Jump to content

Carnarvon


Slakkie4x2

Recommended Posts

Who of you live in carnarvon? Were moving their the end of May and would like to know if any SA people live their.

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

A great man. Ek is aangestel as nuwe stadsbeplanner by die munisipaliteit. Ons vlieg Sondag en dis nogal tense hier nou, ons moet nog die hele huis leeg kry in die volgende 3 dae! Ons gaan net met 4 tasse en handvol cash oor so dis groot dinge wat voorlĂȘ.

Hoop ons praat weer.

Link to comment
Share on other sites

Ons sal defentief weer praat en ons sal n bier moet seer maak daar anderkant. Sterkte met die 3 dae wat voorle. Geniet dit en sien oor n maand

Link to comment
Share on other sites

Hi,

Hoop alles het goed afgeloop. Hoe is dit in carnarvon? Seke lekker koud daaikant?

Link to comment
Share on other sites

Ja alles het toe goed afgeloop.

Ek hoop jy was sarkasties met die koud, want dit is verseker nie koud nie. 'n Goeie 33 wat saam met humiditeit voel soos 40. Selfs die see is warm maar dis great vir swem dan (anders as die Kaapse Weskus waar jy vries in die see)

Klein klein dorpie, maar ook nie so erg nie, ek dink ons sal lekker hier bly, moet net gewoond raak om nie goed in die winkels te kry nie want daar is net soveel winkels - nie baie verskeidenheid nie. Ons raak nog gewoond aan die Dollar pryse van goed ook. Dit lyk kwaai as mens 4dollar vir 'n pie moet betaal en jy dink by jouself "wow dis amper 40 rand daai"

Ja ons leer vinnig so ons sal julle kan wys as jul hier land, maar jy sal sien alles is redelik voor die hand liggend.

Groetnis

Marius

PS Sterkte met die vlug, hoor. Dis lekker lank. Ek neem aan jy kom met Skippers van Perth tot Carnarvon? Oulike propeller-aangedrewe vliegtuigie. Ten minste goeie beenspasie en baie bagasie toegelaat. En relatief vinnig - 2 uur dink ek.

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Hi daar,

bly alles het goed afgeloop. ons is nou klaar met al die medicals en al die papierwerk. kan nou wragtig nie meer wag om te gaan nie. hoeveel extra het julle betaal vir julle tasse. ons wil so 5 tasse vat. virmy vrou 2 my kind 1 en vir my 2.

is die mense darm alright daar met julle?

die mense waarvoor ek gan werk gan ons in perth kry, hulle kinders bly daar. ons gan vir n paar dae eers daar bly en dan vlieg ons carnarvon toe. so dankie, ons sal maar daar n paar goedjies koop voor ons daarna toe vlieg.

hoe is die baba winkels daar?

sorry oor die baie vrae maar dus leke om te weet daar gan darm afrikaanse mense wees daar

Sien een van die dae

Jannie

Link to comment
Share on other sites

Jis Jannie,

nee wat baie bly om te hoor van jou, ek hou die forum dop om te sien of daar enigiets is van tyd tot tyd.

Dit voel snaaks om hierdie vrae te sien want ek het dieselfde vrae gehad en nou dat ons daar deur is voel dit so eenvoudig, maar ek onthou ons het ook gewonder oor alles.

Ons het niks extra betaal vir ons tasse nie, en ons het hengse klomp gehad. Ons was egter bitter gelukkig en het langs 'n ou tannie in die ry gestaan op OR Tambo wat net met handbagasie gekom het en ons het 1 groot tas op haar naam ingeboek. So ons het 69kg ingeboek sonder probleme, met die tannie die ander 15kg My seun van 5 het sy eie seat en 23kg, maar die dogtertjie van 2 het nie, hulle laat tog 'n extra 10kg vir haar toe. In Perth het ons met Skippers hierheen gevlieg wat meer vrygewig met hul gewi is, 30kg per persoon, so ons het nog 'n tannie nodig gehad vir daai interne vlug nie.

Die mense is baie vriendelik hier, ons het onmiddellik maats gemaak met 'n paar. Dit is egter 'n baie gemengde gemeenskap, met baie engelse, indiers, chinese en aboriginals hier, nie net die wit aussie wat mense dalk verwag nie.

