Jump to content

Een dag op 'n slag


oli4

Recommended Posts

I am Afrikaans so writing in English is still a bit daunting at the moment. As this is also a journal for myself I am going to do it in a language I can best express myself (for now...) in. So English people, please pardon the "exclusiveness" of this post.

 

Wat 'n jaar. Soos baie dinge waarop mens terug kyk, kan ek sê dat dankie tog dis verby en eintlik was dit nie so erg soos wat ek vewag het nie. Nou dat dit verby is in elk geval!

 

Ons het begin 2015 begin gesels oor die moontlikheid om te immigreer. Vele redes. Soos meeste mense maar. As hoërskool onderwyseres het dit my al 'n hele ruk gepla dat die matrieks vir wie ek skool hou - ten spyte van uitstekende uitslae - nie verder kan studeer in 'n rigting wat hulle noodwendig sou wou nie. En met drie klein dogtertjies was dit regtig iets wat my baie gepla het. Wat van wanneer hulle uiteindelik daar uit kom? Ook hou ek skool by 'n Afrikaanse skool en hoor ons gereeld hoe Afrikaanse skole ge"teiken" word. Kon net nie meer indink wat uiteindelik vir my kinders voorlê nie. So dit was rede nommer een. Om vir my kinders 'n toekoms te probeer gee waar jy op meriete êrens kan kom. 

Ek probeer ook my kinders leer om compassionate te wees en om te gee vir ander mense, maar dis moeilik om dit te doen wanneer daar so baie mense by straathoeke 'n bestaan probeer maak. Hulle wil weet hoekom help ek dan nie almal met 'n geldjie of werk ens. nie. Sukkel om dit te verduidelik.

En ek is moeg om elke keer as ons by 'n robot stop vir hule te sê hulle moet nou "paraat" wees. Hoekom moet hulle op 6 eers die woord ken?

Ons hoop ook dat oor 'n paar jaar ons finansieel beter daaraan sal toe wees. In die UK (waar ons 7 jaar gebly het) was onderwysers goed betaal en het ek dieselfde salaris as my man (in IT) verdien. Nodeloos om te sê, dis nie in SA die geval nie!

so in 'n neutedop, die hoofredes vir ons Australiese droom.

 

 

Dis nou meer as 'n jaar later en ek is super opgewonde om te kan sê dat ons hoop om teen die eerste week in Oktober 2016 in Perth aan te kom. Hier volg ons laaste jaar se ups and downs. 

 

Nadat ons besluit het om wel die groot sprong te maak, was die groot besluit: watter land? Nie die UK nie ( been there, done that). Kanada? Te koud baie maande van die jaar. VSA? Nie maklik om in te kom. Mmm, Australië? Goeie opsie, leefstyl lyk lekker. 

Volgende stap? Soos almal was ons bekommerd oor werk en het ons aanvanklik gedink die beste manier om dit te doen is met 'n 457 visum. Gelukkig het ons na baie leeswerk (dankie tog vir moderne tegnologie!) besef dat ek kwalifiseer vir 'n 189. In daai eerste maande het dit soos 'n onmoontlike droom gevoel omdat daar so baie dinge was om af te hand voordat ons die bal aan die rol kan sit. Snaaks hoe halsoorkop mens alles wil aanpak en net huis verkoop en op die eerste beste vliegtuig wil spring nadat jy die besluit gemaak het om te immigreer!

Het by hierdie forum en al wat 'n facebook groep is aangesluit (weereens, dankie tog vir inligtingsera!). En tussen al hierdie groepe het ons antwoorde op al ons baie vrae gekry. 

Eerste dinge eerste, en dis om die skills assessment te doen. As onderwyser moes ek die academic IELTS  doen en 7's en 8's kry vir skills assessment.  Op  6 Junie 2015 het ek dit geskryf en met pure geluk dit gekry. Al my kwalifikasies was in Afrikaans en dit was bietjie van 'n mission om dit alles in Engels te kry. Veral met Unisa (rol oë) was dit 'n daaglikse stryd van maande om net 'n brief by hulle te kry wat sê ek het prakties gedoen. 

