Jump to content

1ste dag by die werk


Johan Swanepoel

Recommended Posts

1 May 2007...

Dit was "D-day" soos die Ingelse sou sê. Ek moes gaan werk en Nadia moes gaan huis soek.

Kom ek vat die storie oor so dag of twee terug. Vir twee dae lank is intensief opgely in die werking van die 620 Hills Bus. Dit is nou die bus wat van Cherrybrook af stad toe en terug loop. Proffersor Kruger het my verduidelik waar om op te klim, wat om vir die drywer te vertel en waar om af te klim, vir soontoe en vir terug kom.

Met my splinternuwe graad in bus ry, stap ek toe nou die Dinsdag oggend parmantig bushalte toe. Daar wag ek 10 minute en toe kom die kanarie geel 620x. Nou die x staan vir X-Press, daai outjie het sy eie baan op die snelweg en dit lyk of die karre parkering soek as die drywer eers die pedaal plat deur die vloer trap.

Die rit soontoe was maklik, na die Syndey Harbour bridge moes ek op die eerste stop af klim en dit doen ek toe sommer ook. So stap ek toe nou na die Zebra-strepe toe om oor die pad te gaan en daar in een van die bushaltes sit `n groot omie. Hy lyk meer soos die tipe wat `n Harley moet ry, dit is nou as `n Harley sterk genoeg is om sy lyf te dra. Ek weet nie of hy een van die "druggie"-tipes is nie, maar die ou het vanoggend sy bier vir ontbyt sit en drink in die bushalte. Elke nou en dan, dan vertel hy vir die mense om hom "iets", ek weet nie watse iets nie want die woorde wat daar uit kom is ge-encrypt of iets. Dit maak glad nie sin nie.

Waar was ek... O ja, die res van die stap was vinnig, baie vinnig (die natuur was besig om te roep). Net so kort blok verder toe is ek by die nuwe werk. Daar ingestap net "Howzit"-gesê en was geskok om van die ander kant af `n swaar Ossie aksent te hoor met "You must be from South Africa, mate". Nou ja wie sou kon raai, as jy "Howzit" terwyl jy nie krieket speel nie, dan is jy `n S'Aner.

In elk geval. Die werk is ge-organise. Alles wat ek nodig het om produktief te raak was op my lessenaar, alles behalwe `n botteltjie instant slaap. Hulle het my aan almal voorgestel en ek was bly om `n paar eg Afrikaanse name te hoor, Gerhard en Pieter. Ook om vir Mandy te ontmoet. Nice ne?

`n Rukkkie later bel Nadia my, sy het gaan huise kyk. Die plekke wat sy gesien het was baie nice. Sy was baie opgewonde oor hulle. So later die aand sou ons die huur vorms moes invul. Daai huur vorms is `n ander storie. Die agente soek meer inligting as die imigrasie kantore! Nou eers terug by my bus rys terug huis toe.

Uiteindelik was dit tyd om huis toe te gaan. Ek het so 6-uur uit die gebou gestap. Daar staan ek toe in die middel van die stad in die donker en eweskielik is ek effens bang. Mens kan mos nie in Jo'burg in donkerte rond loop nie. Toe onthou ek dat die Sydney is en gee een groot sug van verligting. Ek het bushalte toe gestap, my selfoon af gesit (die battery was na dood) en wonder bo wonder weer die regte bus gevang. Sommer vinnig was ons weer in Cherrybrook.

Daar was net een probleem ek kon nie mooi uitmaak waar presies ons is in die donker nie. Plus ek het nie geluister vir Prof. Kruger nie, en het versuim om vir die busdrywer te vra hy moet my op die hoek van Hancook en Purchase aflaai. Om `n lang storie effens korter te maak. Toe ons in Purchase kom en die bus trek sy tweede stop, toe vlieg ek sommer saam daai ABS by die deur uit. Nou-nou ry die ou mos nou verby.

Wat ek nie besef het nie is dat ek heeltemal te vroeg afgeklim het. :holy:

Daar try ek vir Nadia bel en al wat ek kan uitkry voor die foon dooi is: "ek is op die hoek van Purchase en...". So nou moes ek in die stik donker die ekstra 25km (probably eintlik 800m) stap om by die huis te kom. So ek kyk toe maar die padkard boek net om seker te maak ek verdwaal nie en beginne stap. Wat nogal gerustellend was is dat daar ou tannies :ph34r: nog alleen daai tyd van die aand (in die somer is dit nog skerp lig) rond stap. So in elk geval, daar draf ek toe soos Bruce Fordyce, ge-Collar en ge-Tie soos Perry Mason en so onfiks soos Jimmy Abbot. Sodat ek vinnig by die huis kan kom anderster sal my vrou my dalk met `n koekroller bydamp van kommer.

