Jump to content

Adelaide


Blossom

Recommended Posts

As jy nog in Johannesburg sit en jou man is alreeds hier en die verlange vreet aan jou, dan doen jy enige iets om net te weet hoe lyk dit hier. Jy bestudeer padkaarte, landkaarte en wereld kaarte. Jy lees die internet elke aand en jy lees en verslind alles oor Adelaide. Ek het.

Toe vind ek google earth. Kry toe Adelaide en zoom in en zoom uit. Ek hou aan vir almal vertel hoe bly is ek oor die klein plekkie waarheen ons gaan, tog te dankbaar oor die verkeer wat soveel minder gaan wees!

Kyk, se ek vir almal wat wil weet, dis net sewe strate op en tien strate af. Dit kan net lekker, platteland agtig wees. Ek het so uit gesien daarna om rustig in die oggende werk toe te ry sonder die vrees vir allerhande goed op vier wiele.

Griet! Wat 'n skok! Mens kan glad nie in Unley indraai van die regterkant af nie, jy moet maar ry tot by die naaste verkeerslig om oor te kom. Adelaide self is 'n groter skok, die een kant is die straat se naam nog Grenfel en op boontoe word dit Curry. Later het iemand verduidelik dat as die pad oor 'n ander pad kruis met 'n King of Queen naam dan verander die straat se naam. Dis maar wat ek gehoor het, ek verstaan dit ook nie.

As ek uitloop by die voordeur gaan my hand sommer vanself na die roete boek toe...eintlik het ons twee, een in die kar en een in die huis, net vir ingeval.

Groete,

betsy.

Link to comment
Share on other sites

Moenie wharrie nie! :ilikeit:

Ek kan jou amper waarborg, oor 'n jaar of twee gaan jy die hele Metro Kaart "in jou kop he."

Maak net 'n punt daarvan en ry baie rond en bekyk die omgewng.

Om 'n voorbeeld te noem, in die winter wanneer alles groen is, is dit heerlik om in die Hills rond te ry. Een van ons gunsteling roetes is die een vanaf Chandlers Hill deur Clarendon, dan Meadows en van daar af, af Goolwa toe. Dis pragtig!

Ons het Ierse bure wat se dat in die winter dink hulle partykeer dat hulle terug is in County Armagh!

So, my punt is, een van die dae klim julle ook in julle kar en ry van Hallet Cove af Lobethal toe oor Greenhill Road sonder om EENKEER na 'n kaart te kyk! :whome:

Groete en mooiloop,

Dax

Jong, Ek hety probeer on 'n foto hieronder van die Hills in die post af te laai, maar iets het skeef geloop.

Sal later weer probeer.

Groete,

Dax

Edited by Dax
Link to comment
Share on other sites

Hallo Betsy. Koop vir jou 'n GPS. Die pryse kom af en glo my dit is 'n bargain op die long run. My girl se naam is Jane, en terwyl sy vir my dink, kyk ek rond vir die ander girls. Dit is nou om hulle nie raak te ry nie sien. Jy verdwaal nooit weer nie en glo my dit is BAIE GOED vir die huwelik. Geen argumente meer in ons kar terwyl ek van A na B ploeter.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...