Jump to content

die Mulders: Amper oppad!


die Mulders

Recommended Posts

Hi almal,

Ek en my man is in die laaste paar maande van ons aansoek (mediese is gedoen en gaan een van die dae die Engelse toets skryf). Ons het al vir so 'n lang tyd op die forums gelees en baie informasie gekry. Altyd gewens dat ons tyd naby is - en nou is dit! Uiteindelik kan ons ook nou begin saam gesels.

Dankie aan julle almal wat so graag informasie deel, dit help so baie. Ek is seker dat die vrae wat ek het deur baie mense al gevra is maar wil steeds gesels met mense wat weet waardeur ons gaan.

Ons beplan om Brisbane toe te gaan aangesien ons familie daar het. Wat ek verstaan dit ook makliker maak. Die 'pressure' is nou aan en ons moet begin totsiens sê. Ons fokus op ons besluit en ons gesin, dit is al wat saak maak aan die ou einde. Ek weet ons sal dit maak aan daardie kant - magties man, ons kom dan van 'n bloedlyn van mense wat ver getrek het!

Sien uit daarna om bietjie te gesels...

Groete, tot volgende keer!

Link to comment
Share on other sites

Hi Mulders, Welkom by die forum. Laat weet hoe loop julle dinge, want ons skryf saterdag toets en was ook die week vir medies. So lyk of ons op dieselfde pad is. Die gewag is net baie stresfol, Weereens welkom.

Link to comment
Share on other sites

Hi Langes, dis goed om te hoor van iemand wat min of meer op dieselfde punt as ons staan. Ons skryf die 12de Mei ons sin, hoop nie dit is te erg nie. Laat weet asb hoe dit was. Sterkte, en dankie vir die verwelkoming.

Link to comment
Share on other sites

Welkom aan die Mulders!

Brisbane is n lekker stad!

Link to comment
Share on other sites

Hi almal

Dis goed om te sien die forum familie word groter. Ons het die 5de April gegaan vir ons medies en maar het nie nodig gehad vir die Engelse toets nie. So ons is ook op die selfde stadium as julle.

Groete Wendy

Link to comment
Share on other sites

Hi Julle almal.

Ons het 16 April gegaan vir ons Medies. Engelse toetse geskryf in Februarie. Ons is ook oppad Brisbane toe. Hoopelik is die langste gewag nou verby. <_<

Sterkte vir almal met die groot trek. :P

Groete

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Hi Mulders,

Julle is baie bevoorreg om familie in australia te kan he. Dit is vir my al negatiewe ding wat my bietjie bang maak. Ek het twee seuntjies, 1 maand en 19maande. Ek het 'n wonderlike support structure hier. Ek het 'n bediende, nanny en my ouers bly 600m van my af. Die nanny is fantasties met my kinders. Daar word vir my gekook, huis skoongemaak, wasgoed gedoen en "nie so lekker deel" van kinders grootmaak word vir my gedoen (Dis nou poo nappies change, hulle aan die slaap maak, kos gee ens)

Al wat ek doen is speel met my kinders en spandeer qualiteit tyd saam met hulle.

Ek weet ek sal alles moet self doen en ek weet ek sal cope maar ek is nogsteeds bang. Veral noudat ek twee kinders het wonder wat ek sal doen as die een doodelik siek is (soos kinders maar word met mangel onsteking en middel oor onsteking) en hoe ek my aandag gaan juggle tussen die twee.

Is daar ander wat ook so voel?

Link to comment
Share on other sites

Televisie - dis wat almal hier doen as daar huis skoongemaak moet word en ander goed gedoen moet word. Nie ideaal nie, maar nou. My kind is nou al amper 3 (het hom hier in Melbourne gehad) en dis maar 'n gesukkel sonder familie, maar dit kan gedoen word.

Sterkte!

Link to comment
Share on other sites

Guest Bronwyn

Aan Die Muders - Julle moet hierdie tydjie geniet, vir my was dit die lekkerste gedeelte van alles! Dit is besonders 'exciting!' Wag vir daardie oomblik dat jy voet sit op die vliegtuig! :ilikeit::lol::whome:

Aan Tanja - Ek gaan maar in Engels skryf:

I think you are right to be cautious, and think about how you are going to do things on this side with 2 babies and no support structure. I'm not going to sugar-coat it, there will be difficult days. If I may make a few suggestions/hints :holy: :-

-Try not to work at first, you will be needed in the home :( . It seems as if most moms with small kids stay at home here if possible until the kids are 5 or so, and then get a part-time, or school-hours job. There is good reason for this ;) . There are many more part-time jobs and job-share options here in Aus than in South Africa.

