Jump to content

Mike Tyson


Blossom

Recommended Posts

Dis Saterdag middag en ek soek werk vir my hande. LM ( liewe man) moes vroeg al by die werk wees vanoggend en le nou en rus. LS het gaan fliek in Mt Barker. Ek sit en speel met my selfoon, kyk na al die fotos wat ek al geneem het. My hart is hoeka al seer want vanoggend vroeg al het ek die movie "Blood Diamonds" gesit en kyk. Hier op die einde het ek die trane nie eers meer gekeer nie...dit maar gelos dat dit oor my wange rol en land waar hulle wil.

Nou sit en kyk ek fotos, 'n uithaler resep vir reenerige, Saterdagmiddag blues. Ewenwel, ek kom toe af op fotos van Mike Tyson, of sommer net Tyson vir kort. My geliefde miniatuur Doberman Pincher. Hy wat my middel seun vir my gebring het, toegevou in 'n 'bersie. My seun het met sy groot hande so sag as wat hy maar kon die klein dingetjie na my toe uit gehou en gese " Ma, kyk wat het ek vir Ma".

So klein soos my hand se palm, ek het nie geweet of ek hom sou kon groot kry nie, hy was so klein, ek was skoon bang vir hom. Maar ek het. Hy het oral saam met my gegaan, winkel toe, badkamer toe en eenkeer selfs in my handsak in Spur. Hy was 'n Dawid met 'n Goliat hart. Ek dink nie hy het geweet hy is klein nie want hy was glad nie bang nie. As hy opgeklim het tot op my skouer, het hy homself tussen my hare ingewoel en daar aan die slaap geraak.

Ek was rerig bang dat ek hom sou seermaak want 'n vriendin het my eenkeer vertel dat haar ma net so 'n klein dingetjie gehad het. Die spesifieke hondjie het blykbaar al in die pad van haar Ma se besem gekom waar sy besig was om die stoep te vee. Die Ma se toe vir die hond ewe rustig en saggies "shoo" en gee hom so ligte stoot met die besem. Die hond het van die (een) trappie afgeval, morsdood. 'n Ander weer vertel haar hondjie het onder die pruimboom gestaan toe die pruim bo op sy kop geval het, ook honde hemel toe. So ek was maar versigtig.

Maar ek het my misgis met Tyson, hy het sy naam gestand gedoen, parmantig en bang vir niks. Klouter op die banke en le ons uit die hoogte uit en aan kyk, knor vir almal en eet net gaar mince en wors. Slaap in die aande diep onder die komberse en weier om uit te kom as ek vir hom se "Gaan piepie buite" As ek hom uiteindelik kry om buite toe te gaan, het hy so swaaigat, swaaigat voor my uitgeloop en elke nou en dan omgekyk en geknor. Hy kon nie koue hanteer nie, hy het behoorlik gestaan en rittel buite in die oggende.

Ek kan boeke vol skryf oor my hond wat soos 'n kind in die huis was. Ek sal eendag vertel van die "Diep in die gemors" storie. Dis nie 'n mooi storie nie en ek wil julle eers beter leer ken voor ek dit uitblaker.

Tyson moes agterbly....en nou het ons net fotos oor. En ons weet gelukkig waar hy is. Blykbaar 'n GROOT plaashond geword wat hoenders en skape rondjaag. Hy is gelukkig en gesond. Dis net ons wat sukkel met die verlange

(Hartseer) groete, :blush:

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

post-1909-1179559255.jpg

post-1909-1179559272.jpg post-1909-1179559297.jpg post-1909-1179559361.jpg post-1909-1179559632.jpg

Edited by Fred
Link to comment
Share on other sites

Betsy, ek laaik jou nie meer nie. Jy krap nou ou wonde oop en die bloed loop. Praat nie eers van die snot en trane waar deur ek nou skryf nie. Myne se naam was "Floksie" 'n Jack Russel. Ai ai, dit gaan nou nog langer vat om die perd te vergeet.

Link to comment
Share on other sites

Betsy, ek laaik jou nie meer nie. Jy krap nou ou wonde oop en die bloed loop. Praat nie eers van die snot en trane waar deur ek nou skryf nie. Myne se naam was "Floksie" 'n Jack Russel. Ai ai, dit gaan nou nog langer vat om die perd te vergeet.

Hallo Jan Stoof,

Toemaar, ek laaik my ok nie, nie as ek so verlang nie. as ek SO is, kry niemand iets met my uitgerig nie.Dis darrem nou nie elke dag dat ek in sak en as is nie, net as dit reen en die huis is donker en die son kruip al vir dae weg en die kar trap vol modder en ek kom per ongeluk op 'n klomp ou fotos af en, en, en,.....

