Jump to content

Net gesels


Blossom

Recommended Posts

Hallo Forum,

Ek wil nie kla nie en ek wil nie filosofies raak oor die lewe nie. Ek wil nie moan nie en ek het ook niks negatiefs te se nie. Ek wil net bietjie gesels.

Die lewe is soms so interesant, ek kan nie help om te glimlag nie. Ons is more presies 5 maande hier in Oz. Eers was ons so skugter en bang...so verlore. Maar vandag ry ons met selfvertroue reguit na Bunnings toe en loop reguit na die rakke toe waar ons wil wees.

Nou moet ek eers se dat ek aspris wegbly van Bunnings af want as ek eers daar is kan ek nie uit nie. Moenie my 'n klere boutique gee nie en moenie my 'n tjoklit winkel gee nie, gee net Bunnings vir my!Ek loop en vergaap my aan al die goed onder een dak, en die pryse! Ons verhuis volgende week (soos ek al genoem het) en ek wil die studeer kamer mooi maak. Ek het alreeds ontslae geraak van die ou skool lessenaar wat saam gekom het van Suid Afrika af, sommer alles vir die Salvo's hier onder gegee.

In Bunnings sien ek die mooiste tafels vir net $39.00 elk, net daar koop ek twee. Een vir LM en een vir LS se rekenaars. En toe sien ek een van daai trollies met die twee opblaas wiele wat mens gebruik om bokse en swaar goed mee te dra. Ek begeer al hoe lank so een. $29.00..'n bargain! Toe kry ek sommer drie rolle van 25 meter elk bubblewrap, en twee groot bokse wat ek nodig het vir die inpak.

Ek het net een ding vergeet, ons karretjie. Dis 'n ou klein, klein rooietjie. Skaars genoeg plek vier vier mense. Ek het verslae daar gestaan en gewens ek het vir Bob of Annette met hulle 4x4's gevra om my daar te ontmoet.

LM se toe ek moenie worry nie, hy sal 'n plan maak. HOE, wonder ek. Ons slaan die agterste sitplekke af en skuif die voorstes nog vorentoe, Gelukkig is die tafels opgevou en in plat bokse. LM en LS pas die lang plat bokse toe so skuins in amper tot op die voorste passasiers sitplek, bo op dit kom die trollie met sy wiele buite die karretjie en bo op dit kom die bubblewrap. Pragtig, alles is in en nou gaan ons eers koffie drink binne in Bunnings.

Toe ons uitkom reen dit alweer, nou moet ek, LM en LS inpas. Ek sit voor, dubbel gevou met my hande voor op die dash, lyk of ek vreesbevange vasklou en bang is vir ry. LS le sit agter in 'n klein spasie met sy bene oor sy ore en LM se bene steek hier verby die stuurwiel. Ons lag so dat die kar toewasem en niemand kan bykom om die vensters af te vee nie. Ek rol die venster sukkel sukkel oop en reen papnat.

Ons is genadiglik bult op en veilig by die huis. Die mense wat verby gery het, het wel snaaks na ons gekyk en gelag. Dit moes vreeslik komies gelyk het.

Hierdie gaan 'n besige week wees met die laaste inpakkery en volgende week die tyd sit ons in ons nuwe tuiste. Dan wil ek nie gou weer 'n trekkery beleef nie, hartlik moeg daarvoor.

Die lewe is mooi en dis so maklik om die komies raak te sien. Ek voel goed.

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Guest wilna

Hi Betsy

Ek het dit nou vreeslik geniet om jou storie te lees! :)

Ons klomp wat nog in SA is geniet dit om net van alledaagse dinge daar in Aus te hoor, nie net ernstige goed nie. (Ons het genoeg daarvan hier.)

Dankie Wilna

Edited by wilna
Link to comment
Share on other sites

Drie hoeras vir Betsy :):blush::P

Wens ek was 'n vlieg in daai motor :D

Groete

Pofstert

PS Eers het ek Jan Stoof se stories met 'n seer hart gesoek op die forum ... maar nou moet ek vir twee mense se skryftes soek :) Moenie ophou nie!

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy

Miskien moet julle daardie klein karrejie inruil vir a stasiewa. Dan kan jy sommer baie goed inlei en sommer baie trips Bunnings toe maak.

Groete van 'n "station wagon owner"

Rina

Link to comment
Share on other sites

Drie hoeras vir Betsy :):ilikeit::ilikeit:

Wens ek was 'n vlieg in daai motor :whome:

Groete

Pofstert

PS Eers het ek Jan Stoof se stories met 'n seer hart gesoek op die forum ... maar nou moet ek vir twee mense se skryftes soek :) Moenie ophou nie!

Dagse Pofstert,

Wonder jy nie waar is Jan Stoof nie? :o Ek wonder...hy het lanklaas geskryf. :(

Jan Stoof, ek gaan jou registreer by Koek se soekhoek. :holy:

Betsy. ;)

Link to comment
Share on other sites

Wonderlik Betsy! :D

Ek het nou so gegiggel. Wens ek kon julle trip huis toe gesien het!

ha ha :lol:

Groete,

Michele

Link to comment
Share on other sites

Hi Michele,

Dit was nie 'n mooi gesig nie, glo my. Gelukkig kon niemand my sien uitklim nie.

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy

Ek het lank laas so lekker gelag. Kon julle behoorlik in my gedagtes sien en die mense se reaksies natuurlik ook. Dit is lekker om vry te wees en nie te moet bekommer die kar is nog daar met alles in as jy gou wil gaan koffie drink nie. Ek het glad gisteraand gedroom hulle steel my karretjie en ek bel 10111. Die stem aan die anderkant sê: "Helllooo??" Ek skree my kar is nou net gesteel. Hulle sê, verkeerde polisiestasie, bel 10115. En ek bel, en dit is die polisie in Wellington wat antwoord en sê hulle kan ook nie help nie. Weet nie wie ek moet bel nie. Ek skrik met 'n ruk wakker, doodbenoud en hoogs ontsteld oor ons liewe Suid-Afrika. Dankie tog dit was net 'n droom, sê vir LM vanoggend hoop dit is nie 'n voorteken nie. Ek sal heeltemal uithak. Die stres is nou besig om ons op te vreet.

Plaas asb nog sulke staaltjies vir ons arme mense hierdie kant wat iets nodig het om oor te lag.

Groetnis

Rocky

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsie

Ek is ook 'n Bunnings girl en is my man nie net 'n bietjie bly daaroor nie!!! :unsure: Hier by ons Bunnings is daar 'n Saussage sizzle en hulle is my "favourite"! So elke Bunnings trip koop ons eers brekkie voor ons in gaan en dan loop ons sommer elke ry af, net om te sien.

Doe so voort. Is mal oor jou vertellinge.

lovies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...