Jump to content

Hoe verduidelik mens?


Blossom

Recommended Posts

:) Het vandag 'n New Zealandse Australianer hier gehad vir lunch. 'n Lang stil kerel met 'n twinkle in his eye. Ons het sagte lamsbous gehad met pampoen, gebakte aartappels, de lot. Rod het sy lippe afgelek en nog gevra. Het ek al gese dat ek voorheen in die spysenierings bedryf was?

Dit daar gelaat....ons het sommer so by die tafel bly sit en aan die gesels geraak. Oor kulture. Ander lande en mense se gewoontes en lewens wyses. Rod het ons vertel van NZ se "rotten corn", iets wat die Maori's blykbaar as 'n delekatessen beskou. Ek het probeer vertel van mieliemeel en van pap en vleis. Ek het verduidelik hoe pap die stapelvoedsel van Suid Afrika se tuislandse mense is, hoe dit sommer morning, noon en night geeet word. By die plek waar ek 'n spysenier was, was pap verban 10 uur in die oggende want dit het die werkers lui gemaak vir werk. Hulle kon dit net met middag ete kry.

Ons het oor die hope bedelaars gepraat en sommer oor die algemeen oor tipiese Suid Afrikaanse verskynsels.

Hy weer het verduidelik van die skaap vleis wat baie lekkerder is daar as hier in Oz.

Toe dit my beurt is vra ek hom of hy ooit gehoor het van die tokkelossie waarin die mense tuis so glo. Ek verduidelik aan hom dat hulle verf blikke onder hulle beddens se pote sit omdat hulle bang is tokkelossie kruip onder hulle beddens weg. Toe vra hy my wat 'n tokkelossie is....en daar sit ek toe met my afrikaanse tong en ek weet nie wat om te se nie. Hoe verduidelik ek dit?

Ek het net gese dat dit onverduidelikbaar is, wat anders? Hoe vertel jy vir 'n ander van jou kultuur, gewoontes en maniere en verwag hulle moet verstaan?

Al wat ek kan se is....ondersoek alles, behou die goeie en vergeet van die res. Ek sal nooit my verlede kan vergeet nie maar ek sal beslis 'n goeie poging aanwend om my nuwe land en sy gewoontes te omhels. :ilikeit:

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Antie (Antjie) Betsy. Ek het ook al die situasie aan my aangetroude familie hier in Oz probeer verduidelik. Hulle kon dit ook nie verstaan nie en het dit maar aan "witchcraft" toe geskryf. 'n Storie uit my verlede. Nie dat ek jou Thunder wil steel nie. Net voor ek wou trek, my huis was toe in die mark, trek daar toe 'n nuwe perd agter my in. Hy het 'n tuindienste onderneming gehad. Sy werkers kom in die oggend met 'n gejuig daar aan en in die middae was dit nog erger. Ek het dit vir 'n ruk verduur maar kon dit later nie meer uit hou nie. Ek praat toe met die perd oor die muur, maar hy was 'n onbeskofte jakkels wat my letterlik moer toe gestuur het. Toe ek een middag weer van die werk af kom, het hulle die 6 voet muur na omtrent 9 voet gelig. Nie dat dit die geraas kon uithou nie. Ek kry toe my swaer en ek en hy staan toe een middag aan my kant van die muur en gesels. Die lot was weer soos gewoontlik aan de juig toe ek die toorwoord, Tokolosh aan my swaer laat val. Een moes dit gehoor het want skielik is dit tjoepstil en jy kan hoor hoe hulle luister. Ek vertel toe met smaak vir my swaer van die klein mannetjie wat soos 'n aap lyk wat hier tussen die bome in ons omgewing ronddwaal en rondswaai. Die volgende oggend was dit stil agter die muur. Die middag hoor ek hoe een van die werkers aan die eienaar probeer verduidelik hoekom sy kollegas nie meer daar wil werk nie. Man, ek het vir dae met 'n grynslag om my gesig rondgeloop. Probleem opgelos. Het ek al vir julle gesê ek het 'n moedswillige streep in my? Wonder of hy al getrek het?

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy

Sê aan daai oud New Zeelander dis 'n ding soos die Tanivan...soos wat ek verstaan het die inheemse bevolking, wêreldwyd hulle eie ongedierte wat hulle vrees en vir die NZ se Maori is dit die Tanivan en nog 100de ander. DIe perd bly blykbaar in die water en as die regering 'n pad of iets wil bou moet hulle eers die tanivan betaal anders gaan die perd nie lekker voel nie en dan sal die gort gaar wees, Die is nou my vertolking, hoor. Ek het ook die gesprek in NZ gehad en toe het die aanhoorder dadelik besef ek praat van 'n "grootgees" en hy roep dit toe die Tanivan.......

Wys jou maar net, nie net Afrika het sy "bangmaak monsters" nie :):ilikeit::(:lol::lol:

Link to comment
Share on other sites

More, more.

Ek het gewonder wanneer praat jy weer Jan Stoof. Ek loer elke dag eerste by die journals in..lekker!

Pleks ek nou gister geweet het van die Tanivan. dan kon ek gepraat het...dankie Ziggy.

Wonder julle nie wat is lamsbous nie? Moet eintlik lamsboud wees.

Hou die spasie dop. :D

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Toe vra hy my wat 'n tokkelossie is....en daar sit ek toe met my afrikaanse tong en ek weet nie wat om te se nie. Hoe verduidelik ek dit?
Hier is 'n taamlik volledige uiteensetting oor wie dié mannetjie nou eintlik is. *KLIK HIER*
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...