Jump to content

Bybelverkope


Lynnie

Recommended Posts

Die gemeente het swaar getrek onder finansies wat maar net nie wil regkom nie, en die dominee was erg bekommerd oor waar die volgende fondse vandaan gaan kom.

En toe kom hy in die stoorkamer af op 'n paar kartondose vol splinternuwe Bybels. Daardie Sondag maak hy 'n afkondiging dat die gemeente dringend fondse nodig het, en dat hy 'n paar mense soek wat bereid sal wees om Bybels van deur tot deur te gaan verkoop. Drie manne steek hulle hande op: Pieter, Jakobus en Jannie.

Dominee is in sy noppies - hier het hy twee van die dorp se mees suksesvolle verkoopsmanne wat bereid is om die taak aan te pak: Pieter en Jakobus, maar die arme Jannie - hoe dink hy dat hy so 'n taak sou kon aanpak? Jannie is 'n kleinboer, maar die ergste is dat die arme man verskriklik hakkel, en boonop so skaam is dat hy selde 'n woord se. Maar hy wil nie die kerel in die gesig vat nie, en elkeen kry sy kwota Bybels om te gaan verkoop.

Die volgende Sondag kry die verkoopsmanne hulle kans om te kom verslag lewer, en Pieter is eerste aan die beurt. "Almal ken my as 'n goeie verkoopsman", vertel Pieter trots, "en ek het hierdie week twintig Bybels verkoop". Daarmee oorhandig hy die pragtige bedrag van R1200 aan die dominee.

"Nie sleg nie!", dink die dominee, en Jakobus kry sy beurt:

"As professionele verkoopsman is dit vanoggend vir my 'n groot voorreg om my dienste te kon aanbied. En het nie minder nie as 28 Bybels verkoop gekry, en daarmee vir die gemeente R1680 verdien."

"Baie dankie Jakobus!", se dominee, maar hy kry al klaar 'n naar knop op sy maag, want die arme Jannie is volgende aan die beurt, en hoe moet die kerel nou voel te midde van sulke voortreflike verkoopsmanne? "Het jy hierdie week enige Bybels verkoop, Jannie?" "J-j-j-j-aaaaaa, d-d-d-d-d-dooominnnnie", stotter Ja nnie dit uit, en oorhandig 'n dik koevert aan die predikant. Hy maak dit oop en begin tel: R19'200 se note peul uit die koevert uit. Sy mond hang oop van verbasing.

"Wat het jy gedoen Jannie? Hoe op aarde het jy dit reggekry?"

"D-d-d-d-doooominnnnnie, e-e-e-ek w-w-w-weeeet s-s-s-s-self n-n-n-nie m-m-m-mooooi nie", hakkel hy, "m-m-m-m-aaaar ek h-h-h-het n-n-n-net by eeeeeelke h-h-h-h-huis gese: 'W-w-w-w-wil u 'n B-b-b-b-b-byyyybel k-k-k-k-k-k-koooooop vir s-s-s-s-s-s-seeeeestig r-r-r-r-r-r-raaaaand, oooooooof m-m-m-m-m-moet eeeeeek h-h-h-h-h-hier staaaaaan eeeeen d-d-d-d-d-dit vir jou l-l-l-l-l-l-l-l-l-l-leeees?"

:ilikeit::lol::whome:

Link to comment
Share on other sites

Archived

This topic is now archived and is closed to further replies.

×
×
  • Create New...