Lynnie Posted August 27, 2013 Report Share Posted August 27, 2013 (edited) Die ontvanger besluit om ‘n oudit op Oupa te doen en dagvaar hom om die belastingkantoor te besoek. Die ouditeur was glad nie verras toe Oupa se prokureur hom vergesel nie. Die ouditeur sê, “Wel meneer, u het ‘n uitspattige lewenstyl en geen voltydse betrekking nie, wat u verklaar deur te beweer u wen baie geld met dobbel. Die belastingkantoor vind dit nie geloofwaardig nie”Ek is ‘n goeie dobbelaar en ek kan dit bewys sê Oupa. Wat van ‘n demonstrasie? Huiwerig sê die ouditeur, Nou maar goed. Oupa sê, Ek wed jou ‘n duisend Rand ek kan my eie oog byt. Die ouditeur dink ‘n oomblik. Dis ‘n weddenskap. Oupa haal sy glasoog uit en byt dit, tot onsteltenis van die ouditeur. Nou wed ek jou twee duisend Rand ek kan my ander oog ook byt. Die ouditeur kan sien Oupa is nie blind nie, so hy neem die weddenskap. Oupa haal sy valstande uit en byt sy ander oog. Die verstomde ouditeur besef hy het pas drie duisend Rand verloor met Oupa se prokureur as getuie, en hy raak senuagtig. Wat van dubbel of niks? vra Oupa. Ek wed jou ses duisend Rand dat ek dié kant van jou lessenaar kan staan en in die snippermandjie aan die anderkant kan piepie sonder om ‘n druppel tussenin te mors.Die ouditeur is nou baie versigtig, maar hy bekyk die ou man en besluit daar is nie ‘n manier wat hy so iets gaan regkry nie, en hy stem in. Oupa gaan staan langs die lessenaar, kreun en steun van inspanning maar hy kan nie die straal oor die lessenaar kry nie en piepie die hele lessenaar papnat. Die ouditeur spring van blydskap toe hy besef hy het ‘n verlies in ‘n reuse wins omskep. Oupa se prokureur laat sak sy kop al kermend in sy hande.Is alles reg? vra die ouditeur. Nee sê die prokureur, vanoggend het Oupa vir my gesê hy is gedagvaar vir ‘n oudit, en toe wed hy my vyf en twintig duisend Rand hy sal jou hele lessenaar nat piepie en jy sal verheug wees daaroor!Wat leer ons hieruit? Moenie met oupas sukkel nie....party van hulle is grys EN wys! Edited August 27, 2013 by Lynnie 1 Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
HadEnoughofJuju Posted August 29, 2013 Report Share Posted August 29, 2013 LMGA. Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Recommended Posts
Join the conversation
You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.