Jump to content

Sago poeding


Jongman

Recommended Posts

Hi almal

Ek wil net weet of iemand vir my n resep het vir :P Sago poeding. En watse "brand" sago kan n mens hier in Aus gebruik.

groete

Fred

Link to comment
Share on other sites

Ek hoop dit help.

Koue sagopoeding.

375ml sago

375ml melk

125ml suiker

15ml vlapoeier

1 pakkie arbei jellie

190ml kookwater

1 blikkie idealmelk

30ml suiker ( ja weer )

room en arbei konfyt vir versiering

Week sago in melk

Kook suiker, geweekte sago en melk stadig saam tot sago deurskynend is.

Roer vlapoeier in sago en kook dit tot dik.

Los jellie op in kookwater en roer by sago mengsel. Laat afkoel.

Klop ideal melk styf met 30ml suiker en voeg by koue sago. Meng goed.

Versier met arbeie en room.

Wendy

Link to comment
Share on other sites

Ek hoop dit help.

Baie dankie Wendy. Dit klink heerlik.

Groete

Fred

Link to comment
Share on other sites

Ek het nog nie sago hier gesien nie ,miskien weet iemand waar mens kan kry .Hier is my respte

SAGOPOEDING

100 ml Sago

1 L Melk

1 ml Sout

62,5 ml Suiker

50 ml Botter of margarien

Metode

Voorverhit die oond tot by 180°C. Spoel die sago onder koue, lopende

water af. Verhit die melk tot by kookpunt, voeg die sago en sout

daarby en laat dit oor baie lae hitte prut totdat die sago sag en

deurskynend is. Roer dit af en toe om. Roer 62,5 ml suiker en die

botter by die gaar sagomengsel en haal dit van die stoofplaat af.

Skei die eiers en klits die eiergele. Roer die eiergele geleidelik by

die sagomengsel. Roer die vanilla by. Skep die sagomengsel in ‘n

gesmeerde oondbak, plaas dit in ‘n bain-marie en bak die poeding

on-geveer 30 minute lank totdat dit gaar en gestol is. Klits die

eierwitte styf en klits 37,5 ml suiker daarby. Smeer die fyn

appelkooskonfyt bo-op die poeding en skep die meringue bo-oor

sodat dit in puntjies staan. Bak die poeding nog ongeveer 15 minute

totdat die meringue ligbruin is. Bedien dit warm.

Bain-marie is ‘n redelike vlak oondbak of -pan wat met warm water

gevul is en waarin ‘n ander bak geplaas word terwyl die inhoud

daarvan in die oond gebak word. Dit word veral gebruik wanneer

die bestanddele van die gereg. Soos eierwitte, geneig is om te skif

weens oorverhitting. 6-8 Persone

SAGOKLUITJIES

750 ml Melk

1 ml Sout

70 ml Sago

55 ml Botter

3 Eiers

Metode

Verhit 700 ml van die melk en sout saam tot net onder kookpunt.

Voeg die sago en die botter by die melk en laat prut totdat die

sago sag en deurskynend is. Roer dit aanhoudend omdat die mengsel

maklik aanbrand. Skei die eiers en meng die eiergele goed met die

oorblywende 50 ml melk, suiker en mielie-blom. Voeg ‘n bietjie van

die warm sagomengsel by die eiermengsel en klop vinnig. Voeg die

eiermengsel geleidelik by die orige sagomengsel in die kastrol terwyl

dit aan-houdend geroer word. Laat dit ongeveer 2 minute lank prut

terwyl geroer word. Klits die eierwitte in ‘n groot mengbak met ‘n

skoon droë klitser styf en vou die gaar sagomengsel met ‘n

metaallepel by die eierwitte in. Doop ‘n desertlepel in die gesmelte

botter en skep lepelsvol van die sagomengsel in ‘n warm opdienbak.

Strooi kaneelsuiker oor elke laag kluitjies. Bedien die sagokluitjies

warm sodra die kaneelsuiker gesmelt het. 6 porsies.

