Jump to content

Madelein: Hallo uit Sydney


Madelein

Recommended Posts

Hallo almal

Ai, dis so lekker om weer oordentlik te kan gesels...

Ons het aangekom in Sydney op 'n 457 visa (ek is 'n Geregistreerde Verpleegkundige), is baie bevoorreg om hier te kan wees. Ons het in Augustus laasjaar ons PR gekry. Ons bly in Blacktown - aan die westekant van Sydney, het baie goed aangepas en beplan geensins om terug te gaan Suid Afrika toe nie. Die lewe is te wonderlik hier en ek is permanent ontslae van my Sondagmiddag stres.

Dankie Dedrei vir die aanpos van die link vir die nuwe forum! Kuier graag saam...

Groetnis

Madelein (mvdknaap)

Link to comment
Share on other sites

Baie welkom Madelein

Bly om te sien jy het ons gejoin! Hierdie gaan nog die begin van groot dinge wees. Ons gaan ook binnekort oz toe en kan nie meer wag nie, dis asof die tyd nou ekstra stadig om gaan.

Link to comment
Share on other sites

Hi daar Madelein!! Lanklaas met jou gesels! Hoe gaan dit met jou snaakse gogga -goedjies in die vistenk? (Kan nie die goedjies se naam onthou nie!) Ek het vanoggend epos van Marinda gekry - sy sê sy het jou & Marius ontmoet. Dit is lekker dat ons almal mekaar so help en later voel ons almal soos familie!

Dedrei, jy sal sien, hoe nader die tyd kom, hoe langer raak die dae, hoe meer geirriteerd raak jy met alles om jou, hoe meer negatief raak jy oor alles in die land en hoe meer emosioneel raak jy. Dit is in hierdie tyd wat mens nie weet WAT om met jouself aan te vang nie! Vasbyt & moenie dat dit jou onderkry nie. My man sê altyd vir my as ek so in my eie pad raak: "klein treetjies". Dan staan ek maar eers weer 'n slag stil en kry my gedagtes in orde. Die laaste paar dae is die swaarste paar dae. Sterkte vir jou!

Link to comment
Share on other sites

Haai Riekie!

Ek het soveel male al by jou huis gery (oppad werk toe by die Hills), wou graag aanklop, maar ek het nie julle motor daar gesien nie. Het julle dit verkoop of het julle getrek? Sal graag weer wil kom kaaskoek eet.

Ons het 'n yabbie gehad - sy naam was Brandjies. Hy leef nie meer nie. Toe ons Aug laasjaar New Zealand toe was, is hy ongelukkig oorlede. Nou het ons maar 2 goudvisse aangeskaf. En 'n kat aangeneem (hy was toe 7 maande oud), te pragtig! Nou kort die pienkvoete net - gaan volgende maand met my IVF behandeling begin, hoop net dis suksesvol op my ouderdom.

Ons het sommer vir Marinda laasnaweek in Singleton gaan haal en haar ontvoer na Toukley. Het daar vir die naweek gekuier. Was verskriklik lekker. Die foto op my profiel is van Norah's Head, naby die vuurtoring geneem. Og, ek het nooit geweet dit lyk so mooi op na Newcastle toe nie! Australie het die mooiste natuur en ek kan nie genoeg daarvan kry nie.

Laat weet van die kaaskoek!

Groetnis

Link to comment
Share on other sites

Dedrei, jy sal sien, hoe nader die tyd kom, hoe langer raak die dae, hoe meer geirriteerd raak jy met alles om jou, hoe meer negatief raak jy oor alles in die land en hoe meer emosioneel raak jy. Dit is in hierdie tyd wat mens nie weet WAT om met jouself aan te vang nie! Vasbyt & moenie dat dit jou onderkry nie. My man sê altyd vir my as ek so in my eie pad raak: "klein treetjies". Dan staan ek maar eers weer 'n slag stil en kry my gedagtes in orde. Die laaste paar dae is die swaarste paar dae. Sterkte vir jou!

Dis nogal waar wat jy sê. Ek en my man kry party dae wat ons nie kan wag om oor te gaan nie, omdat ons miskien 'n slegte dag gehad het of iets het ons irriteer. Dan sê ons net dankie tog ons gaan oor. :P

Voel asof daar nog so baie te doen is en so min tyd. :mellow:

Link to comment
Share on other sites

Madelein, natuurlik is jy welkom om in te loer as jy hier verby ry! Ons garage is aan die agterkant van die huis, so jy sal nie ons karre sien nie.... Ek is gewoonlik hier - dalk nie altyd "respektabel" nie - mag dalk 'n mop en skroplap as mode bykomstighede en 'n vuil streep deur die gesig hê, maar ek is nooit te besig vir 'n kuier en 'n koffie nie. Ons deurklokkie is een van daai druk-jou-duim-amper-dwarsdeur-die-ding-voor-hy- lui effekte, so as jy nie reaksie kry nie, hamer sommer aan die deur - as jy DAN nog nie reaksie kry nie, is jy voor dooiemansdeur.

Ons moet mekaar regtig iewers ontmoet vir 'n ordentlike kaaskoek ook - dit is niks lekker om alleen "sonde" te doen nie, dan loop ek maar verby die vetmaakgoed.....

Baie sterkte vir jou IVF. Ek wil nog met jou daaroor ook gesels - ek het 'n "resep" wat werk. Dit klink nou "weird" maar my skoonsus het jare gesukkel en 'n onsuksesvolle IVF agter die rug gehad toe sy skielik vanself swanger raak na sy al hierdie doepas gebruik het - alles natuurlike goed wat mens by 'n gesondheidswinkel kry. My eie sus het ook die "resep" gebruik en swanger geraak, so of dit werk of dit is net toevallig, maar dit is dalk "worth the try"..... Ons kan daaroor gesels met 'n stuk kaaskoek in die kies.