Middel Augustus het ek uiteindelik al die papiere weg gestuur vir skills assessment.  Toe 'n laaaaaaang 10 weke (op die ou einde 13 weke) lange wag.  Dankie tog, positiewe assessment.  Anders was dit die einde van die pad. Omdat ek ouer is as 40 moet ek superior Engela hê vir genoeg punte. Besluit om Pearson PTE te doen omdat dit vinniger is om te bespreek en uitslae terug te kry. @$$&@ 3 toetse later en steeds nie superior in Engels nie (sien hoekom skryf ek in Afrikaans?!?). Terug na die drawing board. In die geval IELTS synde dat ek laas die writing net met .5 gemis het. Boek vir 9 Januarie 2016. Skryf en is heel optimisties. Neeeeee!!! Mis weer writing met .5. Boek weer vir 13 Feb en stuur vir hermerk. Uitalae: mis hierdie keer speaking met .5.  Hermerk en boek. Skryf weer IELTS en weer probleem met writing. Hierdie was amptelik vir my persoonlik 'n laagtepunt.

Dankie tog vir 2 hermerke wat positief terug gekom het. Uiteindelik, meer as 'n jaar nadat ons besluit het om te gaan kon ons EOI indien op 20 April 2016. Kry invitation op 27 April. Gelukkig het ons police clearance al in November gedoen toe ons vir skills assessment gewag het (moes myne in Maart oordoen met laaaaang gesukkel omdat my nooiensvan nie op was). Na invite net mediws gehad om te doen en op 16 Mei 2016 toe ek vyfuur wakker word was die grant email daar! O genade, nie woorde om te beskryf wat deur mens se kop gaan nie. Maar oorweldigendste gevoel was eerstens GROOT verligting. Toe ekstase. En sedertdien elke dag dankbaarheid...

 

My raad aan elke een wat hierdie journey aanpak is die volgende: raak eers rustig en maak SEKER watter visum is die regte een vir jou. Doen BAIE BAIE navorsing (dis waarvoor die internet en forums daar is!). Doen aansoek by binnelandse sake vir alles wat jy moontlik mag en nie mag nodig kry nie - terwyl jy in elk geval die rye moet aandurf. (Ons het paspoorte, unabridged geboortesertifikate, unabridged huweliksertifikaat en ID's gedoen. My geboortesertifikaat moes 3x oorgedoen word agv foute. En die unabridged huweliksertifikaat vat ook for ever!!).

Kry alle kwalifikasies wat nie in Engels is nie solank reg. Ook jou punte, nie net sertifikate nie.

Maak terwyl jy wag vir dinge om te gebeur (en daar is baie sulke tye!) solank verwysings van vorige werknemers, kontrakte ens (in Engels) bymekaar. Bly besig daarmee anders gaan die gewag jou mal maak. Ek het ook solank form 80 wat 18 bladsye lank is, DEEGLIK ingevul vir my en my man en dit as basis gebruik vir alle ander vorms (en daar is 'n magdom kere wat jy dieselfde inligting op verskillende plekke moet invul). Ek het ook seker gemaak dat ek 3 verskillende soorte bewyse (payslips, tax certificates, bankstate) vir elke jaar wat ek gesê het ek werksondervinding het, het.

Intussen ook solank alles gescan sodat dit reg is vir wanneer ek invite kry.

Ek is nie 'n agent nie en ek weet nie van die ander visums nie, maar al bogenoemde stappe is wat ek gevolg het. En ons het direkte grant gekry (met ander woorde nie versoeke van case officer gekry vir nog dokumente nie maar direk visum). En ek het allea self gedoen, sonder agent. So dit is moontlik met baie navorsing en lees en hulp van forums.

Ek hoop iets van wat ek hiwr geskryf het help een ander persoon.

Sterkte aan elke een wat besig is met hierdie amazing journey. 

Vra gerus as daar enige vrae is. Net miskien kan ek jou help.

Sterkte

Xx

Lucinda Olivier

  • Like 6
Link to comment
Share on other sites

Wow Lucinda, thank you for sharing your story. Luckily I can still read Afrikaans. Hats off to you for persevering. If I had to do an Afrikaans version of the IELTS, my speaking and writing would not even be at a 4. Hehe

Can so relate to your reasons for wanting to go. I have a teenage daughter who will be going to varsity in the next 2 to 3 years.

Also hear you about the ups and downs.We still have a long road ahead.

Good luck and keep us posted.

Ek sal in Afrikaans probeer antwoord die volgende keur.

  • Like 1
Link to comment
Share on other sites

Whow Lucinda what a journey and motivational story of perseverance, "vasbyt" and "making your own luck". Had to chuckle at your expression of " @$$&@ 3 toetse later en steeds nie superior in Engels". Must admit this foreign language is also not my strong point but hey..... we can only do our best. Best wishes with your journey and enjoy Perth.

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Sterkte met die res van jul beplanning en reëlings tref! Nie meer te lank nie!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...