So in die donker strate sien ek toe `n kar wat bekend lyk, die "search party" is hier! Ongelukkig het die "Search party" my glad nie gesien nie. Twee keer nie! Op die ou end het ek by huis aangekom met `n wagtende en hoogs verligte vrou.

Soos die Ingelse sê, "All in a days work" :)

Groete

Johan

Link to comment
Share on other sites

Ag Shame Johan, toemaar dit sal nog alles regkom. Dit word gou donker, selfs met daylight saving. Hope julle kry jylle "own place soon" :ilikeit:

Edited by chester
Link to comment
Share on other sites

Is bly jy het darem die 1ste werks dag oorleef ;)

Hou asb. aan om te vertel hoe julle dit daar ondervind, het die posts baie geniet :)

Sterkte. :ilikeit:

Groete

Melanie

Link to comment
Share on other sites

Ek was nou die dag ook mos in Sydney en Melbourne. Ek kan getuig daai perde move met 'n krag. Wat interssant is, is dat ons assuransie hier in Adelaide duurder as daai twee stede sin is. Ek verneem toe hoekom? Julle is swakker bestuurders seg die assuransie perd. Ek grynslag toe en sê toe vir hom dat ek hom wil RSA toe vat. Hy vrek binne 'n dag. Ons het hier ook 'n "O bahn" (ek dink dus hoe hulle hom spel) Dit is 'n uitgrawing wat omtrent van die middestad af na die Oostelike voorstede toe loop. Die bus hol in 'n baan en die busbestuuder sit net voet in die hoek. Move ook glo met 'n spoed. Het nog nie self met hom gery nie. Ons hier in die Noordelike voorstede het 'n treindiens wat eksie perfeksie werk.

Link to comment
Share on other sites

Hi Johan!

Knap gedaan kerel!! Het jou post gate uitgeniet! Met so goeie humorsin gat julle ver kom. Hou ons asb op hoogte!

Groete van huis tot huis

Tania

N.S. Sien jul binnekort in Sydney, ek maak solank my potlodE skerp vir al die notas wat ek by julle sal kan afskryf!

Link to comment
Share on other sites

Hi,

thanks vir die replies.

Vir die wat nog moet kom. Ek dink julle gaan aangenaam veras wees met Australie. Sal later bietjie praat oor hoe Australie vergelyk met ons verwagtinge.

Jan Stoof... Jou stories was so inspirerend dat dit my toe sommer ook aan die skryf kry :-) Ek kan nie glo die mense in Adelaide kan erger dryf nie. Die sirkels hier maak my bang

Groete

Edited by Johan Swanepoel
Link to comment
Share on other sites

Johan dit is 'n plesier om ander mense ook die pen te sien opvat. Ek dink dit is een van ons modernes se probleem, penne skryf moeilik, tik is makliker.

Verder is dit nie "sirkels nie mate" dit is roundabouts. Ook is dit nie robotte nie maar "traffici lights" My kinders het my gou reggehelp en gesê "pa moet van die ou dinge vergeet en nuwe gewoontes aanleer" Ek het. Ek geniet nou wyn ipv brandewyn suip. Ek vloek nie meer nie en gaan selfs vir twee weke 'n predikant se huis oppas. Ek cheer ook nou vir Rickey en kie. Welkom in die land van die Osse. O ja jy sal ook agterkom. Hier vreet ons hoender en voer die bees en skaap China toe.

Link to comment
Share on other sites

Guest Bronwyn

Lekker gelag, Johan en Jan. :blush::lol::P

I am very afraid of one particular roundabout here in Adelaide, on Kensington Road. Julle!!! It is a nightmare. 2 x lanes from 5 different sides, ie. 10 streams of cars entering plus a demon bus lane. So:- 11 lanes entering a roundabout only about as big as Brooklyn Circle. Give way to the right. Put voet in the hoek or die on the spot. If you don't believe me, ask Pippa.

I think it's madness, like they all enjoy the adrenalin rush each morning. It's all done at no less than 60km/h.

So I decided to catch the bus, but also had a few days waiting in the rain, and unable to see out the bus window to see where we were. I also have a 4-block walk from the bus stop to my house (In the dark and sometimes rain).