4 Eiers

5 ml Vanilla

37,5 ml Suiker

50 ml Fyn

appelkooskonfyt

50 ml Suiker

50 ml Mielieblom

30 ml Gesmelte botter

Kaneelsuiker na smaak

Link to comment
Share on other sites

SAGOKLUITJIES

Oh christelle

Duisend dankies. Ek het nog nooit Sagokluitjies gehad nie. Ek gaan nou dadelik vir my ma hierdie resep foward sodat sy vir ons n "batch" kan maak.

Groete

Fred

Link to comment
Share on other sites

Christelle, ek gebruik daai selde resep, maar ek dink jou resep het in twee gesplit? Die res is onderaan die bladsy :blink:

Ou Fred,

Hoekom spring jy nie sommer in en verras jou Ma en bak dit self nie? Dan skink jy sommer vir haar 'n lekker glasie rooi en masseer haar voete ook ? :thumbdown:

Link to comment
Share on other sites

ag sorry Annette

daar's hy

SAGOPOEDING

100 ml Sago

1 L Melk

1 ml Sout

62,5 ml Suiker

50 ml Botter of margarien

4 Eiers

5 ml Vanilla

37,5 ml Suiker

50 ml Fyn

appelkooskonfyt

50 ml Suiker

50 ml Mielieblom

30 ml Gesmelte botter

Kaneelsuiker na smaak

Metode

Voorverhit die oond tot by 180°C. Spoel die sago onder koue, lopende

water af. Verhit die melk tot by kookpunt, voeg die sago en sout

daarby en laat dit oor baie lae hitte prut totdat die sago sag en

deurskynend is. Roer dit af en toe om. Roer 62,5 ml suiker en die

botter by die gaar sagomengsel en haal dit van die stoofplaat af.

Skei die eiers en klits die eiergele. Roer die eiergele geleidelik by

die sagomengsel. Roer die vanilla by. Skep die sagomengsel in ‘n

gesmeerde oondbak, plaas dit in ‘n bain-marie en bak die poeding

on-geveer 30 minute lank totdat dit gaar en gestol is. Klits die

eierwitte styf en klits 37,5 ml suiker daarby. Smeer die fyn

appelkooskonfyt bo-op die poeding en skep die meringue bo-oor

sodat dit in puntjies staan. Bak die poeding nog ongeveer 15 minute

totdat die meringue ligbruin is. Bedien dit warm.

Bain-marie is ‘n redelike vlak oondbak of -pan wat met warm water

gevul is en waarin ‘n ander bak geplaas word terwyl die inhoud

daarvan in die oond gebak word. Dit word veral gebruik wanneer

die bestanddele van die gereg. Soos eierwitte, geneig is om te skif

weens oorverhitting. 6-8 Persone

SAGOKLUITJIES

750 ml Melk

1 ml Sout

70 ml Sago

55 ml Botter

3 Eiers

Metode

Verhit 700 ml van die melk en sout saam tot net onder kookpunt.

Voeg die sago en die botter by die melk en laat prut totdat die

sago sag en deurskynend is. Roer dit aanhoudend omdat die mengsel

maklik aanbrand. Skei die eiers en meng die eiergele goed met die

oorblywende 50 ml melk, suiker en mielie-blom. Voeg ‘n bietjie van

die warm sagomengsel by die eiermengsel en klop vinnig. Voeg die

eiermengsel geleidelik by die orige sagomengsel in die kastrol terwyl

dit aan-houdend geroer word. Laat dit ongeveer 2 minute lank prut

terwyl geroer word. Klits die eierwitte in ‘n groot mengbak met ‘n

skoon droë klitser styf en vou die gaar sagomengsel met ‘n

metaallepel by die eierwitte in. Doop ‘n desertlepel in die gesmelte

botter en skep lepelsvol van die sagomengsel in ‘n warm opdienbak.

Strooi kaneelsuiker oor elke laag kluitjies. Bedien die sagokluitjies

warm sodra die kaneelsuiker gesmelt het. 6 porsies.

