Jump to content

Anine: Hallo almal


Anine

Recommended Posts

Hallo almal

Ek het eers verlede week die oulike forum ontdek en ek het alreeds soveel antwoorde op my vrae gekry en soveel waardevolle inligting!

My naam is Anine Kruger en ek is 26. My man, Hans, is 29.

Ons bly nou al vir die afgelope 2 jaar in Randpark Ridge in Johannesburg.

(Eks eintlik 'n Vrystater! :ilikeit: )

Ons is maar nog aan die begin van die hele visa-aansoek proses (skills assessment vir Hans). Ons maak van 'n agent gebruik vir ons Skilled independant visa (136).

Ons behoort einde van die jaar ons visas te hê en beplan om begin 2008 oor te kom.

Ek is 'n Business/Systems Analyst en my man is 'n C++ Systems Engineer/developer.

Ons het nog nie kinders nie en wil juis nou van die geleentheid gebruik maak om oor te gaan.

Ons is baie opgewonde oor die skuif, maar ons is ook soms onseker en bang vir dit wat vir ons wag aan daardie kant...

Dis net lekker om te weet 'n mens is nie alleen nie en dis lekker om al die topics te lees oor wat almal se planne is.

Baie sterkte en seën vir elkeen van julle!

Groete

Anine

Link to comment
Share on other sites

Welkom - ek is seker jy gaan die forum nog baie besoek en steeds waardevolle inligting kry. Ons is nou al 'n jaar in Brisbane en alhoewel my deelname aan die forum wipplank ry, is dit steeds interessant om alles te lees en lekker om iemand raad te kan gee - veral as jy met dieselfde issues gesukkel het!!!!

Beide jy en Hans behoort ook glad nie te sukkel om werk te kry nie - Software Developers veral C# en C++ is hoog in aanvraag.

Sterkte met die proses - dit kan soms pynlik wees, maar is al die moeite en papierwerk werd!!!!!!!!!!!

Groete

Rialet

Link to comment
Share on other sites

Hallo Anine

Wil net sê WELKOM! :D

Julle is omtrent op dieselfde stadium as ons met 'n 136 aansoek /proses.

Is julle op die MODL list? Al probleem vir ons, is dat ons nog moet wag vir hernuwing van SA paspoorte -wat dinge gaan vertraag, maar eintlik is daar nie haas nie, want ek moet nog deur swottings kom. Ek en my man is albei amper 32, het 3 kiddies! So daai deel is klaar gedoen.... :blush:

Bly in UK vir laaste 7 jaar - is gelukkig hier maar wil graag grond koop en meer son en stof sien! :lol:

hou aan pos ;)

Bianca

Link to comment
Share on other sites

Welkom Anine!

Julle lyk omtrent net so ver soos ons. Het al 'n positiewe antwoord gekry oor my kwalifikasie, maar wag nog vir my verloofde (ook skills assessment vir hom). Hopeluk hoor ons oor dit voor die einde van Jan.

Ons werk ook deur 'n agentskap (Immigration Alliance). Deur watter ene werk julle?

Is so bang dat ons agentskap 'n "dat" ene is :blush: Mens hoor so baie horror stories.

Sterkte met Hans se assessment, ek hou duim vas :D

Pofstert

Link to comment
Share on other sites

Dagê Anine!

My naam is Salome ek en my man en twee kinders is ook in die proses. Ons werk ook deur 'n agent en het maar ons bedenkinge?? Ons het ook aansoek gedoen vd 136 Visa en het 2 weke terug al ons papierwerk ingehandig. Klink my ons sit in dieselfde bootjie behalwe dat ek daar anderkant 'n "stay-at-home" ma gaan wees.

Sal dit waardeer indien jy my/ons op hoogte kan hou v jul vordering, sal dan weet of ons agent draai of nie?!

Sterkte verder

Salome

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...