Jump to content

SA Restaurante in Oz


Willem

Recommended Posts

Is daar enigeiemand wat al by die Mikes kitchen in Coolangatta gaan eet het(Gold coast),ons was verlede jaar September in Coolangatta en het n plekkie gaan soek om iets te eet toe loop ons in n Mike Kitchen vas.WOW...dit is n paartjie wat van die Kaap af kom wat hulle restaurant daar oopgemaak het en is baie vriendelike mense,hulle se hulle kry gereeld n kloms SA'ners in en dis soos n saamkom plek vir hulle.As julle ooit die geleentheid kry om in Coolangatta te kom gaan maak gerus n draai daar.

Willem

Link to comment
Share on other sites

Is daar enigeiemand wat al by die Mikes kitchen in Coolangatta gaan eet het(Gold coast),ons was verlede jaar September in Coolangatta en het n plekkie gaan soek om iets te eet toe loop ons in n Mike Kitchen vas.WOW...dit is n paartjie wat van die Kaap af kom wat hulle restaurant daar oopgemaak het en is baie vriendelike mense,hulle se hulle kry gereeld n kloms SA'ners in en dis soos n saamkom plek vir hulle.As julle ooit die geleentheid kry om in Coolangatta te kom gaan maak gerus n draai daar.

Willem

Hi Willem

Ons gaan dan en wan daar eet-alhoewel dit vir ons nogal n "trek" is van Sanctuary Cove.

Daar is geen ander plek op die Gold Coast met sulke lekker "spareribs"nie.

Ook ek hoor altyd daar n bietjie Afrikaans.

Die Mikes Kitchen waar ons gaan is in die Robina Shopping Centre in Robina.Is daar een in Coolangatta of praat ons van dieselfde een?

Link to comment
Share on other sites

Hier is 'n SPUR in Sydney - lyk presies soos die ware Jakob en die spyskaart is presies dieselfde (die kos smaak ook dieselfde). Die atmosfeer is gladnie soos die SPURs in RSA nie, en die diens maar vrotterig - weet iemand of dit ook RSA-ners is wat dit besit? Hulle het ook nie Monkey Gland sous nie!!! (Weet nie eers wat dit IS nie!) Weet ook nie wat 'n Dom Pedro is nie.

Link to comment
Share on other sites

Hi Rieke,

I believe the Spur in Rydalmere is owned by ex Cape Tonians. The guy who actually manages the place is an ex executive chef also from Cape Town.

The last time we ate there was more than a year ago so I don't know if ownership has changed.

Cheers

E

Edited by SASydneysider
Link to comment
Share on other sites

Rydelmere se Spur het meer atmosfeer, en ja, dit behoort aan 'n Saner uit Brackenfell, sy naam is Gordon. Die ou is nou net na Nuwejaar bietjie weg Hermanus toe om vir sy mense te gaan kuier. Ons gaan eet gereeld daar en hulle het Dom Pedro's. Die Spur in Penrith is weer te groot, geen atmosfeer nie, nog 'n Spur het geopen in die Blue Mountains - kan net nie nou die dorp se naam onthou nie. Dan het ons ook 'n Panarotti's in Parramatta, net soos ons dit ken. Baie Nando's restaurante. Wens net Ocean Basket wil ook 'n Franchise open hier in Sydney.

Groetnis

Madelein

Link to comment
Share on other sites

Ons was by die SPUR net van Victoria Rd af in Parramatta - weet nie wat die naam is nie.... Waar is hierdie ander SPURS - dalk 'n tel nr of iets?

Link to comment
Share on other sites

Ons was by die SPUR net van Victoria Rd af in Parramatta - weet nie wat die naam is nie.... Waar is hierdie ander SPURS - dalk 'n tel nr of iets?

Wow...julle praat van meer "SPURS" daar as wat ek ken in S.A :D

Enige ander S.A besighede daar??

Willem

Link to comment
Share on other sites

Ek het toe so bietjie navorsing gedoen - net 3 Spur Steak Ranches in Oz:

Sydney:

Silver Spur

Phone: (4) 732-1021 Fax: (4) 732-1067

123 Mulgoa Road

Panthers Complex

Penrith

San Pablo Spur

Phone: (9) 684-4900 Fax: (9) 684-4263

378 Victoria Rd

Rydelmere

Sydney

0000

Dan die een in die Blue Mountains:

Cougar Spur

Phone: (12) 63311544 Fax: (12) 63312422

Bathurst Panthers Club

132 Piper Street

Bathurst

Willem, die SA Franchise's kom so stadig maar seker hier aan. Dis nou soos Nando's en Pannarotti's.

Wees gewaarsku: hier is soveel produkte en restaurante verskeidenheid. Ons het gewig opgetel soos niks in die eerste jaar wat ons hier was. En die &%#$*&%! Griek hier onder by die winkelsentrum maak die lekkerste kebabs! Nou sukkel ons om die gewiggies af te skud, want alles is so bekostigbaar. En die ergste is dat ek nie meer "lunch" saamvat werk toe nie, want die Reps sorg vir ons vir middagete. Gewoonlik Indiese kos (baie, baie yummie) en chinese kos. Elke dag proe ek iets nuuts. En hier is die mense nie skaam vir hul knoffel nie!

Franklins in Oz is eintlik maar Pick & Pay, net ander naam. Daar kry mens van ons SA produkte, maar hulle "cater" meer vir die Ozzies. Dan kry mens deesdae Appletizer en koejawels by Coles. Is ons nie gelukkig nie? Mens moet maar rondshop. Dewlands sappe in IGA...

Ek is nou nie 'n hardeware "van" nie, dus weet ek nie of daar SA shops in die lyn is nie.

Maar ons het Dick Smith.

Dan kry mens ook Volkswagen hier, dit word direk van Uitenhage bestel. Maar dit sien mens min op die pad.

Ons het 'n Suid Afrikaanse winkel in Dural waarna ons gereeld gaan vir 'n paar produkte. Ek het Kersdag vir die eerste keer in 2 jaar weer 'n skorsie ge-eet. Dit was manna uit die hemel! Anders bestel ons maar van Satooz of The South African Shop in Melbourne.

Groetnis

Madelein

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...