Jump to content

Nog 'n nuwe gesig :)


rvdvyver

Recommended Posts

HI almal

Nog `n nuwe gesig!!!

eerstens stekte rvdvyver.

Ok dat ek begin vertel. ek is 26, getroud en het n amper 3 jarige dogter en het al 3 keer in my lewe geimmigreer. ek was 14 toe ons Amerika toe is maar na `n jaar terug gegaan suid afrika toe, het gebly in Mosselbaai vir `n jaar en weer Canada toe gegaan, die keer na 3 maande terug SA toe omdat die ou vir wie my pa gewerk het het hom nie betaal nie. Bly vir 9 jaar weer in Mosselbaai en besluit om weer te probeer, die keer NZ.vertrek die 8ste Desember 2009 vir NZ. my hele familie is saam, maar na my man gesukkel het om werk te kry vir 8 maande lank het dit `n baie bitter smaak in sy mond gelos vir NZ. na baie trane en bakleiery het ek op die ou end ingestem om terug te gaan SA toe.ons het die 14 desember 2011 geland en haat elke sekond wat ek hier is.het gehoop ons sou werk kry in die Wes Kaap maar moes na 3 maande se gesukkel vat wat ons kon kry en nou is ons in Durban.ek sal more landuit as ek kan.Ek het gese ek sal hier bly, op die langste 2 jaar en hoop en bid ons bly veilig,maar voor my dogter 5 is, is ek weg (hopelik vroeer). ek was dol gelukkig in NZ, maar dinge het nie uitgewerk vir ons nie.nou wil ek weet, net om voorbereid te wees vir as die ergste gebeur in SA , wil ek solank aansoek doen vir ons PR in Aus.hoe en waar begin `n mens met alles.gelukkig het ek kla van die nodige papiere wat benodig word. doen ons dit self? hoeveel kos dit? asb as iemand kan raad gee sal ek dit baie wardeur.leke naweek vir almal. ^_^

Link to comment
Share on other sites

Hi Reneen

Ek pm jou.

En baie welkom ook aan rvdvyfer

Link to comment
Share on other sites

Hi, rvdvyver !! Hierdie is eintlik jou topic ... baie welkom !!

Geniet die forumkuier en sterkte met julle proses !!

Link to comment
Share on other sites

Hi Reneen ~

Welkom ! Lyk my jy't reeds baie raad gekry, sterkte.

Link to comment
Share on other sites

Jammer rvdvyver, ek het nie bedoel om jou topic oor te vat nie.Het my eie een begin,is nuut hier en het nie leke geweet waar om dit te post nie. :blush-anim-cl:

Link to comment
Share on other sites

Julle smokkel met my kop! Maar anyway welkom julle! Vat dit kalm!

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

Welkom all twee van julle en sterkte vir die pad wat vorentoe lê. Dis nie a maklike een nie maar wel een wat op die ou einde die moeite werd is.

If plan A doesn't work remember, the alphabet has 25 more letters. (I just hope I don't have to go that far. Haha

Link to comment
Share on other sites

Archived

This topic is now archived and is closed to further replies.

×
×
  • Create New...