As my vrou nou hier was, sou sy vir julle geskree het om so veel moontlik te koop in Perth voor julle kom want dis uiters beperk hier. Baba winkels? Waarvan praat jy dan nou? Sekerlik nie in Carnarvon nie. Hier is egter 'n vrou of twee wat die belange van kinders op hulle self geneem het en baie vrygewig is met prams, speelgoed en kleertjies. Toe ons hier land was daar binne 'n week 3 prams, 2 kratte speelgoed en 3 plastieksakke kinderklere in ons huis. So ek glo ons sal julle kan rigting gee, maar hier is werklik nie baie winkels nie.

En hier is ander Afrikaans sprekendes, ons het 'n plaaslike dokter, Andy, en sy vrou Glaudine leer ken wat van Struisbaai se wereld is en Afrikaans praat, en daar is ook 'n Alwyn Kruger polisieman wat ek nog nie ontmoet het nie maar my vrou en sy vrou kuier bietjie oor en weer.

O, en hoop jy geniet visvang, want dis groot hier, en al die vis is gewilde eetvis. Ek begin nou maar, maar dit lyk of ek in die ding kan kom oor 'n tydjie.

Groetnis

Marius

Link to comment
Share on other sites

hi daar,

Ek het gehoor die visvang is groot daar. Ons kan maar saam leer want ek het nog net een groot vis in my lewe gevang by pringlebaai. die baba winkels wat ek van praat is maar meer waar jy kos kry vir hulle. my seun (Jayden) is nou 3 maande en n week oud so hy is nog op baba melk. as dit dalk moontlik is kan jy dalk vir my uitvind of kyk watse tiepe formule melk het hulle.

n ander ding is, by customs, wat het julle saam gevat want ons is baie onseker wat om te vat en wat mag ons nie vat nie.

my vrou (Elaine) wil graag weet watse tiepe winkels (supermarkte) is daar. Plekke soos wollie's, spar, game, ens wat ons ken.

Is dit winter of sommer daar nou?

Hoe lyk die huise teen suid afrika?

en dan n laaste ding, mag mens braai daar?

ek dink dus al vir nou, jammer vir die baie vrae.

Leke dag en sien een van die dae

Jannie

Link to comment
Share on other sites

Jong my vrou Anel het byna 'n oorval gekry toe sy sien hoe beperk die formule melk is. Ons kon net 3 soorte sien, wat beteken jy het nie veel van 'n keuse nie. Ek sal oor dag of twee vir jou die name kan gaan kyk. maar dis beperk. my vrou reken julle moet so veel moontlik baba goed van SA saambring, want die verkeidenheid is min en die pryse hoog.

By customs het hulle ons amper geen grief gegee nie (dit was glad nie soos Border Security of TV nie). Hulle wou net hĂȘ jy moet alles verklaar en as jy sĂȘ wat jy het, laat hulle jou deur stap. Die obvious goed soos kos kan jy nie inbring nie (behalwe die baba s'n maar onthou verklaar asb) en medisyne is hulle skrikkerig voor jy kan maar net jou gewone panado'tjies en so bring vir alledaagse medisyne en min daarvan. o ja, groooot konsternasie vir ons was jy mag glad nie jou badkamergoed in jou handbagasie dra nie. Die 'vanity' van my vrou met sjampoe, skeerroom, tandepaste en so moes sy uitgooi in die asblik voor ons opklim in johannesburg. Hou dit in jou bagasie wat inboek onder in die vliegtuig. Jy mag natuurlik geen rou hout inbring nie (hand made goed soos beeldjies of so wat jy by arts en crafts gekoop het nie) En alles moet skoon wees, hulle wil nie modder of iets op jou skoene sien nie.

Die winkels in Perth is goed, maar hier in Carnarvon is dit min, soos ek al gesĂȘ het. Hier is 'n Woolworths, maar nie SA se Woolworths nie, die is 'n tipe Checkers of Pick n Pay, soos wat jy in kleinerige dorpies sal kry. Dan is daar ook 'n IGA, wat amper dieselfde is, net met bietjie minder kos en meer huishoudelike items soos kombuisgoed en tuingoed en so. Daar is 'n retravision wat TV's, wasmasjiene, yskaste en so verkoop ('n klein Dion Wired soort van) en 'n Target Country, wat meestal klere verkoop ('n klein Edgars of Mr. Price, net nie so goedkoop nie) Dan is daar 'n Carpet Court wat meubels verkoop soos sitkamerstelle en beddens, (weereens beperk, ons het uit Perth bestel liewer) en dan 'n verskeidenheid ander klein winkeltjies soos 'n speelgoedwinkel ('n klein Toys R us en nie so erg sleg nie nogal), hardewarewinkels, kampeertoerusting en tuinmaak, DVD shops en take-Aways. Daar is geen internasionale Franchises nie, so geen KFC, McDonalds of so iets nie. Die vis en chips winkeltjie het awesome vis, however, dis al wat ek verbaas is oor sover, maar die Chips suck, so ons maak dit self eerder.