Vir ons is elke naweek nog steeds 'n ontdekkingsreis na 'n nuwe "destination" - jy kan net in jou kar klim en 'n paar uur in enige rigting ry en jy is in 'n ander wêreld! Ons was nou 'n rukkie terug na Tamworth (het toevallig deur Singleton gery) en mens kan nie glo die klein plekkies wat jy oral oppad kry nie - dit is soos "Gold Reef City" met mense in!! Ek dink dit gaan ons 'n leeftyd vat om alles te sien wat te siene is! Mens kan dit nie beskryf nie, mens moet dit net self beleef!

Hoop om gou van jou te hoor vir daai kaaskoek.....

Link to comment
Share on other sites

Hi Madelein

Net n woord van my.

My seun word in Oktober 18 jaar oud en hy was n IVF baba gebore in die Park Lane Clinic in Johannesburg.

Hy is gebore na 5 jare van hartseer en pyn,miskrame en gebreekte harte.

Na hom het ons nog twee kinders gehad-heeltemal sonder hulp.

Ek weet waar jy vandag is,en ek wonder net of jy deel is van n support groepie?

Beste wense-hey-gaan sien vir Riekie oor daai resep-"nothing to lose" of hoe?Jy kan nie go wat ek alles in my desperaatheid gedoen het nie.Daar was een tegniek waar ek 5 minute land op my kop gestaan het, en ek het my man gek gemaak toe ek eers met die ovulasie termometer begin sukkel.

Dit was so n verligting om "oorteggee" aan die IVF dokters.

Ag jong-dit kom nou sommer alles terug-dis nou baie snaaks.was nie toe snaaks nie.

Liefdegroete aan jou.

Link to comment
Share on other sites

Daar was een tegniek waar ek 5 minute land op my kop gestaan het, en ek het my man gek gemaak toe ek eers met die ovulasie termometer begin sukkel.
Ek gaan nie eers wáág om hiéroor iets te probeer sê nie! :mellow:
Link to comment
Share on other sites

Het een van julle al hierdie boek gelees?

Heart's Desire - A Woman's Longing for a Child (Judith Uyterlinde) ISBN: 1-919930-30-2

(Hendie, dan moet jy maar liewer uit die Ladies Lounge wegbly)! Hoe "copy" mens 'n stukkie van wat iemand geskryf het soos jy hier bo gemaak het? Onthou ek is IT gestremd, jy moet my mooi vertel!

Link to comment
Share on other sites

Rix, al wat jy doen is click op die quote button en dan sit hy " voor jy woorde. Copy en paste dan net iemand se geskryf daar neer en dan click weer quote button. So daar gaan die woord "quote" voor en agter die geskryf staan sodat dit so lyk.

Ander ding, kan ons oor die IVF gaan praat in die Ladies Lounge, my skoonsus sukkel ook verskriklik en nog iemand wat ek ken. Sal graag wil hoor wat se raad jy het.

Link to comment
Share on other sites

Ek het probeer om in te gaan by die Ladies Lounge, maar dit gee my net 'n "error". Enigiets spesifiek wat ek moet doen? Ek is 'n nurse, dus nie baie goed met die rekenaars nie...

Groetnis

Madelein :)

Link to comment
Share on other sites

(Hendie, dan moet jy maar liewer uit die Ladies Lounge wegbly)! Hoe "copy" mens 'n stukkie van wat iemand geskryf het soos jy hier bo gemaak het? Onthou ek is IT gestremd, jy moet my mooi vertel!
Ek het 'n artikeltjie geskryf in die Forum Help oor die magdom knoppies vir plasings. :)
Link to comment
Share on other sites

Madelein, ek het vir Hendie gevra om jou toe te laat in die Ladies Lounge - jy hoort nou binnekort te kan ingaan - probeer sommer. Ons gaan die IVF gesprek daar voortsit..... Sien jou daar!

Link to comment
Share on other sites

  • 3 months later...

Madelein, dis so lekker om te hoor jy waardeer ook Australie. So baie ex-Suid-Afrikaners KLA, dikwels oor goed waaroor ek juis mal is - soos die ongelooflik mooi bloekombome! en om nie op te dres (soos in Pretoria nie)! 'n mens kan hier sommer kaalvoet en met 'n kortbroekie en t-hempie in die supermark in draf en niemand kyk jou snaaks aan nie, ens ens. Dis 'n pragtige land - ons is al amper 9 jaar hier en al die mooi plekke betower my nog steeds.

Ons woon in Heathcote. Kom stap eendag in Heathcote National Park - jy sal dalk niemand sien die hele dag nie - kry Lake Eckersley op die kaart en stap daarheen! Dis een van die mooiste plekke op aarde.

Ek lees nou net in een van die antwoorde - iemand is "IT gestremd", toe se ek vir my man dis nou 'n goeie woord wat my beskryf. Hy meen egter ek's net "IT verskrik".

Link to comment
Share on other sites

Hi Annie,

Van 'n IT gestremde tot 'n IT verskrikte: welkom by ons forum - ek hoop jy gaan nog baie hier rond kuier.

Wil jy nie vir ons 'n foto of twee van Lake Eckersley of sommer net van die mooi area waar jy bly "post" nie? Iewers op die forum is 'n afdeling : Places of Interest en daar is al 'n hele paar fotos - dit is lekker om te sien waar almal bly en hoe hulle stukkie van die aarde lyk!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...