Jump to content

StefB: Hello julle!


StefB

Recommended Posts

Ek is Stef Bezuidenhout. Ek en my vrou is beide 30 jaar oud. Sy is 'n onderwyser by 'n engelse hoërskool hier in Potchefstroom en ek is in IT. Ons het twee kinders. Een is 5 en die ander 16 maande.

Ons het begin oplees wat dit behels om aansoek te doen vir 'n 136 visa. Dit lyk vir my noggal na 'n storie. Ek wil die proses maar so vinnig moontlik aan die gang sit. Ons gaan ons familie baie mis aangesien ons beide enigste kinders is en mens jou ouers hier sal moet los.

Hierdie is maar nie 'n maklike besluit nie. Mens neem dit met jou verstand en nie met jou hart.

Baie dankie vir die ouens wat hierdie forum op die been gebring het. Hier is regtig goeie inligting.

Groete

Stef

Link to comment
Share on other sites

Hallo Stef :lol:

Welkom aan julle hier! Yes, jy slaan die spyker op die kop...dis 'n kop-besluit en ek dink dis eers wanneer mens ingesettle is in Oz, en jy weet jy't die beste moontlike ding gedoen vir jou familie, wat mens vrede maak daarmee in mens se hart.

Maar Oz is 'n GREAT GREAT GREAT land! :lol: Waar sal julle wil settle of gaan julle gaan waar julle eerste werk kry?

Beide jou vrou s'n en jou beroep is in huge demand in Australië, so julle behoort vinnig werk te kry. Die 136 is 'n bulletjie, maar glad nie so erg nie - mens moet net bietjie geduld hê en dan het jy al die voordele soos medies etc. reg van die begin af.

Laat weet gerus indien julle spesifieke info nodig het - hier is baie mense wat baie weet van die verskillende fasette van immigrasie en almal is meer as bereid om te help waar hulle kan.

Sterkte intussen met julle proses - belangrikste is om SO GOU AS MOONTLIK unabridged geboortesertifikate vir julle hele gesin te kry (doen sommer nou dadelik aansoek), want dit kan 'n rukkie vat. Marriage certificate ook.

Julle maak verseker die regte besluit! Geniet die avontuur wat die journey na Oz toe behels!

Groete

Liza ;)

Edited by kangaroo
Link to comment
Share on other sites

Hallo Stef :lol:

Welkom by die forum! Hoop als verloop vlot vir julle.

Ons het in Potch groot geword, skool gegaan, univ en getrou. Mis die Bult en studente baie! Is seker nie meer dieselfde en so veilig soos dit was nie.

Wou net hallo sê, en baie sterkte. :lol:

Bianca

Link to comment
Share on other sites

Hi Stef en familie.

Welkom by die forum. :ilikeit: Hier is baie lees en baie leer werk, geniet dit. Sterkte met die aansoek dit vat net baie lank en wees maar geduldig. :ilikeit:

Ek was laas week vir die eerste keer in Potch. My man vra my wat sien ek anders aan die huise as in Pretoria, dadelik opgelet dat die huise lae heinings het, geen diefwering, en bitter min elektriese heinings.

Nogal gedink dit is seker min of meer hoe dit in Aus moet lyk. :ilikeit:

Ons is in Gangster Paradise en hier is net diefwering en elektriese heinings. :thumbdown:

Groete

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Dankie julle,

Hierdie is regtig 'n uitstekende plek om inligting te kry. Ek het reeds aangesoek gedoen vir ons geboorte sertifikate asook huwelik sertifikaat.

Ek het ook solank die IELTS eksamen bespreek. Ek is noggal bekommerd daaroor aangesien ek eintlik Afrikaans is. Ek weet nie hoe streng die eksamen gemerk word nie.

Ek wil nou ook begin met die skill assessment by ACS. Ek het 'n B.com graad maar met rekenaarweterskap as hoofvak tot in my finale jaar. Ek hoop om nie die vol RPL-roete te doen nie en dat hulle my graad net so sal erken as 'n IT graad.

Ek het ook besluit om hierdie sonder 'n agent aan te pak en alles maar self te doen. Die agente vra omtrent R 30000. Ouch!

Dankie solank vir al die aanmoediging en bystand.

Groete

Stef

Edited by StefB
Link to comment
Share on other sites

Hi Stef.

Die Engelse toetse is nie so erg nie, ek is ook afrikaans en ek het nie sleg gedoen nie. Ek het omtrent 20 jaar laas eksamen geskryf en dit het 'n tipiese eksamen atmosfeer. Maar dit is nie erg nie. Jou vrou sal ook die toets moet doen en sy sal die academic toets moet doen, enige iemand wat gaan skoolhou of klas gee moet die academic doen. My dogter wat hier onderwys swot het die academic gedoen en sy se dit was net baie lank.

Sterkte met die aansoek.

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie. Ons dink daaraan dat sy maar net die general toets gaan skryf. Sy gaan nie dadelik skoolgee. Sy gaan die eerste paar jaar by die huis bly om die kinders groot te kry. Dis vir haar ook baie swaar om alles hier te los. Ek wil haar nie nou belas met skill assessments en toetse en goed nie. Ek sal maar soveel van die las as moontlik op myself neem.

Groete

Stef

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...