Dis nou winter hier, nes in SA, want dis mos ook in die suidelike halfrond. Maar besef dis 'n warm winter. As dit 17 grade is, is dit 'n koue dag. Die mense hier maak die swembad toe en bly uit die see uit as dit onder 30 word so gewoond is hulle aan die hitte. Maar die seewater is relatief warm so ons geniet dit alhoewel die locals bibber. Die wind het nou begin waai so dis nie perfekte weer nie, maar dis aangenaam vir 'n winter anyway. Die somer gaan ons bars, dit raak 45 lag-lag. Al die huise het aircons though.

Die huise lyk van buite meestal soos die in Suid Afrika, maar is gewoonlik baksteenmure buite -om met dry-wall binnemure. Sommige huise is totaal "pre-fab". Al die huise het aircons, sonkrag geysers en traliewerk voor die vensters om dit te beskerm ten goed wat rondvlieg as die siklone kom. Dit klink erg as jy hoor dis 'n sikloon area, maar Carnarvon het 5 siklone die afgelope 54 jaar belef so dis nie 'n groot issue nie. Die Gascoyne rivier teen die dorp oorstroom meer gereeld, maar die dorp is beskerm deur waterkeerwalle, of levy banks, so dis net die plase buite die dorp wat skade kry. Anyway, behuising is relatief skaars, ek weet nie of jy self huis moet soek, en of jy bepaln om te huur of te koop nie, maar huur huise behoort jou so $350 'n week te kos (R11 000 per maand maar hou sommer nou al op om geld in jou kop om te sit in Rand want dit gaan jou mal maak - jy sal nooit iets koop as jy aanhou convert nie) en om te koop wissel vreeslik, van $250 000 vir die crappy huise tot so $500 000 vir die gewones tot oor 'n miljoen vir die teen die lagoon ( of fascine soos hulle dit hier noem)

Ja mens kan braai hier en dis in fact uiters gewild, maar maak jou reg vir 'n ander tipe braai. 'Barbie' in Aus is meestal gasbraai, en ek het dit die laaste 3 jaar in Pietersburg begin gewoond raak en is glad nie so sleg soos die mense sĂȘ nie. Daar is 'n paar ouens wat met brikette in hulle Webbers braai, en net die ouens op die plantasies braai met hout. Hoofsaaklik omdat hout duur is en moeilik om te vind en gewoonlik nie goeie kole maak nie. Op die oomblik is alle braai welkom, ek hoor daar is in die somermaande 'n verbod op houtvure om veldbrande te help keer wat in die droogte maar groot skade kan aanrig. As jy op 'n strand wil braai gaan jy anyway tot 'n Webber beperk word. Hier is gratis 'Barbie's' in die parke ook, maar dis gasgoed wat net 'n plaat het, nie rooster, so dis seker meer vir patties en worsies of iets. Die Aboriginals mors in elk geval en maak die goed nie skoon nie so niemand braai sommer in die parke behalwe hulle nie.

En daar is baie antwoorde op jou baie vrae. Ek weet dit klink negatief meeste van die goed maar dis nie so erg nie, dis baie lekker hier en ons gaan lekker lank hier bly, ek help jou net voorberei want as ons geweet het wat ons nou weet het ons anderste ingepak. Byvoorbeeld:

Moenie spasie en gewig in jul tasse mors met te veel wintersklere nie. Dit word nie so erg koud nie. Pos eerder baadjies en tops via die poskantoor (20kg kos jou net R600 tot by jou deur en dis goedkoper as enigiets anders)

Pak die kleiner kombuisgoedjies in soos blikoopmakers en teelepels en selfs 'n pan, want dis klein goedjies wat pas in 'n tas maar as jy dit hier moet vervang kos dit jou 5 keer die prys.

