou wees aangesien ons eintlik net die braai geriewe sou gebruik. Maar toe maak ek 'n foutjie! :ph34r:

Nie te min omdat ons Saners ons self so mooi gedra het die vorige keer met die braai het die Monument vir ons Spesiaal 'n ander Venue gereel en ek dink nogal dit is 'n beter roep.

Hulle het vir ons met die Resturant gereel dat hulle ons akommedeer. Ons het nie nodig om ons gasbraaiers en stoelle saam te pickel nie.

Ons gaan lekker brekvis eet teen R35/persoon. Ons betaal dus dan NIE toegang by die hek nie!!!

Die mense moet net by die hek sê hulle kom na die "Pretorianers se Brekvis" toe.

Die Resturant is maklik om te kry, dit is reg voor die trappe van die Monument. Julle kan julle voertuie in die hoof parkeer area parkeer en met die trappe afstap na die Resturant toe. Die R35/pp word dan aan die Resturant betaal die oggend van die brekvis.

Die ossewa rit sal nogsteeds plaasvind vir die wat belang stel. Dit sal ongelukkig ook 'n minimale fooi ekstra wees wat ek more sal hê. (Ek het dit so genoem met die aanvanklike relings)

Mense ek vra nederig verskoning vir die ongerief, maar ek moet sê my harde werk die afgelope maand by die werk was nie vrugteloos nie. Ons het vandag ons Audit van Merseta gehad en ons het geslaag!! Die opleiding sentrum sal darem nou met Merseta ge-akriditeer word! :D Dis 'n berg van my skouers af en nou kan my lewe terug keer na normaal toe!

Al wat nou oorbly is dat ek getalle moet deurgee vir die resturant. Ek wil dus vra dat die wat gaan kom, weer op hierdie Post bevestig deur te sê hoeveel per gesin gaan kom. Ek sal dan op die 25e Junie die getalle deurgee vir die Resturant. Moet ook nie vergeet om te meld of jul die ossewa rit wil meemaak nie!

Ek sal more die Spyskaart op die post sit. En die "Anti Bacon tannies" ek sal aan julle ook dink Moenie worry nie!

After all dink ek dit is beter so dan het ons meer tyd om te kuier! Ons hoef nie agterna op te pak en skoon te maak nie. Daar sal ook nogsteeds genoeg wees vir die kinders om te doen. Hulle kan die Monument ook besoek.

Ek het ook van Pippa verneem Etienne Hugo sal ook moontlik daar wees! Sal More meer inligting verskaf.

Groete

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie

Dankie vir al die reelings - ons is so opgewonde ons kan ons lag nie meer hou nie :D .

Ons sal daar wees - 2 volwassenes en 2 kinders

Die kinders sal definitief op die osswa ook wil wees.

Groete tot die 30e!

E

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie

Ons wil graag kom :D Twee volwassenes en 2 tieners. So vier in totaal.

Groete - van huis tot huis

Aniena

Edited by aniena
Link to comment
Share on other sites

I see only Afrikaans speaking people. Where do the english people fit in? If I may ask

Cobus

Hi there Cobus,

English people are most welcome.

Regards

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Hallo daar,

Ons is nuwelinge en sien daarna uit om almal te ontmoet!

Ons kom definitief. Twee volwassenes.

Elaine

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.


×
×
  • Create New...