Jump to content

Vellies


Lynnie

Recommended Posts

Die seuntjie vra die juffrou om te help om sy skoene aan te trek en sy kan

sommer ook dadelik sien hoekom; Hy sukkel.

Selfs met haar gedruk en getrek kan sy nie die vellie aan die outjie se voet

kry nie. Teen die tyd dat sy by die tweede vellie uitkom, breek ' n lagie

sweet op haar voorkop deur en die hare begin slierte raak hier by haar ore

se kant.

Dis toe dat die mannetjie so tussen die vier afwesige voortandjies sê:

'Juffrou, hierie kant the vellie ith aan die verkeerde voet '.

Sy kyk, en so wrintiewaar. Die uittrek van die verkeerde vellie was g'n

makliker as die aantrekslag nie.

Sy hou kop en sy en die outjie begin weer, hierdie keer aan die regte voete.

Dit gaan nou vinniger, totdat die mannetjie aankondig: 'Hierie ithie my

vellieth nie!'

Op pad om in sy gesig te skree, byt die juffroutjie per ongeluk haar tong

raak. Sy kom tot verhaal en sê:

'Hoekom het jy nie vroeër gepraat nie?'

Weer is dit 'n gestoei om die vellies, wat nou maar net nie wil pas nie, uit

te trek.

Pas is die vellies uit, toe sê die mannetjie: 'Dith my boetie the vellies,

my ma het my dit gemaak aantrek vanoggend thkool toe!'

Die juffroutjie sluk droog, skraap al haar moed bymekaar en begin weer van

voor af die vellies aan sy voete stoei. Uiteindelik is hul weer aan.!

Sy help hom sy truitjie aantrek, en hy vra: Wat van my KOUTHE, Juffrou ??

'Nou WAAR is jou KOUSE?'

Juffrou, ek het hulle voor in my vellieth gebêre...'

:ilikeit::ilikeit::ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Archived

This topic is now archived and is closed to further replies.

×
×
  • Create New...