So I gave up on the bus and now brave the Kensington Rd death roundabout twice a day...I prefer 100 taxis on Lynnwood road to be honest.

:(:ilikeit::ph34r:

Link to comment
Share on other sites

Dit klink hectic daai "Killer-Roundabout", ons sal dit nog seker nog gewoond raak. Dit is amazing hoe dit werk.

Een stroom ry en as daar die kleinste gapingtjie is dan begin die ander ouens dan moet die res weer wag. Die nice ding is dat die verkeer op een of ander manier vloei.

Maar, Jan jy is reg. Die mense kyk my snaaks aan as ek "Filter"-koffie soek. Volgende keer gaan ek vra vir Moerkoffie net om te sien wat die waiter doen :lol: . Dan is daar nog goed om af te leer soos Tekkies, Bakkie... kan nou nie aan die res dink. Dit is vir my algemene spreektaal selfs in Engels. Hier ken hulle dit nie.

Groete

Johan

Link to comment
Share on other sites

Lekker gelag, Johan en Jan. :D:lol::P

I am very afraid of one particular roundabout here in Adelaide, on Kensington Road. Julle!!! It is a nightmare. 2 x lanes from 5 different sides, ie. 10 streams of cars entering plus a demon bus lane. So:- 11 lanes entering a roundabout only about as big as Brooklyn Circle. Give way to the right. Put voet in the hoek or die on the spot. If you don't believe me, ask Pippa.

I think it's madness, like they all enjoy the adrenalin rush each morning. It's all done at no less than 60km/h.

So I decided to catch the bus, but also had a few days waiting in the rain, and unable to see out the bus window to see where we were. I also have a 4-block walk from the bus stop to my house (In the dark and sometimes rain).

So I gave up on the bus and now brave the Kensington Rd death roundabout twice a day...I prefer 100 taxis on Lynnwood road to be honest.

:blink::lol::P

Bronwyn, is dit die sirkel wat in Fullerton indraai uit Adelaide uit? As dit is...ek het hom een keer gery saam met my man om my seun op te tel by die werk. Nooit weer nie, ek het net oe toe geknyp en eers weer oop gemaak toe alles verby was. :lol: Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Hi almal,

Soos ek wat die eerste keer in Subway kom en 'n broodjie wil bestel. Alles loop goed af met my man en seun en toe dit my beurt is vra die meisie agter die toonbank wat ek alles wil ophe. Sy loer so onder haar kepsie se rand uit en vra vir my "Cheise?' Ek se "pardon". Sy se half ongeduldig "Cheise!" Ek se "Freddie, Help!"

Freddie se " dis kaas Ma" Ok, "yes please, cheddar"

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Ja Betsy,

Die cheddar is ook mos bleek, nie geel soos in SA nie. Immagine my suprise toe ek vra vir cheddar en hulle gooi die bleek goed op. Leer toe later eers die donker kaas noem hulle "Old English".

Link to comment
Share on other sites

Ja Betsy,

Die cheddar is ook mos bleek, nie geel soos in SA nie. Immagine my suprise toe ek vra vir cheddar en hulle gooi die bleek goed op. Leer toe later eers die donker kaas noem hulle "Old English".

:lol: hie hie

Link to comment
Share on other sites

. . .

Die cheddar is ook mos bleek, nie geel soos in SA nie.

. . .

I have been in OZ for a very long time - so long, that if Bob landed with Captain Cook, I arrived with Dirk Hartog.

Now I don't remember noticing any difference with cheese when we first got here. Yet when my wife and I were recently back in SA, one of the things we both noticed was the luminous yellow cheese. I can only think that years ago the stuff was that colour in OZ too, and gradually faded over time (perhaps it is the daylight saving that did it - all that extra sunshine), or else the colour gradually sneaked up on you guys still in SA.

Seriously, I was worried about eating that stuff in SA. What do they put in it? Uranium oxide maybe?

It is all a matter of what you are used to.

Edited by woodag
Link to comment
Share on other sites

Bronwyn, that roundabout is called the Britannia roundabout (because the Britannia hotel is on one of the many corners). I brave it twice a day as well - practise makes perfect! I have to admit, sometimes I just put "voet in die hoek", close my eyes and hope for the best ... :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Sjoe, en hier dink ek Adelaide is so stil en rustige dorpie met niks verkeer nie! Miskien moet ek weer dink voor ons besluit?!?! Toemaar, ek dink met die gestoei van die taxis elke dag sal enige sirkel oorkombaar wees.

Sterkte aan julle!

Groetnis

Rocky

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...