Jump to content

Liesl: Wil verhuis na Westelike Australie


Liesl

Recommended Posts

Alhoewel ek glad nie 'n boffin op die internet is nie het ek ook begin rondsoek en moet se ek was baie bly om op hierdie blad af te kom. Ons wil graag teen die einde van die jaar verhuis en is regte rookies want ons weet nie juis hoe verder nie.

My man was nog die meeste van die jare die broodwinner (eers polisie en die afgelope 8 jaar sekuriteit). Ons het sedert die begin van die jaar vir twee poste aansoek gedoen sonder enige sukses. Ongelukkig is misdaad nou nie juis 'n groot probleem soos hier nie en werk lyk vir ons maar skaars, plus my man is al 43.

Ek wil nou met my ambag probeer oorkom. Ek het in 2000 haarkappery gaan studeer aangesien hier geen haarsalon of ander werk vir my was nie.

Ek wil net se dat ek reeds baie welkom by julle voel. Baie dankie aan Riekie vir die welkom heet en aan al die ander met al die nuttige inligting.

Ek voel reeds bietjie slimmer.

Groete

Liesl

Link to comment
Share on other sites

Hallo Liesl

Baie welkom hier en ek hoop julle kom sommer gou reg.

Julle kan ook kyk op die volgende link: http://www.stepforward.wa.gov.au/index.php

Ek weet nie of hulle 457 visa's gee nie, maar hy kan altyd die mense bombardeer met vrae. Hulle is baie vriendelik en kon my help met inligting vir vriende van ons wat oorkom (op 136 visa).

Groetnis

Madelein

Link to comment
Share on other sites

Hi Liesl

Baie welkom hier op die forum ,ek hoop mense kan jou gou help om hierheen te kom.Ek het sommer gou vir jou gaan kyk op :http://www.immi.gov.au/asri/occupations/h/hairdresser-4931-11.htm

vir haarkapper vir wes australia moet jy eers registreer om n haarkapper hier te word ,check op hierdie website : http://www.hrb.org.au/content.php?page=28

Ek sal nog bietjie rondkrap en kyk wat kan ek vir jou kry

groete ,christelle

Link to comment
Share on other sites

Hi Liesl,

Don't limit yourself to Western Australia only. There are lots of opportunities throughout Aus for Policeman as well as hairdressers.

Each state in Aus have their own Police Force. Here are a couple of websites for the police forces - Western Australia, New South Wales, South Australia, Victoria. This is the careerone job website for police.

You can also use www.careerone.com.au and www.mycareer.com.au to find suitable hairdressing jobs or look to purchase a salon.

SAS

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...