Jump to content

Vervoer in Australie


Johan Swanepoel

Recommended Posts

Nog `n week staan einde se kant toe.

Ons is nou al 3 weke in Australia, kan julle dit glo. Die tyd gaan baie vinnig hier verby ek kan verstaan dat die tyd hier 8 ure voor Afrika is :-)

Die week se gebeure het begin met `n vrou wat springbok kleure in "back seat driving" het. Net iemand met sulke kwalifikasies sal vir `n busdrywer probeer verduidelik waar om te ry. Kom ek vertel julle meer.

Een middag na werk het ek lanksalig gewag vir die Hills 610 bus. Die 610 bus kom soos `n goeie drywe-oes. Jy wag heel jaar vir dit, maar wanneer dit oestyd is is daar menige goeies om van te kies en te keur. Ongelukkig het ek nie baie goed gekies die spesifieke dag nie.

Die probleem met die spesifieke bus was dat die drywer nie baie skerp was nie. In teen deel die ou was omtrent `n 10 Watt gloeilampie. Ek moes dit besef het toe ek `n volle 12 rondes met die bus se deur moes stoei gelukkig dat ek daai WWF gekyk het toe ek op skool was. Daai bus het nog nooit sulke boerskouerstjies tee gekom nie en hy het sy gat gesien. Wel ek het gaan sit en ons drywer het met `n vaart weggespring.

Nie lank in die rit in nie, hoor ek die stem van `n Indiese dame voor in die bus, "No, no, no. You have toe stop here." So beveel so gedaan. Snaaks die ding het ek gedink. `n Ent verder op die snelweg wou ons drywer toe sommer die verkeerde afrit neem. Gelukkig het ons "back seat driver" hom ernstig aangespreek, "No, no, no you cannot turn off here.". Sy het nou begin omgekrap raak met ons onervare bus drywer. Sy het hom verder nog meer vertel hoe hy nou eintlik sy geel Kanarie-bus moes ry. Ek het die ding gesit en uit redineer en besef dat hy dalk `n appie is en sy hom "leer" waar om te ry, maar oo wee.

Ek was verkeerd nie lank nadat sy hom die Levite gelees het nie was dit haar beurt om van die bus af te klim. Dit is toe dat ek besef die res van ons wat agter bly is aan die man se lot oorgelaat. Gelukkig was my stop nie veel verder nie, ek is seker almal het daardie aand wel veilig by die huis gekom. Hopelik hulle eie huise! Dit was definitief die een geval waar ek dankbaar was vir ons "back seat driver".

In tussen het vroulief ook die stad gesien. Sy het my behoorlik beindruk moet hoe "brand aware" sy is. Sy kon my amper van elke boutique winkel in die stad vertel. Sy het my ook beindruk met hoe ver sy nou eintlik kan loop. Ons het die stad behoorlik plat geloop.

Laat ek julle eers nog `n storie vertel voordat ons gaan slaap. Ek het die week gehoor dat ek volgende week na `n klient toe moet gaan en die beste manier om daar te kom is met die trein. So ek het `n paar lesse gekry by Prof Kruger en toe by Prof van Niekerk in trein ry. Hopelik sal ek die keer my eerste toets met vlieende fandels slaag.

Die probleem met die trein ry is dat ek op `n manier by die stasie moet kom. Vir die eerste deel van die reis het ek op die getroue eeu oue konsep van fietsry besluit.

Ek het vir my goeie vriend ingelig van my plan (in `n gewilde chat program) was sy eerste opmerking dat gaan vrek. Venynig het ek terug gekap en hom gevra of hy bang is dat ek my tong gaan raak ry (Ronde 1 was myne). So paar lyne se gesprek later vra hy my of ek `n dra-rak op my fiets gaan installeer. Nog voordat ek die "Enter" sleutel op my sleutelbord kon klap, tref hy my met die uitklop hou, "of gaan Nadia loop."

Nou ja met daai een sluit ek af.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Hi Johan

Dis so lekker om te lees oor julle ervarings.

Moet asb. nie stop nie :ilikeit:

Pofstert

Link to comment
Share on other sites

Johan, moenie komkommer nie een van die dae is jy al so in die ding in dat wanneer daar 'n nuwe bestuurder in die dorp is jy deel vorm van die back seat driving ! Wag om van jou volgende "trip" te hoor.

Link to comment
Share on other sites

:lol::lol::lol: Ai, ek het nou so lekker gelag!!! Wag tot jou taxi bestuurder vir jou sê hy het nie 'n "clue" waar hy moet ry nie, en jy met die UBD "map" op jou skoot oor die leuning moet aanwysings gee (na 'n plek waar jy self nie so lekker weet waar dit is nie!!) Die ding met 'n bus is dat jy nie alleen gestrand sit as die drywer die pad kwyt raak nie (jy weet, daai ding van gedeelde smart...... ;) ) - as die taxi outjie (wie se Engelse woordeskat uit 3 woorde bestaan) iewers in 'n donker straatjie opeindig is dit net julle tweetjies....... :ilikeit: Gelukkig is ek 'n "excellent" backseat driver, en ons het dit gemaak tot by my bestemming!! :lol::huh::ilikeit: So van die Sydney vervoer gepraat: ons ry een aand laat terug van 'n funksie in die stad (met 'n taxi - ons leer nie....... :ilikeit: ) en die man begin uiltjies knip so elke paar sekondes. "Taxi ride from hell" as jy nou een wil sien!! :o Gelukkig kry ons binnekort ons eie treinstasie hier in die Hills!! :huh:

Vertel nog van jou wedervaringe in die land van Oz! :)

Link to comment
Share on other sites

Wat!?

Riekie ek kan dit amper nie glo nie. Dit is baie rof, klink vir my Taxi's bly dodgy of dit nou van die Hi Ace variant is of nie.

Groete

Johan

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...