Jump to content

Vet in die vuur


Blossom

Recommended Posts

My liewe Ma en ek stap pootuit by die agter deur in, gedaan ge-shop. Ek het gaan agter kwart koop en by gestaan toe die slagter die vleis bewerk het en nou terug by die huis is dit die groot weg pak. Die slagter het die vet en die bene alles saam gegee. die vet is sommer 'n hele sak vol en Ma se ek moet dit uitbraai dan het ek mooi spierwit vet vir aartappels bak en wat nog.

Ons bly op 'n kleinhoewe net buite Randfontein met baie bome en struike en toe ons by die hek indraai kom ou Ismail agter 'n boom uitgeskuifel om te kom help dra. Sy ogies is sommer so toe van die lekker slaap in die sonnetjie. Hy loop met die hark in sy hand. My man het al gese hy sweer Ismail het die hark aan sy gewrig vasgemaak sodat hy dit nie verloor nie want ons sien hom nooit sonder die hark nie, Ismail lyk altyd besig.

Dis sy vrou wat ek al van vertel het wat mens se klere aanpas sodra jy uit is. Gloria werk in die huis vir ons. Sy is in die kombuis besig (?) toe ons daar aankom.

Vleis is weg gepak en ek sit die stukkies beesvet in 'n groot kastrol om uit te braai, nes ma se. Die stoof is nog van die outydse soort wat met gas werk en bo op sulke los yster rame het waarop jy die kastrolle sit. Ek sit die gas op medium en ek maak vir ons tee. Ons sit so rukkie en gesels toe Ma se mens moet eintlik melk by die vet gooi dan bly dit mooi wit en word ook nie so hard nie. OK, wat weet ek? Ek staan toe op en loop yskas toe, haal die melk uit en stap stoof toe. Daar gekom gooi ek sonder huiwering die melk by die vet wat besig is om lustig te borrel.

FOUT! Die warm vet en koue melk werk nie lekker saam nie en alles begin borrel en oorkook. Die vet loop oor die kastrol se rand, oor die hele stoof, oor die vloer, oor alles! Die vet blus gelukkig die gasstoof se vlammetjie ook. En ek skree so hard dat Ma, Gloria, Ismail en die hond blaffend instorm. Ek bly maar daar staan, oorbluf, dis Gloria wat uithardloop en 'n emmer en lap gaan haal. Gloria storm op die stoof af, vasberade om die gemors skoon te maak. Maar sy kom net so half pad toe haar voete onder haar uit gly in die vet op die vloer.

Sy slaan neer op haar rug, ek skree vir haar om versigtig te wees, sy staan op en storm weer vorentoe, net om weer neer te slaan. Hau, se sy en probeer opstaan maar teen hierdie tyd is sy besmeer met vet wat besig is om hard te word.

Ek is hulpeloos van die lag, ek kan rerig niks doen nie want Ma lag, Ismail lag en die hond ruik net kos en storm ook in die kombuis in. Nou gly die hond ook rond en Gloria skree voetsek, Hau, voetsek, miesies help!

Later word sy slim en sy bekruip die stoof op haar kniee.

Ma en ek besluit om die hele saak in Gloria se hande oor te laat want dis nou maar net een van daai dinge. As ek vir die pot vet of vir Gloria of die hond kyk wil ek histeries word van die lag. Ek kan rerig nie funksioneer nie.

Heelwat later die dag is die orde herstel, die arme Gloria het haar dood gewerk. Ek het ook geweet more is sy sommer dag af....ek was reg, sy het eers twee dae later terug gekom. Nie dat ek om gegee het nie.

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy,

I love your stories!! Thanks. Don't stop telling them!

SAS

Link to comment
Share on other sites

ROFL!!

Dis n classic!!

Fred

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy

Baie dankie vir jou storie! Ek kon die hele verhaal voor my sien afspeel, so goed is dit vertel! "n Storie uit 'n regte boere kombuis! Knap gedaan, ek het dit baie geniet! Nog 'n skrywer in ons midde- dis jy!!

Groete

Amanda

Link to comment
Share on other sites

Baie mooi storie dankie.

Dit was puik

Groete

Johan

Link to comment
Share on other sites

Pragtig. Bly die mense begin skryf en lees. Ekself, sal weer later bydra

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...