-I hope your husband understands that he is going to have to pull his weight. My husband and I 'practised' for 6 months before we came here, by reducing our maid to 2 days a week (actually it was a long story that involved getting a different maid and helping our other one to find a new job, which in itself was stressfull and upsetting for all of us). But the bottom line is that my man now shops, cooks, takes the kids for haircuts, as well as washes cars and cuts the grass. The work sometimes seems never-ending. Often we are to be found making our bed at 11 o'clock at night... :o

-Try and get a cleaner at least once every 2 weeks if your finances will allow. Even once a week if possible. That should set you back about $50-70 per clean, which has got to be less than you are paying your domestic helpers now, and at least you will have a bit of sanity and a clean house to look forward to every once in a while. Don't feel embarrassed about this, lots of people here have cleaners, and you have 2 babies....

-Forget about ironing 60% of the stuff you currently have ironed. Start buying tops/clothes that are 'wash & hang on a coat-hanger type' things....there are lots of tips on this site about housework.

-Try and get a network of other moms going. Maybe you can babysit for each other. We are friends with another SA couple here in ADL and their kids are the same ages as ours. We joke that we are now 'sisters', and we have helped each other out quite a bit. Especially if one has a work function/wine route/restaurant thing where kids just aren't included. Our children have slept over at each other houses in emergencies (OK - one time was not an emergency, but a rock concert... :blush::whome::lol: )

- Make time for you and your husband to go out togther without the kids (difficult with the small baby). With all the extra work, and the pressure of the move, you must try not to take out your stress on each other, but be extra supportive. It will take lots of patience.

I hope it helps, don't panic, but put your plans in place... :)

Bronwyn

Edited by Bronwyn
Link to comment
Share on other sites

Aan Tanya

Ek wou nie snaaks weer oor my "comment" oor televisie, maar partykeer is dit die enigste uitweg. My ander praktiese tips is:

Maak seker jy't 'n tuimeldroeer. Ek tuimel al die kinderklere en stryk dit glad nie. Dit spaar baie tyd. Laat jou man sy eie klere stryk. Myne stryk al sy werkshemde self.

Maak seker dat julle 'n dishwasher het of 'n huis huur met 'n dishwasher. Almal moet help inpak en uitpak. Maak dit makliker vir jou.

Leer jou kinders van kleins af om takies te verrig. Myne gooi sy vuil klere self in die wasgoedmatjie en gooi sy gemors self in die asblik.

As jou huis nie altyd silwerskoon is nie, wie gee om. Daar's meer in die lewe as 'n skoon huis, veral as jy dit self moet doen. Ons almal stel ons standaarde 'n bietjie laer as ons eers alles self moet doen.

Weer eens sterkte.

Link to comment
Share on other sites

Hi Bronwym & SA Girl,

Thanks vir die tips. Om te begin het ek my domestic staff maandag afgegee, so maandag is ek alleen met die kinders en 'n vuil huis na die naweek en gaan probeer om bietjie skoon te maak en my tyd tussen die seuns te juggle - baby steps.

Gelukkig het ek die tuimeldroer en dan my belangrikste besitting, die dishwasher. Ek sal definatief dit saamvat.

Ek het gedink om 'n rooster uit te werk soos maandag-badkamers en kombuis, dinsdae-wasgoed, woensdae-kamers ens ens. Dan maak ek ten minste 1 keer 'n week die hele huis van hoek tot kant skoon.

Nee wat, ek is nou baie meer positief, ek sal kan cope en weet julle as die seuns bietjie skreeu moet hulle maar, solank hulle nie besig is om dood te bloei of iets ernstig fout is nie kan hulle maar bietjie skreeu. Dit maak die longe skoon of wat se ek.

Thanks again, sal laat weet hoe maandag gegaan het!

