Jump to content

Ou Gewoonte...


Lynnie

Recommended Posts

DIE MAN man en vrou was jare lank gelukkig getroud. Al irritasie was die man se gewoonte om soggens as hy wakker word 'n bom te los wat die vrou se oe laat traan en haar na asem laat snak het.

Sy het elke oggend by hom gepleit om die vieslike gewoonte te staak.

Sy verweer was dat sy gewoonte absoluut normaal was.

Sy het male sonder tal gepleit dat hy 'n dokter raadpleeg en gewaarsku dat daar 'n dag gaan kom wat hy sy binnegoed uitblaas.

Die jare het verbygegaan.

Een Kersfeesoggend was sy vroeg op, besig om die kalkoen voor te berei. Sy kyk die binnegoed so - nek, lewer, krop en die spaardeeltjies - en sien haar weerwraak voor haar in die skottel le.

Sy vat die skottel net so kamer toe, waar die man nog vas aan die slaap is. Met sorg trek sy sy pajamabroek af en pak die kalkoenbinnegoed netjies in sy onderbroek.

'n Ruk later word die man met sy gewone trompet-ritueel wakker, gevolg deur 'n bloedstollende gil en voetstappe badkamer toe, terwyl die vrou op die vloer rondrol soos sy lag.

Twintig minute later daag hy met sy bloedbevlekte onderbroek en 'n afskuwelike trek op sy gesig in die kombuis aan.

Die vrou byt op haar onderlip, en vra so onskuldig as moontlik wat skort.

"Liefie," se hy, "jy was al die jare reg. Ek moes na jou geluister het."

"Wat bedoel jy?" vra sy kalm.

"Wel, jy het my jare lank gewaarsku dat ek my binnegoed gaan uitpoep. Dit het vanoggend gebeur!

"Maar met die genade van die Liewe Heer, 'n botteltjie Vaseline en my twee vingers het ek die meeste daarvan darem weer teruggekry."

:blush-anim-cl:

  • Like 1
Link to comment
Share on other sites

Ai, ai, ai.

Eintlik het ek ge-LOL.

Baie snaaks. Wel vir my, maar my sin van humor is welbekend as weird. :P

Link to comment
Share on other sites

Ai, ai, ai.

Eintlik het ek ge-LOL.

Baie snaaks. Wel vir my, maar my sin van humor is welbekend as weird. :P

Myne ook :ilikeit: 'n Paar van my grappies was al verwyder van die forum af (met rede). Ek dink nou 2 keer voor ek 'n grappie post :blush:

Link to comment
Share on other sites

Myne ook :ilikeit: 'n Paar van my grappies was al verwyder van die forum af (met rede). Ek dink nou 2 keer voor ek 'n grappie post :blush:

Ek't hier 'n paar waar ek ek gehuiwer het en dan gedink "better not".

Link to comment
Share on other sites

Ek't hier 'n paar waar ek ek gehuiwer het en dan gedink "better not".

Pm dit maar vir my asb :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...