Jump to content

Sommer net nonsense op 21 Mei 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 21 Mei 2007

Vandag sou Adelaide Cup gewees het, maar hulle het dit na April toe verskuif omdat dit gewoontlik reen die tyd van die jaar. Gelukkig. Reen al die heel dag. Niks om oor huis toe te skryf nie, maar darem ietsie.

Is nog moegerig na my blits besoek aan Brisbane. In Suid Afrika het ‘n ou gewoontlik vir weke vooruit beplan en bespreek as jy Kaapstad toe sou vlieg. Hier is dit niks om vanoggend gou 1500km te vlieg en weer die aand terug te wees nie. Gelukkig was my trippie ‘n bietjie langer. ‘n Naweek lank.

Wat kan ek oor Brisbane sê? Nie veel nie. Ek het geland, op ‘n bus geklim en vir omtrent 60km na Santuary Cove toe gery. Ek het die stad net doer vêr gesien. Op pad het ons oor een of ander groot rivier gery. Daar is ‘n brug oor die rivier gebou wat seker êrens in die rekord boeke opgeskryf staan. Jy sien die brug van vêr af uitstaan. Dit is moerse lang en hoë brug. Sal nog eendag sy specs opswot en laat weet.

Ons ry toe op ‘n 4 laan snelweg. Waar Jan Smuts twee lane vol hol tussen Pretoria en Johannesburg. Hol die snelweg 4 lane vol. Wat my opgeval het langs die snelweg, is die mure wat die snelweg van die aanliggende dorpsgebiede skei. Hulle is almal deur kunstenaars, of wie ookal, met natuur tonele bedek. Soos jy verby ry sien jy Koalas in bome sit, voëls op takke ens ens. Dit moes miljoene gekos het om die grys beton mure te verfraai. Al wat ek kan dink is, dat die mure juis aangebring is om die Koalas en ander klein diere vanaf die snelweg te hou. Hier is nie pêre wat oor die snelweg shortcut vat nie, so dit moet net vir die diertjies se onthalwe wees. Eerste wêreld.

Ons sou by die Hyatt Hotel tuis gaan vir die konferensie. In Adelaide is die Hyatt die top Hotel in die stad. Hierdie een is seker die vlagskip van die groep. Want, die hotel is in die Paradys geleë. Gebou in ou Koloniale styl, omring deur twee golfbane en morge se tuine. Hy het sy eie klein lagoon met strande, a la Sun City. Idilies en vrek duur. As ek die Lotto slat, sal ek vir Annatjie soentoe vat vir ‘n ou dag Honeymoon. AAn die een kant is daar ‘n Marina met bote op wat jy net in prentjies sien. Hulle het juis die week ‘n boot skou daar. Daar is bote wat miljoene dollar werd is op die skou. Jy loop kyk nie net sommer na die boot nie, neeee, jy word uit genooi. Hulle bekyk seker eers vooraf jou bankrekening voordat jy ‘n uit nodiging kry. Ek het my pens ekstra vêr uitgestoot sodat daai katte wat die drankies aandra moet dink ek het geld. Puur verniet. Jy word met ‘n Limmo aangery en kom nie daar aangstap nie. Net daar belowe ek myself, as ek die Lotto wen, kom ek daar angestap en stuur haar in haar maai. As sy maar net weet hoeveel geld ek in my pens belê het. En, as ek daai boot koop, sal sy haar pote op my dek sit nie. Gmpg. Met die wegloop slag het ek haar sien ruk en gryp. My verwensing het die kramp seker laat kom.

Wat ook baie interessant is van die rykmans speelplek is, jy kry nie te veel lekker kos nie. Nee, hulle voer jou vrugte en slaaie want hulle wil hê jy moet lank lewe sodat hulle jou weer kan melk. Hulle nooi jou uit om joga saam met die of daai celebrity te geniet. Vertel jou hoe wonderlik dit is om ‘n 10km om die Marina saam met daai marathon atleet te hol ens ens. AAAGGGG.

Die tema van ons Konferensie was dat ‘n ou moet net “ask” dan reën die geld op jou. Wel ek ask nou aanmekaar. Want, laat ek julle vertel, myns insiens. In Queensland werk die mense nie. Ek het honderde bruin gebrande lywe net sien rondlê.

Elke ou sny net gras en jaag met sy boot rond. Die huise is onbetaalbaar duur. Wag maar, een van die dae is ek ook daar.

Ek gaan rus toe vroegerig, so 9 uur, Saterdagaand. Wou die Bulle die Sharks sien opvreet. Skrik toe 1 uur die oggend wakker. Game verby. Die volgende dag stuur ek SMS’e die wêreld vol om die uitslag te hoor. Te vergeefs. Dag toe die Bulle het hulle dinges gesien en die manne is skaam. Sondagaand, by die huis klim ek oppie internet. Sien toe hulle wen toe met een punt in beseringstyd. Verstaan toe hoekom ek niks gehoor het nie. Die manne IS skaam en sal seker nooit weer in Durban gaan vakansie hou nie want hulle sal nie ‘n Sharks ondersteuner in die oë kan kyk nie.

Kan nie wag vir die “Drie Nasies”

O ja, ek begin besigheid bedryf op 1 Julie. Wat? Maklik, ek “ask” net vir geld.

Groete van die krieket wêreld kampioene.

Link to comment
Share on other sites

Hi Jan

Dankie dat jy weer geskryf het. Jammer jy het nie veel van Brisbane gesien nie. Ons wil daar gaan nesskop.

Sal maar gaan kyk waar die baie ryk mense speel. Dit klink mooi daar. Sal nie daar kan bly nie maar net gaan check.

Jy het 'n vreeslike stress volle rugby wedstryd gemis. :ilikeit: My senuwees was op. Maar nou ja ek is trots om te kan sê ek bly in die dorp van die Super 14 wenners. :ilikeit: PRETORIA BLOU BUL LAND. :blush:

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Hi Jan ! jy moet my laat weet of jou "ask for geld" werk want ek "ask" ok maar dit val lyk my op dowe ore. Nou maar weet die mense met die geld dat dis juis wanneer hulle geld het dat hulle niks hoef te doen nie. Na die super 14 word daar maar vreeslik gespot met die sharks wat dit nie gemaak het nie of gedink het hulle het en als binne 'n paar sekondes verloor het. Dit wys jou net nê "never over until the fat lady sings". Ek hoop jy bly wakker vir die bokke "against the Queen's Men !

Link to comment
Share on other sites

Hi,

Dit is interessant om die dinge uit jou oogpunt te beleef, thanks.

Ek dink as hier die Ask-ding werk dan kan ons `n Asker bende begin

Groete

Johan

Link to comment
Share on other sites

Beste Jan,

Ek het geland, op ‘n bus geklim en vir omtrent 60km na Santuary Cove toe gery.

Jy gee my nou sommer hoendervleis oor die lekker skryf van Sanctuary Cove. Dit is waar ons eie Queensland Girl bly en sy het my juis so 'n ruk terug daar rondgery en areas gewys. Dit is sowaar 'n paradys en waarskynlik een van die mooiste en mees ekslusiewe plekke om in Australia te bly :ilikeit: .

Groete, Pippa! X

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...