Ai, 'n Jack Russel, mossie maar man. Slim verby en stout, Hy klim selfs berg en kruip weg agter die rotse dat net sy wit en bruin oortjies uitsteek.

Ons het in Glen Vista gebly in Alberton, in 'n huis teen die koppie. Al die huise daar is mos op die koppe gebou, wat 'n stryd om daar in jou garage in te trek. Dis daar waar my wit vw beetle agter uit geloop het, af met die driveway, skuins oor die pad en teen die huis oorkant se kragboks was. En mnr. Tsabalala was gelukkig dat sy kragboks nou juis daar was want anders was my beetle in sy swembad. Hy was nie baie gelukkig nie want hulle was besig met 'n beesslag/braai en toe sit hulle (en die hele straat) sonder krag vir die aand.

Ek dwaal af, ek wil jou vertel van ons Jack russel. sy naam was KOMISO met 'n kappie op die O's. Soos "kom hierso" maar net soos mens dit uitspreek,

Ons het hom by die troeteldier winkel gaan koop, kon hom nie weerstaan nie, moes hom koop, die Saterdag. Ek het hom ook groot gemaak in my hande en hy het voor my bed geslaap in sy huisie wat soos 'n igloo gelyk het. As ek in die aande sy jassie vir hom aangetrek het, dan het hy sommer so lam geword en gaan le. Hy het geweet dis dan slapenstyd.

Een aand le ons in die bed en eet swiets...ons moes dit saggies doen want as Komiso 'n papiertjie hoor ritsel het dan was hy ene ore en sy mond hoeke trek in 'n smile in...mal oor swiets, en dis nie goed vir honde nie.

Daar was nog baie pick a mix in die pakkie oor en ek steek dit onder my boek weg op die bed kassie, sit die lig af en draai om om te slaap. Die volgende more le die kamer besaai met die papiere en al die swiets is opgevreet, behalwe die nougat, dit vreet hy nie.

Ons huis het nie 'n gewone agterplaas gehad nie maar rotse. Dit was deel van die koppie wat hulle net so gelos het, oulik maar dit was om soos in die wildernis te wees. as jy heel bo gestaan het kon jy die hele Glen

shopping centre gesien het. Dis daar waar Komiso vir ons weg gekruip het in die oggende. Hy het goed geweet sy huis mense gaan nou ry en hy moet in die huis in. Ek moes hom inlok met snoepgoed.

Ek het eendag in die kombuis gesit en die hond so bekyk en gedink hoe lief is ek vir die dingetjie. My hart het sommer so oorgeloop van liefde vir hom.

Net so voor Kersfees ry ek en my man winkels toe, nog in die kar toe my selfoon lui. Die vreemde stem vra my of ek die eienaar is van Komiso, hy het my telefoon nommer gekry op die plaatjie aan die kettingkie om my hond se nek. Om 'n seer storie kort te maak, die man wat gebel het, het net onder toe in die selfde straat as ons gebly en hy was per toeval 'n veearts. Iemand het my hond oor sy muur gegooi, morsdood.

Blykbaar het Komiso uit die huis uit gekom en straat af na ons begin soek. Hy het by 'n ander hondjie gekuier en die se eienaar was nie vinde daarvoor nie. Die veearts se bevinding was dat my hond dood geskop was. Nodeloos om te se dat ons troosteloos was en so woedend vir die wreedaard wat dit kon doen aan so 'n pragtige hondjie.

Ek het nou nog sy naamplaatjie wat die veearts afgehaal het.

Sorry, ek wou nie NOG bloed laat loop nie....ek vertel maar net.

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Ag ou Betsy en Jan

Nou huil ek sommer saam met julle. Moes ook al totsiens sê aan van my "kinders", die seer bly maar altyd daar.

Sterkte

Rocky

Link to comment
Share on other sites

Ek het hoeka sondag oor Tobie getjank (poedel) en glo lyk die hond na my so jy moet weet. Ek skype toe my ma sondag en daar sit hy ewe tevrede dit was vir my vreeslik om hom te sien en as ek na hom roep en hy hoor my stem???? Ag nee wat......

Link to comment
Share on other sites

Ai julle dieremense! :ilikeit:

Bly om te hoor dis nie net ek wat al klaar 'n swaar hart begin kry as ek net dink aan totsiens sê vir Oros (Bullterriër) en Bienkie (Jack Russel). Dit sal regtig een van die swaarste dinge wees om te doen. Ons is nou maar eers aan die begin van die proses en die GROOT besluit, so daar is nog baie trane wat wag.......

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...