Rudolph Posted February 1, 2007 Report Share Posted February 1, 2007 Hi AlmalEk is nuut op hierdie wonderlike forum. Nog hier in Vereeniging, Gauteng, maar baie sterk op pad na Brisbane of iewers in die noordelike deel van New South Wales. Ek gaan eers oor en as ek werk gekry het, kom my vrou en dogter (8 jaar). Ek stel baie belang in 'n geadverteerde pos van die New South Wales Polisie in Lismore. So, hopelik is ek al volgende week 9 Feb 2007, in Australie vir die onderhoud. Gesels weer binnekort. Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
aniena Posted February 1, 2007 Report Share Posted February 1, 2007 Baie welkom Rudolph mag jy en jou gesin net oop deure vind, en mag julle regtig baie gelukkig wees in Auz. Ek is seker julle sal baie hulp en informasie kry hier op de forum. Vra maar ... daar is gewoonlik 'n hele klomp wat kan help GroeteAniena Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Bianca S Posted February 1, 2007 Report Share Posted February 1, 2007 Hi RudolphJust wanted to say 'pleased to meet you!'Ons het ook lank in die Vaaldriehoek gebly, as gesin en my man daar gebore. Was in Vereeniging, Sasolburg en ook Vdbp, tot dinge bietjie rof geraak het in die area waar ons plot was.Hoop dinge werk sommer gou vir julle uit.Bianca Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Rudolph Posted February 1, 2007 Author Report Share Posted February 1, 2007 Hi RudolphJust wanted to say 'pleased to meet you!'Ons het ook lank in die Vaaldriehoek gebly, as gesin en my man daar gebore. Was in Vereeniging, Sasolburg en ook Vdbp, tot dinge bietjie rof geraak het in die area waar ons plot was.Hoop dinge werk sommer gou vir julle uit.BiancaHi BiancaGoed om van julle te hoor. Lyk my julle is wereldreisigers? In elk geval, ek en my vrou, Elsie was in Sep 2004 vir 2 weke in Brisbane en sedertien, is dit al waaraan ons dink. Ongelukkig is ek 'n dagdromer en eers gedink ek kan nog iets aan die misdaadsituasie doen. Maar, helaas, nou wil ek niks meer hoor van enige misdaadvoorkomingsplanne nie.Wil eerder in 'n positiewe omgewing gaan bly en weer 'n bietjie leef. Baie welkom Rudolph mag jy en jou gesin net oop deure vind, en mag julle regtig baie gelukkig wees in Auz. Ek is seker julle sal baie hulp en informasie kry hier op de forum. Vra maar ... daar is gewoonlik 'n hele klomp wat kan help GroeteAnienaHi AnienaDankie vir die verwelkoming. Ek gesels graag met julle. Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Rison Posted February 1, 2007 Report Share Posted February 1, 2007 Hi RudolphBaie welkom. Ek hoop alles werk goed uit vir jou met die werksoek in Australie. Ek is ook gebore in Vereeniging en laaste paar jare gewoon in Meyerton om spesifiek te wees. Dinge lyk maar rof in Vaal Driehoek - was onlangs daar vir 'n besoek. Laat weet maar waar ons kan help met inligting ens.Groete Riaan Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Tomdoel Posted February 2, 2007 Report Share Posted February 2, 2007 Hi AlmalEk is nuut op hierdie wonderlike forum. Nog hier in Vereeniging, Gauteng, maar baie sterk op pad na Brisbane of iewers in die noordelike deel van New South Wales. Ek gaan eers oor en as ek werk gekry het, kom my vrou en dogter (8 jaar). Ek stel baie belang in 'n geadverteerde pos van die New South Wales Polisie in Lismore. So, hopelik is ek al volgende week 9 Feb 2007, in Australie vir die onderhoud. Gesels weer binnekort.Baie welkom RudolphBly om julle op forum te he en especially omlat jille v vereeniging afis. Mens hoorie aldag v Vereeniging aar mense nie. Ekt daar grootgeword in DrieRiviere en was indie skool daar. Baie lekke ou dae. MoiblyTomdoel Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Lmari Posted February 2, 2007 Report Share Posted February 2, 2007 Hi RudolphEk is ook 'n ou Vaaldriehoeker..en al baie jare hier.Ek weet van verskeie oud SAP lede hier in die mag. So hang vas jy sal reg kom.Groete uit Toowoomba (130km wes van Brisbane) Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Rudolph Posted February 2, 2007 Author Report Share Posted February 2, 2007 Hi Riaan, Tomdoel en LmariDis goed om te sien daar is nog 'n paar Vaaldriehoekers aan die anderkant. Ons bly hier in Drie Riviere, Vereeniging. Een van die projekte waarmee ek nog besig is, is die CCTV projek in Lochstraat, Meyerton. So, Riaan, jy ken daardie omgewing. Weet nie of julle gehoor het van die Standard Bank OTM wat opgeblaas is nie. Dit was by 'n klein winkelsentrum in Johan Le Roux-weg op die De Deur-pad. Lmari, dis goed om te hoor julle is in Toowoomba. Toe ons in 2004 in Brisbane was, wou ek nog 'n draai daar gaan maak het, maar ons het nie genoeg tyd gehad nie. As ek oor so 'n week in Brisbane is, sal ek met julle kontak maak. Ek sou baie graag iewers in die QPS wou werk. Ek sal net 'n bietjie aan my tydsbereking werk wanneer ek op hierdie forum is, want gisteraand toe ek so 21h30 hier besig was, het julle almal geslaap.Groete Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Recommended Posts
Join the conversation
You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.