Jump to content

Die Epol Dieet


Lynnie

Recommended Posts

Ek haat dit wanneer mense hul onnosel hou met simpel vrae wat my teen die mure uit kan dryf. Net nou die dag gaan koop ek n sak EPOL hondekos by Pick-n-Pay. So terwyl ek in die ry staan en wag om die sak hondekos te betaal, vra n vrou agter my of ek n hond het?

Nou kyk net daar voel dit asof my derms draai van kwaadgeid, en my brein begin skree soos staalwol teen n swart bord!! Sommer aspris se ek vir haar, "Nee ek het nie n hond nie,- ek het begin met die EPOL dieet." Sy lyk toe nogal na die basterbrak in ons straat, terwyl sy haar kop skeef draai en my snaaks aankyk alof ek nie te lekker in my top story is nie. Maar ek gaan ewe gelant aan....

Eindelik weet ek dat ek nie weer op die dieet moet gaan nie, laas keer het ek in die hospitaal beland. Ek het wakker geword in die intensiewe eenheid met pype wat in en uit elke gaatjie in my lyf uitkom. Sy staar my eers aan met n mengsel van skok en belangstelling terwyl ek verder vertel.

"Maar ek het 22kg verloor in 3 weke en dit was beslis die moeite werd." Ek gaan aan en vertel haar dat die EPOL dieet voedsaam is met al die vitamienes en minerale wat n mens se liggaam nodig het elke dag. Kyk toe word ek eers aan gekyk. En ek se kyk hoe mooi blink my hare ook. Haar oe dwaal oor my gesig daar na my hairdo en ek voel die simpel ironie dat sy my wrintiewaar glo.

Ek vertel jy hou net so handjie pille by jou, en jy eet 1 of 2 pilletjies wanneer jy honger voel. Dit swel mos 5x hul grootte uit en vul jou magie sommer vinnig! Dis so maklik. Teen hierdie tyd luister al wat n persoon is na my, veral die ou wat agter haar staan. Heel geskok vra die vrou my toe, of ek in die hospitaal was met voedselvergiftiging. Ek antwoord maar heel kalm, Nee, ek het in die straat gesit en my gat gelek toe ry n kar my raak!!! EK DOG DIE OU AGTER HAAR KRY N HARTAANVAL VAN DIE LAG! SIMPEL VROU!!

NOU VRA EK?? VIR WIE DINK SY KOOP EK DIE FLIPPEN HONDEKOS!!!!!

:ilikeit::ilikeit::ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Archived

This topic is now archived and is closed to further replies.

×
×
  • Create New...