Jump to content

Iets om voornemende Saffers jaloers te maak.


Blossom
 Share

Recommended Posts

Vanoggend toe ek wakker word is dit met 'n senuwee kol op die maag. Ek moet stad toe en dit in die reen. Hoe nou..die mense bestuur mos of die Grim Reaper op hulle sterte sit as dit reen. Dis met my eerste koppie koffie dat ek regop sit...Ek is mos nie meer daar nie, ek is nou hier! Ek hoef nie te worry oor die taxis sonder brieke nie of die mense wat met hulle vuiste en vinger goeters vir my wys wat ek tog nie verstaan nie.

Alles lyk sommer beter en dis met 'n ligte gemoed dat ek en my seun hier weg trek. Dit welkome reentjie waarvoor ons so lank gewag het is besig om die wereld skoon te was.

Op pad is ek verstom...almal ry versigtig en hou by die spoed grens. Niemand jaag nie en net voor die tonnel is daar 'n helder verligte waarskuwings teken om stadiger te ry.

Ons ry nog steeds met die pad kaart op die skoot...Adelaide en sy voorstede is groot. Het vir die tweede keer afgekom op 'n boom in die middel van die pad. Die boom staan daar, lieflik in al sy glorie en die pad maak so split aan beide kante om weer by mekaar te kom aan die ander kant.

Ek kan nie op hou fotos neem hier nie...op pad Stirling toe het die bome begin blare verloor, die pad het vol geel blare gele, die mooiste mooi, het ek gedink. Toe word die bome rooi..het julle die kleure gesien? 'n Kunstenaar se palet met die hele kleurwiel daarop. Adelaide is mooi en om te dink dis nou my huis!

Groete,

Betsy. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy

Sies vir jou! Jy het my nou eers jaloers. Een van my kollegas se vrou is gister van die pad af gery deur 'n taxi wat toe weggejaag het. Sy het 'n hou teen die kop weg en 'n sny in haar gesig en die karretjie lyk glo sleg. Op pad huis toe gister bestuur my dogter, 'n taxi kom van voor om die hoek en sny die hoek heeltemal. As sy nie dadelik dood gestop het nie was hy letterlik bo-oor ons. Niks verander hier nie, word net erger.

Ons sien nie meer die bome raak nie, te bang ons word gekaap as ons nie almal om ons dophou nie.

Dink maar aan ons.

Groetnis

Rocky

Link to comment
Share on other sites

Hi Rocky,

My hart bloei vir jou en almal wat nog wag om hier te kom.

Dis 'n wonderlike dag hier in OZ. Dis nog vroeg oggend, kouerig en dit REEN. Die bome se toppe is toe onder die newels hier in die hills waar ons bly, dit lyk soos 'n prentjie op 'n chocolate box.

Ek is so jammer om te hoor van die ongelukke op die paaie maar dit is nie ongewoon daar nie, eerder die norm. Ek weet dat jy jou lewe waag as jy net werk toe ry daar. My seun was op kollege in Bedford view, net so 15 kilos van waar ons gewoon het. Dit het my soms tot 'n uur en 'n bietjie gevat om daar uit te kom en as jy uiteindelik by die huis kom voel dit of jy maar 'n dubbel iets kan wegslaan instede van 'n koppie tee.

As almal snags tot rus gekom het, veilig in hulle beddens. het ek op my kniee gegaan om dankie te se vir nog 'n dag dat my geliefdes gespaar is.

Vreeslik om so te lewe ne? Ons het gister sommer langs die pad onder die bome gestop en pizza geeet, sonder om alles te sluit en vas te klou en vreesbevange oor my skouer te loer.

Die groot trek is 'n lang, moeilike proses maar SO die moeite werd op die ou end. Ek dink regtig aan jou en jou gesin....sterkte.

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Nice.

Dit is nogal `n snaakse gevoel as jy worry oor iets (eie aan SA) en jy besef jy is nie meer daar nie. Baie verligtend.

Groete

Johan

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

 Share

×
×
  • Create New...