Jump to content

Sondag verdriet


Blossom

Recommended Posts

Ek onthou die Sondae van laaaank gelede, die kerk se klokke vroeg oggend en die reuk van poeding en vla in die kombuis. Die kos was vroeg al reg vir opskep net na kerk.

Ek onthou die aansit om die tafel met gestyfde servette, damas tafeldoek en blink eetgerei. Die wonderlike geregte alles in opskep bakke op die tafel en voor ons weg val eers die seen vra, my Oupa se sterk hande om myne gevou.

Nou is dit sommer so voor die tv eet en die gesels het ook opgedroog. Die poeding het 'n vinnige stukkie kaaskoek van die winkel geword, die slaai 'n take away van Kentucky. Die dank gebed word maar hier in die hart geprewel.

Almal het bymekaar gekom Sondae, die hele familie en hulle kinders....dit was kuier en lag en gesels to so 5 uur se kant toe, dan is almal huis toe om reg te maak vir die week wat wag.

Sondag aande was die lekkerste want dan was daar die oorskiet poeding en daarna 'n lekker lang bad. Warm in pajamas het ons na die radio geluister of speletjies gespeel tot slapenstyd. Ons kinders was gewoonlik so moeg van die lang dag dat ons sommer dadelik aan die slaap geraak het.

Wat ek eintlik wil se is dat ons krag gisteraand af gegaan het en die tv was doodstil. Hier sit ons toe en dit voel of ons hande afgekap is. Ewe skielik het ons niks om te doen nie

Dit was in die middel van een of ander tv program so teen 6 uur dat die krag afgaan. Eintlik nie al die krag want ons het nog ligte gehad, dit was net die kragpunte. Toe my man gaan kyk buite by die krag boks (?) sien hy net rook trek, die hele boks is vuurwarm en ons skrik ons lam. Net nou brand die huis af!

Gelukkig vir die wonderlike selfone ( Wonder wat sou my Oupa gese het van 'n selfoon?) probeer ons toe iemand uitkry om te kom kyk. Kan jy glo hier is nie een nood elektrisieen wat wil uitkom nie? Sewe oproepe later en die huis agent probeer om iemand aan te beveel, gee ons op.

My man gaan trek toe iets uit of doen iets daar buite in die krag boks sodat die rook kan ophou en daar sit ons. Kan nie tee maak nie, kan nie die mikrogolf gebruik nie, kan nie tv kyk nie.....

En dis hoekom ek nou aan lank gelede se Sondae dink....sonder al die geriewe van vandag. Ek het nie 'n oond vir bak nie en kan nie die tee ketel gebruik nie. Die elektriese kombers was koud gisteraand, liewe seun kan nie tv kyk vandag nie. Moet nou maar wag tot Maandag vir die mense om uit te kom.

Een ding kan ek gelukkig nog doen sonder al die "nice to have's" en dis om te bid, ek het nie 'n kragboks daarvoor nodig nie. 'n Dankgebed want alles is eintlik wonderlik en die lewe is mooi.

Groete,

Betsy.

Sal dit like as iemand my asb 'n goeie elektrisien kan aan beveel in die Stirling/ Bridgewater area. Dankie!

Link to comment
Share on other sites

dankie Betsy,... verlang ek nou ook baie na die ou dae :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Haai ou Betsy. Hoe laat jy my nou verlang na die lekker ou tye. Dit is so waar, ons het nie die geriewe gehad nie, maar kon lekkerder kuier as vandag.

Miskien moet ons maar weer sulke tradisies in ons gesin opbou, sodat ons kinders weer iets het om na terug te verlang.

Sterkte met die krag. Hoop julle kry dit gou uitsorteer. Ons weet ook van kragonderbrekings hier. Die weer is net biejtie swaar dan is ons krag af.

Groetnis

Rocky

Edited by Rocky
Link to comment
Share on other sites

Betsy, ek is een van die nuwer ginerasie se kjinders! Ai, ons het niks daarvan gehad nie...

Maar op Sondae het ons altyd vars witbrood, ons eie slapchips (eintlik crispy as jy dit self maak) en 'n middagslapie gehad! Mmm, nou is ek ouer en ronder... en albei is no-no's! Darn... ek kry die witbrood tande getrek, maar nie die slapchips tande nie... As dit nie was vir Micain se chips nie... was weigh-less maar baie erg... (nie regtig nie... dis net wat ek vir julle vertel)...

Ons tuimeldroer het weer opgepak... in die middel van die reenweek hier in die kaap! Ag nee! R330-00 later en 'n toutjie is vervang... Nee man! Dis roof! Elkgeval, eerste waaraan ek kon dink, is wat nou...? Maar ek het darem ook oorleef!

Sterkte, ek hoop jyt iemand gekry.

Link to comment
Share on other sites

Hi Dedre,

Hoe oorval die lus vir regte winkel russian en chips my nou! Hier is nie 'n russian soos ek hom ken in sig nie.

Maar gister het ek die lekkerste vleispasteitjie geeet hier in Dulwich. Die menu se "Chunkie beef and mushroom meat pie" En dit was. Chunkie, sagte, regte vleis en mushrooms, was dit lekker!

My krag is reg, die hele huis se muurproppe is sommer geinspekteer en alles is ok. Dankie tog...dit was yskoud hier bo in die Hills sonder 'n verwarmer.

Ek het gister iets ontdek wat ek vandag wil beproef op my huis mense. Lamsribbetjie, klaar gaar en bruin gebak wat jy net in die mikrogolf steek vir 'n paar minute. En ek het gaan mieliemeel koop by die Suid Afrikaanse winkeltjie... so vanaand is pap en vleis met 'n lang sous. Mmm.

Groete,

Betsy.

Edited by Betsy
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...