Edited by TanjaU
Link to comment
Share on other sites

As jy wil leer hoe om jou huis georganiseerd skoon te maak ( almal is nie gebore georganiseerde mense nie) kyk na www.flylady.com. Baie goeie tips om alles onder beheer te kry. :thumbdown::thumbdown:

Link to comment
Share on other sites

Hi Dames!

Ek stem heeltemaal saam met almal se advies. Mens kry maniere om dinge makliker te doen.

En Tanja, ek kan glo dat jy bekommerd is dat jy nie jou familie naby gaan he om te help nie.

Ons het vanaf verlede September nie enige hulp nie. My dogtertjie is nou 2 in Mei en ek belowe jou sy krap om! Dit is maar moeilik om alles the juggle en somtyds raak ek net so moeg vir skoonmaak en wasgoed. Ek voel of my brein meer stimulasie nodig het! Eendag het ek so die stort geskrop en sommer begin huil- toe se ek vir my man " :ilikeit: ek weet daar daar is groter en belangriker dinge wat ek in my lewe kan doen!" ha ha

Maar mens vind maniere en dit word makliker.

En JA, manlief moet ook sy kant bring. Die dae waar ma ALLES alleen doen is verby. Gelukkig het ek 'n man wat help met alles. Van doeke, tot kosmaak.

Dit was 'n goeie besluit om te begin oefen om dinge self te doen. Ons het ook besluit om 'n tweede strykplank en yster te kry - dan kan ek en manlief saam stryk. My klein dogtertjie het haar eie water spray kannetjie en lappie en help my skoonmaak. Ek dink dit is goed om hulle gewoond te maak aan dit. My ma het dit met my gedoen en ek is nie spyt nie.

Elkgeval, sterkte aan almal! Ons sal aan mekaar dink hierdie week as ons berge wasgoed stryk!

Cheers

Annelize

Link to comment
Share on other sites

Hallo almal.

Mag ek ook maar my bydrae lewer oor huis skoonmaak? Dis glad nie vir my 'n probleem nie, ek het lankal in Suid Afrika geleer om sonder enige huishulp klaar te kom.

Dit het alles begin die dag toe ek my haardroeer wil gebruik die oggend voor werk. Die ding was taai, dit het gevoel soos vaseline, ek kon nie verstaan hoekom nie. Daarvan vergeet en gaan werk. Later soek ek my lang trui en die kas waar ek hom laas gehang het. Kry dit nerens nie, ek het die kas van bo tot onder uitgepak, dis nie daar nie.Ook weet Gloria, ons huishulp, nie waarvan ek praat nie, maar sy help my soek. Weer werk toe met 'n ander trui aan en die aand besluit ek om weer te gaan soek na my trui. Toe ek die kas oop maak hang hy daar, reg voor my oe. Onverklaarbaar. Gloria weet ook van niks. Sy kyk my net stom aan.

Later by iemand gehoor, nadat Gloria weg is by ons met haar 5de swangerskap, dat sy daarvan gehou het om bedags die dame van die huis se klere aan te pas en voor die spieel te sit en haar mooi te maak.

Grace weer was 'n ware staatmaker, sy kon vir jou huis skoonmaak! Het gedurig kaste reg gepak en gewas. My linnekas was altyd netjies. Net so begin winter gaan sy huis toe in die tuis lande erens. Sy koop mieliemeel en suiker en sunlight en wat nog. Ons vat haar taxi toe met die sware sakke, potte en 'n fiets. Sy het twee weke vakansie maar sy bly sommer weg. dis al 'n maand en geen teken van Grace nie. Ek bel haar tannie se tannie se niggie en die se vir my dat Grace nie huis toe kom nie, Sy gaan nou help op die plaas. Dit raak lekker koud en ek wil die ekstra komberse uit die linnekas uithaal maar kry dit nerens nie. Tevergeefs soek ek na die komberse, dis weg, al ses van hulle. Al wat oor is die ou komberse, die nuwes met die sysagte wol is weg

Dit alles het lank, lank gelede gebeur en tot vandag toe doen ek alles self. Ek het 'n huis vol seuns en 'n man wat lekker kan mors, maar almal help. Wat nie vandag gedoen kan word nie kan wag tot more. En ek het geld gespaar en koffie en suiker.........

Vandag het ek net een seun in die huis oor, dinge is nou makliker.

Geniet die lewe.

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...