Jump to content

Massyn: Dagsê!


Massyn

Recommended Posts

Hallo julle,

Ek het nou al 'n paar posts gedoen, maar myself nog nie regtig voorgestel aan die algemen gehoor nie. Dit was regtig gaaf om vir Riekie en haar familie vanaand te ontmoet. :) Ons is nou al die afgelope 5 jaar in Auz, en ons geniet Auz vreeslik baie. Ek wou nog altyd graag iets vir ons Afrikaanse gemeenskap gedoen het, en hierdie forum, tesame met die Afrikaans in Sydney potgooi, is 'n baie goeie manier om ons Suid Afrikaanse Auzzies met mekaar te kan verbind.

So 6 maande terug het ons begin met 'n Afrikaanse nuusbrief vir die outjies wat in Sydney woonagtig is. Ek wonder nog hoe om die ding te hanteer, want hierdie forums lyk na 'n baie goeie plek om die nuusbrief dalk te integreer. Die enigste ding wat my net half bekommerd maak, is dat enige nuus wat ons graag sou wil publiseer dalk verlore sal raak. Is hier dalk 'n plekkie waar ons net nuus kan in druk, en dinge wat gebeur? Dalk moet ek net 'n bietjie beter verduidelik. Ek is net bekommered dat iemand dalk 'n nuus brokkie kan in sit, en dan word die forum dalk gelaai met 'n klomp ander boodskappe, wat die nuus brokkie dalk sal wegsteek onder 'n hoop ander nuus.. Nou ja, ek is seker Riekie het 'n antwoord hier op!!

Nou toe ons die nuusbrief begin het, het ek 'n paar vriende ge-email, hulle het weer vir hulle vriende gemail, en kort voor lank het baie van die lot in Sydney die email gesien. Ongelukkig het nie almal ingeteken op die nuusbrief nie... Nou ja, ek hou van die forums, want dit laat almal nou toe om hulle opinie en menings oor die onderwerpe te lig, en ook om mekaar dan so beter te leer ken.

Ons is nou al meer as 2 jaar in Kellyville, en ons hou baie van die area. :( Nou ja, ek kan seker nog baie insit hier, maar my bed roep nou... Ons het more 'n groot braai aan...

Groetnis!

Phil

Link to comment
Share on other sites

Ons het net so lekker gekuier - baie dankie! Ook vir die koffie, die melktert...... ;)

Ek sou dink die beste plekke sou wees: "Events" & "Communities", maar Hendie sou in jou geval dalk 'n beter voorstel kon maak omdat daar 'n nuusbrief betrokke is. (Of wou jy net die gebeure self iewers plaas??...) Dalkmoet jy Hendie PM en eerder sy raad vra - hy is die "boffin" hier rond.... :ilikeit:

Dalk moet klomp van ons Hillies bietjie 'n slag bymekaar kom vir 'n ORDENTLIKE braai!

Link to comment
Share on other sites

Baie Welkom!!!

Ek dink die nuus briewe moet ons miskien net "pin" sodat dit bo-aan die forum bly en nie verdwyn nie. So either ek of Riekie of iemand kan dit vir jou doen as jy een geplaas het.

Link to comment
Share on other sites

Hi en welkom Massyn!

Ek nounet een van jou potgooie geluister na aanleiding van een van jou ander "posts" - klink baie gaaf en lyk my daar is nog baie om te luister! Die meduim lyk vir my nogals gewild en aan die uitbrei?

Cheers

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...