Daar is mos niks fout as jou ma vir jou n ietsie lekker gaar maak nie ,dit proe sommer ekstra lekker met al daai ekstra liefde daarin . My ouer broer is nou 32 jaar oud en my ma bederf hom ook nogsteeds ,partykeer doen sy dit ook maar net om te voel dat sy nog belangrik is in mens se lewe ,dit gaan nie altyd net oor dat mens haar misbruik nie.

groete ,christelle

Link to comment
Share on other sites

Nou maak julle 'n mens darem lukker lus vir die sago poeding.

L

Link to comment
Share on other sites

Lmari ek is net so lus nou ,maar ek het nog nie sago gesien nie ,het jy ?

Ek sal maar sjokolade eet om op te maak.

groete ,christelle

Link to comment
Share on other sites

Christelle

Ja, ek is seker ek het al sago hier gesien.. Sal bietjie weer kyk maar is dood seker hier is.

Sal jou laat weet.

Lovies

L

Link to comment
Share on other sites

Ja, daar's sago in al die winkels hier rond. Ek koop myne sommer by Coles. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

danie vir al die heerlike resepte.

Ek wou net weet watse "BRAND" sago om te gebruik? Kan iemand help.

Groete

Fred

Link to comment
Share on other sites

Ek gebruik Lion Brand, Fred. Mens hoef dit nie so lank soos die Suid-Afrikaanse sago te week nie, dis sommer binne 2 ure lekker sag. :thumbdown:

Link to comment
Share on other sites

danie vir al die heerlike resepte.

Ek wou net weet watse "BRAND" sago om te gebruik? Kan iemand help.

Groete

Fred

Hello Fred

Ek het so pas vanoggend vir my sago gekoop, by Coles, en dit is 'n McKenzie's brand.

Julle my so lus gemaak vir dit.. so ek gaan nou die resepte deur kyk en lekker sago poeding maak vir die naweek.

Groete

L'mari

Link to comment
Share on other sites

baie dankie daarvoor :thumbdown:

Fred

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Ek's tans besig om my verskeie resepte boeke te scan, aangesien ek hulle nie kan saam bring nie. Ek't hierdie resep ontdek met die scan episode. Ek weet nie hoe dit proe nie, aangesien ek glad nie sago poedings in enige vorm eet nie :blush:

Die resep kom uit die Snowflake 1998 Home Industry/Tuisbedryf Nuusbrief. My Ma het dit vir my gegee...sy't vir amper 20 jaar vir 'n Tuisnywerheid gebak :ilikeit:

Urmmm, die resep is in die 2e post, die jpg idee het nie so goed gewerk nie, ek't nie gesien dis so ongelooflik groot totdat ek dit probeer aanheg nie :blush:

Edited by Dritch
Link to comment
Share on other sites

Ek's tans besig om my verskeie resepte boeke te scan, aangesien ek hulle nie kan saam bring nie. Ek't hierdie resep ontdek met die scan episode. Ek weet nie hoe dit proe nie, aangesien ek glad nie sago poedings in enige vorm eet nie :blush:

Die resep kom uit die Snowflake 1998 Home Industry/Tuisbedryf Nuusbrief. My Ma het dit vir my gegee...sy't vir amper 20 jaar vir 'n Tuisnywerheid gebak :ilikeit:

Gebakte Sagopoeding met Brandewyn

1.5L melk

100ml sago

150ml suiker

knippie sout

90g botter

8 eiers, geskei

50ml Suid Afrikaanse Brandewyn

120g fyn appelkooskonfyt

Verhit oond na 180 grade Celsius

Verhit die melk en voeg die sago, suiker en sout by. Kook en roer tot dit gaar en deurskynend is. Voeg die botter en gekiltste eiergele by. Voeg die brandewyn by en giet die mengsel in 'n gesmeerde, vuurvaste bakskottel. Bak vir 25 minute. Haal uit die oond en smeer die konfyt bo-oor. Klop die eierwitte styf en voeg nog 100ml suiker geleidelik by. Skep dit bo-op die poeding. Bak verder tot dit bo-op ligbruin is.

Lewer 16-20 porsies.

**Hierdie poeding is in 'n groot maat en is ideaal vir 'n kerkbasaar, skoolbasaar of spyseniering**

Link to comment
Share on other sites

Dit klink Heerlik!!!

:ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...