Jump to content

Hello daar!


Flik

Recommended Posts

Dit is nou al amper 3 maande vandat ons besluit het om te immigreer. Ek het nog altyd geweet dat ek nie my kinders (onderskeidelik 3 jaar en 4 maande) die onreg wil aandoen deur hulle hier groot te maak nie. Nadat ons tweede seun gebore is het ons besluit die tyd is reg om die proses aan die gang te sit.

Ons wag nog vir uitslag van manlief se skills assessment as rekenmeester. Ons gebruik nie 'n agent nie aangesien ons aansoek (PR136) heel eenvoudig en sonder enige draadwerk is. Die forum is ook uit die aard 'n ongelooflike groot hulp :ilikeit: .

Ek weet ek wil verseker nie meer in Suid-Afrika bly nie, maar voel met tye redelik vies en hartseer oor die situasie waarin ons onsself bevind. Ons laat 'n dekselse mooi land agter, maar gelukkig sien ek baie uit daarna om Oz ons nuwe tuiste te maak en haar skoonheid te ontdek :blush: .

Link to comment
Share on other sites

Ja, as ek dink oor die situasie waarin ons onsself bevind en wat ons alles moet opgee hier, en dan maak die ministers nog sulke stupid comments oor mense wat immigreer ook, dan maak dit my sommer die hel in.

Australie lyk na 'n wonderlike plek though, so dan dink ek eerder aan hoe baie SARS my gaan mis en smile terwyl ek my 47SK form invul... bleddie goverment :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

so dan dink ek eerder aan hoe baie SARS my gaan mis en smile terwyl ek my 47SK form invul... bleddie goverment :cry:

Link to comment
Share on other sites

Ek weet ek wil verseker nie meer in Suid-Afrika bly nie, maar voel met tye redelik vies en hartseer oor die situasie waarin ons onsself bevind. Ons laat 'n dekselse mooi land agter, maar gelukkig sien ek baie uit daarna om Oz ons nuwe tuiste te maak en haar skoonheid te ontdek :ilikeit: .

Hi Michla, maak jouself reg om deur 'n groot rouproses te gaan. Maar waar jy verloor, win jy weer op 'n ander manier. Australie het baie potensiaal en hier sal jy jou vlerke kan sprei en dinge doen wat jy nie gedink het is moontlik nie.

Edited by ~Sunflower~
Link to comment
Share on other sites

Michia

Ons is in dieselfde bootjie. Ek is ook hartseer as ek dink ek moet SA verlaat, maar as ek dink aan waar ons oor tien jaar gaan wees, dan besef ek ek moet die kans gebruik terwyl ons nog kan. Wat dit miskien erger maak, is die feit dat ek in die Maatskaplike Dienste staan en dat ek daagliks gekonfronteer word deur mense in ons mooie land wat nog buite moet slaap omdat daar net nie huise vir hulle is nie! Of as 'n ma voor my sit en sy het nie kos of klere om haar kinders te gee nie. Ek is net moeg om te moet luister en te besef dat selfs die daaglikse behoeftes nie aan voldoen kan word nie.

Ek stem ook saam dat ons geagte minister wat sê ons moet maar die land verlaat, nie weet waarvan hy praat nie. Die proses van immigrasie is nie vir sissies nie, dit vat BAIE "guts" om dit uiteindelik te besluit en dan te doen. En dit kos ook baie geld - geld wat mens miskien gehoop het om eendag op ons ou dag te kon geniet.

Elk geval, ek wil nie negatief klink nie. Ek is net dankbaar dat daar darem ander moontlikhede is. Wat my finaal laat besluit het om wel die stap te neem is die feit dat ek nie oor tien jaar wil sit en spyt wees dat ek nie die stap geneem het nie.

Sterkte vir jou. Weet tog julle is nie alleen nie. En ja, daar is sekerlik baie soos ons wat ook eers net met die gedagte gespeel het en toe tog later die besluit geneem het.

Link to comment
Share on other sites

Onthou hier in Oz ia al 'n magdom ex Saffers gevestig. Ons het al die paaidjie geloop, en in die proses het on hope kennis en ondervinding opgedoen wat ons maar net te graag met julle sal deel.

Moet nie huiwer om raad te vra nie. :huh:

Groete

Dax

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...