As jy enige elektriese items saambring, soos 'n haardroeër of laptop, maak seker jy het 'n aussie-sa adaptor, met die snaakse drie plat plaatjies voor en die drie ronde gate agter. Kry ten minste twee, en bring dan jou SA multi-plug saam sodat jy meer as een SA elektriese ding in jou muurprop kan inpas. Ons het dit so gedoen en dit het ons mooi uitgehelp.

As jy 'n bed of matras hier gaan koop, onthou die beddens is langer hier so jou SA paslakens gaan nie pas nie.

Wel, ek weet nie wat jul saambring en wat nie, so ek stop nou eers maar, ek is seker dis genoeg om te lees vir eers.

Sterkte met jul laaste voorbereidings en goed gaan tot later.

Marius

Link to comment
Share on other sites

hi,

sjoe, dus omtrend baie goed om in te neem. sal seker maak ons koop in perth voor ons soontoe gaan.

ek het vergeet om jou te vra, die internet. hoe is dit daar? en tv, watse satilite het julle?

dankie vir alles so ver. sal defentief n braai moet maak daaikant

Jannie

Link to comment
Share on other sites

Aah. Die internet.

Wel, dit is hier, obviously. Aan die begin is dit die maklikste om by die biblioteek aan te sluit want dan het jy 30min se gratis internet per dag. of as jou werk so gaaf is om jou op die net toe te laat. Ek het daai voordeel, maar meeste goed is geblok, onder andere facebook, so ek kan nie my ou SA pelle kontak nie (reken dis 'n goeie ding) so gaan bib toe oor lunch en praat gou. Hier is 'n paar plekke wat internet verskaf, maar dit lyk of Telstra (die grote, soos SA se Telkom) die beste dekking het. Hulle is egter moeilik aan die begin om jou 'n goeie pakket te gee omdat jy geen kredietrekord in Aus het nie, so jy sal so $80 'n maand betaal vir 5gig. Duur, want later kwlifiseer jy vir 200Gig vir net $120.

Die gewone TV suck big time. Daar is so 10 tot 14 kanale, maar met basies niks op nie. As jy gelukkig is kry jy 'n ou bkende sitkom dalk iewers, maar meeste van die tyd is dit Aus nuus, AFL (hulle aanbid dit hier) en realiteits goed. Foxtel is die ekwivalent van DSTV, ek is nou besig om dit vir my aan te skaf, duur om in te sit (satelietskottel en install kos $700 alleen, dan koppeling en 'm\n maandelikse subskripsie van tot $122 hang af watse pakket jy vat) Hulle moet net die decoder invoer uit Sydney want retravision het nie nou in stock nie. Shocking.

Met die kos is die storie dieselfde soos met al die ander. Duur. In terme van kwaliteit, moeilik om te sĂȘ hang af waaraan julle gewoond was. Hier is nie 'n slaghuis (butcher) nie so jy is genoodsaak om by die supermarkte pakkies vleis te koop. Die gewone. net die pryse verskil. Al wat anders is is dat hier actually kangaroo vleis te koop is, en baie seekos soos shrimp en so, maar ridiculously duur in ag geneem jy kan dit self vang in die see. Ek sien nĂȘrens ernstige boere steaks nie, daai lekker tweeduimdik T-bones of Rump wat ons in NoordTransvaal kon kry nie, so dis maar winkelvleisies, as jy verstaan wat ek bedoel.

Jong, om eerlik te wees, hang dit van jou eie persoonlikheid en ingesteldheid af. As jy die tipe is wat baie geheg was aan jy maniere en produkte in SA gaan dit seker swaar gaan, maar as jy (soos ek) hou van explore en nuwe dinge ervaar, kan dit great wees. Ek koop juis die onbekende chips en onbekende koeldrank make, ek koop juis die vreemde bier en snaakse St Agnes brandewyn want ek wil weet hoe die ander goed in die wĂȘreld proe. Ek raak nie upset (soos party mense) as ek nie Allgold tamatiesous en robertson speserye kry nie en omdat die fanta anders proe nie. Dis vir my lekker.

Anyway, my vrou wil graag met jou vrou praat (sy is beter as ek met details) as sy oor goed wonder, veral oor babagoed, so as jy 'n e-mail adres kan verskaf as sy bereid is.

Laat weet maar as dit nog iets, ek vertel graag soos jy kan sien.

