Jump to content

Letting go....


die Mulders

Recommended Posts

Ons is aan die einde van ons Olifant - nog net so een boud en 'n stert oor en dan is ons lang gewag oor.

Ek wil die tyd aandraai - die gewag maak my gek! Dis die laaste uitslag van die Engelse toets en dan die finale verdict!....

Maar, dan is daar ook tye wat ek dinge bietjie wil vries....

vandaand het ons nuus gekry dat 'n baie close vriendin uiteinlik swanger is. Hulle het baie lank gesukkel. Klomp trane en gebede later is hulle swanger. Terwyl ek so opgewonde en emosioneel met haar sit en gesels tref dit my soos 'n ton bakstene. Ek gaan haar nie met haar swanger boepie sien nie en ook nie vir die klein engeltjie kan vashou nie. En dit is daardie dinge wat moeilik is om te digest. Jy weet, dit is al hierdie moeilike stappies wat jy moet deur. Dis bittersweet.

Haar is ma is 'n paar jaar terug dood, ek het altyd gedink dat ek vir haar spesiale dinge wil doen as sy swanger is - nie dat ek 'n ma se plek kan inneem nie, maar mens het nodig om special te voel as jy swanger is....

en nou is dit die - letting go....

Want ek weet ook dat mens close kan wees aan mense, maar die weggaan verbreek bietjie daardie band. Sal mens steeds close wees oor 'n paar jare? Wie weet?

Uit ondervinding weet ek reeds dat mense maar aangaan met hulle lewe en jou gou vergeet. Jy is 'n distant memory.... "Oh ja, ons ken ook mense wat Australie toe is..."

Dis dit letting go.....

Dan kom ek op plekke, en sien dinge en weet... dis moontlik die laaste keer.

My dogtertjie het onlangs die kinder DVD van Steve Hofmeyr gekry en elke keer as sy dit kyk wil ek huil.

NOOIT gedink ek sal emosioneel raak as ek hom hoor sing nie - ek is nie eers 'n groot fan van sy musiek nie. Maar dit is daardie familiar stem, daardie stukkie regte Suid Afrika.... sad, but true.....

Die laastes wat mens doen.... want jy weet nie of jy weer die kans gaan kry nie. JA, ek weet mens kan kom kuier. Maar ek is 'n erg emosionele mens en weet, selfs om terug te kom vir 'n kuier gaan met my aanpassery mors. Dit gaan onnodig krap aan my aanpas in Australie... so eintlik, in my kop... is dit die laastes......

En aan my liewe skool vriendin wat pas uitgevind het sy is swanger..... ek kan nie hier wees nie, ek moet nou aan my eie kind dink. Aan ons beste pal wat in Oktober trou, en ek twyfel of ons hier gaan wees.... ons het uitgesien na daardie dag....maar ons kan nie bly nie........

Almal se lewens gaan aan, en as mens gaan moet bly vir al die occasions gaan jy nooit op daai vliegtuig klim nie.

My hart is vanaand seer, moedeloos en tog hoopvol. Daar buite, wag my nuwe lewe vir my. En een dag, gaan ek kyk hoe my pragtige blondekop dogtertjie op haar fietsie in die straat ry daar in Australie - vry, veilig en gelukkig... en ek gaan weet dat dit al die laastes en goodbeyes die moeite werd was.

just let go... and let God

xxxxxx

Link to comment
Share on other sites

Liewe Mulders

EK mis my twee broers ongelooflik baie en dis erg! Ek mis my beste vriend, my tannies, my vriendinne, my vriende en my lewe! Maar ek moet laat gaan...

Toe ons die eerste keer hier aan gekom het, het ons net een afrikaanse CD gehad, en dit was Patricia Lewis. My ma haat Patricia Lewis. Maar twee jaar later het ons elke liewe woord van daai CD geken.

Letting go.. dis ongelooflik moeilik maar dit is die prys van n "beter" lewe...

groete

Fred

Link to comment
Share on other sites

Remeber you always have to let go of something old to make place for something new in your life.....if you hold onto everything old in your life, there won't be place anything new and special. And who knows, you might be missing out on something pretty special :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Lindy-Lee

Well Said. I think all of us, who still have to let go must rember these words.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...