Jump to content

soete verleiding


Blossom

Recommended Posts

Sharon bel ons almal van die switchboard af en ons storm vorentoe. Die kantore loop leeg om die omie met die koeksisters in die hande te kry. Hy bring nooit genoeg koeksisters saam nie en die wat nie so gelukkig is om te kry nie plaas bestellings vir more of oormore.

Dit het begin toe die skugter, bruin van die heeldag se son, man voor by die sekuriteits hekke gestaan het met sy fiets se mandjie vol pakkies stroperige lekkerte. Eers het Magriet daar rond geloop en smul en almal wou jaloers geweet het of sy self gebak het. Dit word toe 'n weeklikse ding, die koeksister gekopery en ek self vat ook 'n pakkie of twee huis toe. Ons meisies op kantoor het die omie jammer gekry, hy het dan so gehawend gelyk en was vreeslik dankbaar vir die goeie besigheid wat hy by ons gekry het. Hy kon nie juis somme maak nie maar het presies geweet hoeveel kleingeld hy moes uitkeer en hoeveel geld hy moes huis toe neem na sy vrou, die bakster. toe.

Hy het so 'n tuis gemaakte mandjie voor op sy fiets gehad wat met 'n skoon teedoek uit gevoer was, alles mooi netjies en skoon. Party dae het ons hom in die dorp ook gesien ry met sy dikwiel fiets, soms met 'n lee mandjie en 'n glimlag op sy gesig.

Dit was op 'n Maandag dat die omie weer by die werk aankom en ek kry toe 'n brainwave. Ek kan mos koeksisters bestel vir my seun se verjaardag en dan hoef ek nie na werk nog te sukkel met 'n gebakkery nie.

Ek vra vir Sharon om my te bel as die omie opdaag en later is hy toe daar. Terwyl ek met hom staan en gesels sien ek die veertjie op sy skouer en ek vee dit af terwyl ek hom vra of hy dan in die hoenderhok was. Ek bestel sommer baie koeksisters, genoeg om 'n smile op sy gesig te sit. Ek se dat ek dit vir die volgende Saterdag wil he en dat ek dit sommer by sy huis sal gaan optel, ons werk nie Saterdae nie en bly te ver vir hom om af te lewer. Hy gee my sy adres in Boksburg en ons reel 'n tyd vir Saterdag,

Saterdag kom en ek en my man ry Boksburg toe. Na 'n gesoek en rondvraery ry ons in die regte rigting. Die huise raak al hoe yler, die paaie al hoe slegter. Tot ons op 'n grondpaadjie beland, modderig van die vorige nag se reen. Die pad raak al hoe nouer tot daar net twee rye spore en 'n hoe middelmannetjie is. Van voor af kom daar 'n figuur op 'n fiets aan en toe hy verby ons ry sien ek dis die koeksister man. Sy mandjie is vol en hy ry verby ons sonder om eers vir ons te kyk. ons neem toe aan ons is op die regte pad en ry verder. 'n Entjie verder sien ons die plaas hek en nog verder vorentoe sien ons beweging. Dit moet die regte plek wees, dink ek.

Daar onder die bloekom bome staan 'n tafel, sommer 'n houtplank bo op twee diesel dromme en bo op staan 'n parafien stofie en blaas. Met 'n pot bo op, 'n groot erde skottel langsaan, 'n klein, ronde vroutjie voor die hele kontrepsie en sy sweet. Sweet en vloek, skel op die hoenders wat daar om haar rondpik. Slaan woes na die hoender op die home made tafel tussen die skottel en die stofie, jy sien net vere waai. Sy slaan sommer met die vadoek wat sy die pot mee vashou en intussen vee sy die sweet van haar voorkop af....met dieselfde vadoek!

Skielik voel alles so verkeerd, my maag voel hol, my keel trek saam en my oe begin water. Ek en my man kyk vir mekaar en uit een keel se ons "no way!".

Hoe vinnig kan 'n mens 'n u-turn maak op 'n nat, modderige, tweespoor paadjie? Blitsig, se ek jou!

Magriet en Sharon hulle wonder nou nog hoekom ek nie meer vorentoe kom as die koeksister man daar is nie.

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Link to comment
Share on other sites

Jou storie laat my terug dink aan die dae toe ons nog almal vrek arm was. Ook aan MIKRO (ek dink) se

"Weduwee Meraai"

Link to comment
Share on other sites

;) Wat die oog nie sien nie sal die hart nie skeel nie!
Link to comment
Share on other sites

agge ja wat...lekker was nog altyd lekker en wat nie dood maak nie maak sterk.....

Link to comment
Share on other sites

[Matewis wn Meraai was die mooiste, hartseerste storie uit. Die tv reeks was net so goed.

Jammer net, die oog het gesien anders het ek nou nog koeksisters gekoop,

Groete,

Betsy.

Edited by Betsy
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...