Cheers

Marius

Link to comment
Share on other sites

hi,

sal maar n paar $ moet weg sit vir die satillite en internet. dankie vir al die info sover. my email is jannie.mal@hotmail.com en my vrou sin is malherbe.elaine@gmail.com

ek gaan my t-bone steak mis maar ja, soos jy se explore is n goeie ding.

wag om van julle te hoor per email.

Geniet julle dag

Jannie

Link to comment
Share on other sites

hello daar,

my vrou het n mail vir jou vrou gestuur i.v.m die harddrive wat julle wil he ons moet saamvat. laat weet my maar wat wil julle doen

dankie

Jannie

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Jis ou maat,

hoe gaan dit nou daar? lekker hectic want die tyd is nou naby....

Hier gaan ons nog aan, leer elke dag nog ietsie. By the way, gaan jy by Gascoyne Office Equipmentwerk? By Tom o'Brien? Ek sien hy is besig om sy shop te skuif ook.

Wel, die goeie nuus is daar is nou T-Bones te koop in Woolies, sowel as boerewors (nie die beste nie - dis gemaak deur die British Sausage Company maar in Perth) maar goed genoeg om 'n boerieroll te maak as jy die slag lus word. Nog goeierige nuus is dat dit aansienlik kouer begin word het. Ons was bevrees dit bly stomend warm die heel jaar maar mens kan nou leef sonder die aircons. Die slegte nuus is dat hulle nou nog nie klaar is om die hoofstraat te bou nie. Die padwerke sou al in April klaar gewees het en nou gaan ons Junie binne met geen einde in sig nie.

Ons is darem nou heelwat meer gesettle, ons meubeltjies het gekom, so ons sit nie meer op kampstoele en slaap al vier op 'n matras nie, elkeen het sy eie bed, en ek het selfs Foxtel aan (soos DSTV) so dinge loop vorentoe. In fact, ek begin al vir 2de handse voertuig soek vir die vrou, sy stap orals en dis OK nou in die winter, maar as die somer kom gaan sy braai.

Anyway, alle sterkte vir julle so kort op die einde, lekker vlieg en geniet Perth, sien uit na 'n braaitjie om jul welkom te heet in Carnarvon. En rond te wys as julle wil.

Cheers

Marius

Link to comment
Share on other sites

Hello daar,

eish........ja dus nou daai tyd van alles in plek kry. ons vlieg die 9de 16:15 en land die 10de 7:30 die oggend.

bly om te hoor daar is darm t-bone's daar. het jys gestraand gehuil oor my t-bone vleis wat ek nie meer gan kan braai nie. ons braai omtrend nou elke aand.

ons het n 2 slp kamer villa gekry wat tom en sy vrou vir ons gekry het. plekkie lyk darm alirght. brenda, sy vrou, se dus nuut geboude plekkies so ons hoop maar dus alright.

Ja dus reg, gan by daai plek werk. Ons gan gou more kyk of julle pos stukkie al gekom het. Julle het hom al gestuur?

Dankie vir alles so ver en ja, gan defentief n braai moet reel as ons daar aankom.

Link to comment
Share on other sites

Jou nuwe werk is so 30 tree van my werk af! Langs die poskantoor.... ek sien hulle pak woes copiers en printers uit daar nou.

Hmmm, nuut geboude plekkies? Wonder waar dit kan wees. In Northwater? Dan bly julle in lekker laanie deel :)

Ons het ook so baie gebraai voor ons weg is, ons afskeidspartytjie was 'n massive braai om 'n bonfire, about 40 mense.

Jy sal lekker op gas braai hierdie kant man. Haha.

O ek het vergeet om te vra of Edrich die posstuk gestuur het. Ek het gisteraand lank met hom op Skype ge video-chat, maar dit het nooit opgekom nie. To be honest, my vrou is meer gepla oor die ding as ek, al haar foto's is daar op maar ek is nie so gepla met dit nie.

Ons het 'n lekker besige naweek agter die rug - visgevang van 6am tot 6pm, en was gister by die blowholes (glo julle sal dit ook waardeer) tussen koraalvissies baljaar en lekker verbrand in die son. In die winter!!

Anyway, sterkte vorentoe. Good luck met die pakkery, dis 'n nagmerrie ek onthou, en onthou om te sluit en toe te maak wat jy moet, ek het byvoorbeeld vergeet om DSTV te kanselleer en my 3G te stop, so moes met 'n gesukkel dit hiervandaan doen.

Cheers

Marius

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...